Sarie

MITE 7

-

Dit is veiliger om met ’n sonbed te verbruin ( tan) as om in die son te verbruin Daar is nie so iets soos veilige verbruinin­g ( tanning) nie. Jy verbruin wanneer Uva-strale jou vel se DNS beskadig en jou vel in reaksie donkerder verkleur om verdere skade te voorkom, volgens die webwerf skincancer.org. Met ’n sonbed word ’n gekonsentr­eerde hoeveelhei­d Uva-strale baie naby aan jou lyf vrygestel sodat jy vinnig verbruin. Die skade wat ’n sonbed aanrig, is dus net so gevaarlik soos die son, indien nie meer nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa