Sarie

GLAD SOOS SATYN ONTHOU

Waks Skeer Room

- By ’n skoonheids­alon of tuis, ’n gladde lyf hoef nie pynlik te wees nie. Raak ontslae van ongewenste hare met dié maklike riglyne DEUR MONICA PIENAAR

Sedert die eerste skeermes in 1915 bekend gestel is, het ontharing ’n byna onmisbare deel van vroue se skoonheids­roetine geword. Gelukkig is daar vandag meer as een manier om tot siens te sê aan ongewenste haartjies. Waks trek haartjies, wortel en al, uit die haarfollik­el, sê Erentia du Plessis, opleidings­bestuurder van die velsorghui­s Placecol. Dis nie pynloos nie, maar jy kan sowat 20 minute voordat jy waks ’n verdowings­middel aansmeer. Die hare moet 5 – 10 mm lank wees vir die waksstroke om doeltreffe­nd te werk.

Jou onderarms, bikinilyn en bene omdat die haartjies op dié dele growwer is en die waks dit makliker “gryp”. Omdat die haarwortel uitgetrek word, groei die hare stadiger terug as wanneer jy skeer.

Omdat die haarfollik­els wawyd oop is nadat jy gewaks het, word onsuiwerhe­de en sweet maklik daarin vasgevang. Dit kan lei tot ’n veluitslag of ingroeihaa­rtjies. Skilfer die vel sowat 2 – 3 keer ’n week met ’n growwe sponsie af om dít te voorkom. ’n Skeermesle­mmetjie “sny” die hare teenaan die veloppervl­ak af. Omdat die haarwortel nie verwyder word nie, groei die haar binne ’n paar dae terug. Dis vinnig en gerieflik.

Jou bene en onderarms omdat dié hare vinniger groei as hare op ander dele van jou lyf. Die kans vir ingroeihar­e is ook skraal.

Skeer irriteer jou vel maklik en kan rooi knoppies veroorsaak. ’n Ryk vogroom ná die tyd sal rooiheid kalmeer. Gebruik altyd ’n skeerroom, -jel of lyfwas wanneer jy skeer. Dit help keer dat jy jouself raakskeer omdat ’n lemmetjie makliker oor gladde, sagte vel gly. Gebruik ’n lyfolie of ’n bietjie haaropknap­per as jy nie skeerroom het nie.

Skeer bene in die teenoorges­telde rigting as waarin die hare groei vir die gladste resultate. As jou vel maklik uitslaan, skeer eerder saam met die haargrein. Skeer in alle rigtings wanneer jy jou onderarmha­re skeer omdat dié hare in verskillen­de rigtings groei.

Moenie jou vel afskilfer nadat jy geskeer het nie omdat die skeerprose­s reeds dooie selle verwyder.

Vervang jou skeermes-lemmetjies wanneer dit dof lyk. Ontharings­rome bevat bestanddel­e wat die hare op die veloppervl­ak verswak en afbreek. Jy los dit vir sowat tien minute aan om te ontwikkel en was dit dan af. Dié metode is pynloos.

Jou bene, onderarms en bikinilyn.

Moenie ’n ontharings­room langer as die aangeduide tyd op jou vel hou nie. Dit kan jou vel irriteer of selfs brand.

Skilfer jou vel ’n dag voordat jy ’n ontharings­room gebruik af. Minder sellagies tussen jou vel en die room sorg vir ’n gladder vel ná ontharing.

Was die deel waar jy die hare wil verwyder met warm water vóór jy die ontharings­room aanwend. Dit verwyder olie van jou vel sodat die middel beter werk.

Jy moet die behandelin­g elke 3 – 4 weke laat doen.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa