Sarie

NOG OOR DENIM

Jy gaan nie hierdie somer wegkom van dié trend nie!

- DEUR AMARIA CARSTENS EN MAGDEL MULLER Amaria

Ligblou kêrelsnit-jeans (R899), Trenery by Woolworths

> Skoenmaats wat pas

Ligblou jeans (R249), H&M

‘Ek stem saam dat jy

nie jou jeans so gereeld hoef te was

nie, hulle raak immers beter met tyd, ouderdom en ná elke dra. Maar as hulle vuil is, kort hulle beslis ’n

kouewater-was’

Blokhakke is dié hak van die seisoen. Dis gemaklik, modieus en kan by ’n formele of informele geleenthei­d gedra word. Die modeontwer­per Tommy Hilfiger het al gesê hy was nie sy jeans so gereeld nie. Selfs vir maande nie. Ook Levi’s se grootbaas, Chip Bergh, het by die Fortune Brainstorm Greenkonfe­rensie in 2014 erken die jeans wat hy toe gedra het, het ’n jaar laas seep en water gesien! Grillerig? Dalk nie. Die meeste mense was hul jeans om higiëniese redes. Die nuutste is: Plaas jou jeans in ’n verseëlbar­e sakkie in die vrieskas vir 24 uur om bakterieë dood te maak. Op dié manier spaar jy water en dra by tot volhoubaar­heid – hulpbronne raak nie uitgeput nie en ekologiese skade word nie aangerig nie. Dis hoeka nie so ’n slegte idee met die waterkrisi­s in ons land nie.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa