Sarie

MITE 5

-

Die SBF in grimering is genoeg om jou vel teen die son te beskerm Hoewel dit beter is om ’n grimeerpro­duk soos onderlaag of ’n gesigpoeie­r met ’n SBF te gebruik as een daarsonder, bied dit nie naastenby genoeg beskerming nie, sê dr. Duvenage. “Die meeste mense gebruik baie minder van die grimeerpro­duk as wat die vervaardig­ers gebruik wanneer hulle dit toets.” As jy bv. ’n gesigpoeie­r met ’n SBF gebruik, moet jy gemiddeld 14 keer meer daarvan aanwend as wat jy doen om voldoende sonbeskerm­ing te kry, sê sy.

As jy nie daarvan hou om ’n sonskerm vóór jou onderlaag aan te wend nie, probeer ’n sonskerm met ’n hoë SBF wat getint is (sien produkvoor­stelle). Dit sal jou vel liggies bedek, terwyl dit die nodige beskerming bied.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa