Sarie

MITE 4 Die beste manier om jou vitamien D-vlak gesond te hou, is om tyd in die son deur te bring

-

Ons lyf vervaardig vitamien D wanneer dit aan Uvb-strale blootgeste­l word. Jy kan dus ’n vitamien D-tekort ontwikkel as jy jouself die hele tyd teen die son beskerm. “Jy moet jou vel tussen 10:00 en 15:00 aan die son blootstel om vitamien D te vervaardig omdat UVBstrale die sterkste is gedurende dié tyd,” sê dr. Duvenage. Die aanvaarde tyd wat jy in die son moet deurbring om genoeg te vervaardig, is sowat 10 minute, drie keer ’n week met soveel as moontlik van jou vel blootgeste­l sonder sonskerm – maar beskerm altyd jou gesig.

“Baie veldokters stem nie met my saam nie en sê jy moet jou vel áltyd teen die son beskerm. Dit bly ’n omstrede onderwerp. Die alternatie­f is om daagliks ’n vitamien D-aanvulling te drink, maar laat eers ’n bloedtoets doen om te kyk of jy wel ’n tekort het,” raai dr. Duvenage aan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa