HO CHI MINH-STAD, VIËTNAM
Albert van der Westhuizen se voetspore lê wyd gesaai oor die wêreld, al agter die bestemmings aan waarheen sy beroep hom lei. Reis is in sy bloed, vertel hy
Waar woon jy en waarom daar?
Ek woon in Thao Dien, Distrik 2, Ho Chi Minh-stad (voorheen Saigon), Viëtnam. Ná 10 jaar in Londen was dit tyd om my koffers te pak en nuwe paaie te gaan soek. Ek is mos iemand vir die sonneblomleefstyl en wou ook my beroep water gee om te groei. Nou is ek die algemene bestuurder van The Deck Group en ek bestuur drie restaurante in Viëtnam. Ek maak later vanjaar ’n vierde restaurant oop so 20 minute suid van die stad Phuket in die Panwa Bay-area van Thailand, wat ek een keer ’n maand sal besoek om te kyk hoe alles gaan.
Van waar is jy in SA en waarom is jy oorsee?
Ek het grootgeword op ’n wynplaas in die Swartland, maar later jare het die vakansiedorpie Yzerfontein aan die Weskus my tweede huis geword. Kort
Ná Kringe in ’n bos as voorgeskrewe boek in matriek wou ek al Matthee se boeke lees. Ek het matriek geskryf in Durban, waar Engels baas is. Moerbeibos was alles wat ek gehoop het Afrikaans, nes Engels, kan wees: soepel, ryk en esoteries.
Carmel is agt jaar oud, sy dra ’n rooi baadjie en by ’n groot en besige boekfees word sy van haar ma geskei. ’n Ou man wat hom as haar vervreemde oupa voordoen, vind haar en neem haar saam met hom. Sy gaan bly by hom en sy vrou. Carmel is hoogs intelligent en besef dat hulle oortuig is sy besit spesiale gawes. Haar ma is hartgebroke en terwyl sy desperaat na haar kind soek, begin ’n buitengewone reis vir Carmel. Een wat maak dat sy verbete vasklou aan haar ware identiteit.
Hierdie hartroerende storie word vertel vanuit die oogpunt van ma en dogter. Die verhaal boei tot op die einde. Hou maar die sneesdoekies byderhand. Dié aangrypende verhaal vertel van gewone mense in hedendaagse voorstedelike Johannesburg – ’n tyd van misdaad en misverstand, van vervreemding en verval, waar mense met uiteenlopende probleme sinvol probeer leef.
Elize is die artikelredakteur by ’n nuwe vrouetydskrif. Sy is geskei en het ’n moeilike tienerdogter, Michelle. Langs hulle woon Tom, wat pas sy vrou aan die dood afgestaan het. Dan is daar Elize se kleurryke kollegas – Hermia die boelie en Sarita, ’n pragtige oorgewig vrou wie se ma haar nie aanvaar vir wie sy is nie. Ons leer ken ook vir Welcome, die Zimbabwiër, wat vir hulle almal tuinwerk doen.
In die titel lê die kern en realiteit van die verhaal: die omheinde huise word deur mense bewoon en in elke huis is ’n wêreld waar mense ’n stryd stry, met vreugdes, teleurstellings, verlange en verlies.