Sarie

MITE 3 Dit is nie noodwendig beter om ’n sonskerm met ’n hoë sonbeskerm­ingsfaktor (SBF) te gebruik nie

-

Hoewel ’n sonskerm met ’n hoër SBF jou vel nie soveel méér teen Uvb-strale beskerm nie (’n sonskerm met ’n SBF 30 beskerm teen 97% van die UVBstrale en een met ’n SBF 50 teen 98%), beskerm dit jou vel wel lánger teen die son voordat jy rooi brand.

“Die gemiddelde mens wend egter minder as die helfte van die sonskerm aan as wat hulle moet,” sê dr. Duvenage. Dit beteken as jy ’n sonskerm met ’n SBF 50 gebruik, maar net die helfte aanwend van wat jy moet, kry jy slegs die beskerming gelykstaan­de aan ’n sonskerm met ’n SBF 25. “Net uit hierdie oogpunt is dit beter om die hoogste SBF aan te wend,” sê dr. Duvenage.

Dr. Dagmar Whitaker, ’n dermatoloo­g van Kaapstad en voorsitter van die Suid-afrikaanse melanoom-adviesraad, stem saam. Sy beveel aan Suid-afrikaners wend daagliks ’n sonskerm met ’n SBF 50 op ons gesig, nek, bors en hande aan. “Dis moeilik genoeg om mense te oorreed om daagliks sonskerm te gebruik. ’n Sonskerm met ’n SBF 50 bied die langste beskerming vir die minste moeite omdat jy dit minder gereeld moet opknap,” het sy onlangs tydens ’n media-geleenthei­d gesê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa