Sarie

Absolutely Awesome South Africa TOP-3

“Wie jy môre is, begin met wat jy vandag doen” Irma Venter, skrywer van Skarlaken (Human & Rousseau, R230), oor die boeke wat tot dusver die grootste invloed op haar gehad het:

- SARIE.COM

DERRYN CAMPBELL (AWESOME SA PUBLISHERS, R358)

Campbell is gek oor Suid-afrika en haar doel met die boek is om SuidAfrika­ners te herinner aan hoe ver ons as land gekom het, die ongeloofli­ke skoonheid van ons land en hoe opwindend die lewe hier kan wees. Sy spog met alles wat eie aan Suid-afrika is en deel uitsonderl­ike prestasies waarop ons trots kan wees. Jy kan net lag oor ons tipiese humorsin waaroor sy ook skryf. Die inligting word baie visueel en vermaaklik aangebied. Soos jy blaai, ontdek jy keer op keer ’n “ek het dit nie geweet nie”-brokkie. ’n Heerlike geskenk vir al jou kennisse!

Phyllis Green

Don’t Let’s Go to the Dogs Tonight,

Alexandra Fuller (Random House Trade Paperbacks) Fuller skryf oor haar disfunksio­nele familie wat in Afrika bly. Die boek is ryk aan teenstrydi­ghede, soos hoe jy so verwyderd kan wees van jou omgewing en die mense daarin, maar tog ook so verknog daaraan. Sy skryf sonder skroom oor wit-wees in Afrika, die effek van kolonialis­me, en oor haar familie se ervarings in ’n land wat hulle hartstogte­lik liefhet.

Maddie Bellani se gespanne verhouding met haar vervreemde pa maak dat sy haar geboortela­nd, Brasilië, lanklaas besoek het. Nou moet sy die saad van ’n boom wat in Suid-afrika uitgesterf het, daar gaan soek, want dié plant kan dalk kanker genees.

Die boom se sade het moontlik honderde jare gelede saam met die slawe in SuidAmerik­a aangeland en groei in ’n tuin wat beskerm word deur ’n groep mense wat die Afro-brasiliaan­se godsdiensp­raktyk van Candomblé navolg.

Al is sy teësinnig om te gaan, gee dit haar tog die kans om weg te kom van haar mislukte verhouding. Sy ontdek baie meer as waarop sy gereken het, en kom tot ander insigte oor die waarde van familie.

Die verhaal vol menslike dilemmas neem jou op ’n reis waar vele genuanseer­de onthulling­s stadig ontvou. Al stel jy nie in plante belang nie, sal die verhaal jou stof tot nadenke gee. Phyllis Green

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa