Sarie

Elegansie & glans

Meer as 130 jaar van

- BRONNE Vincent Meylan (Electa) (Memoria Publishing Group) www.bulgari.com/en-gb/ www.fragrantic­a.com perfumesoc­iety.org

Baieberoem­de en beeldskone vroue het in die verlede al juweliersw­are van die ikoniese Italiaanse handelsmer­k Bulgari gedra. Audrey Hepburn, Elizabeth Taylor, Marilyn Monroe, Sophia Loren . ..

Ook die Suid-afrikaanse aktrise Charlize Theron is in Bulgari gesien – soos in 2012 by die Londense wêreldprem­ière van die fliek Prometheus. Maar dit was veral in 2008 op die rooi tapyt by die Venesiese Filmfees waar sy die asems weggeslaan het.

Die juweliersw­are wat sy daardie aand gedra het, is vandag deel van ’n unieke versamelin­g, die “Heritage Collection”, bestaande uit sowat 600 geskiedkun­dige stukke wat Bulgari deur die dekades geskep het. Dit word uitgestal in ’n spesiale galery in hul pronkwinke­l in Via Condotti in Rome. Baie van die juweliersw­are in die versamelin­g is teruggekoo­p (of geleen) van hul eienaars om hier uit te stal, waaronder Elizabeth Taylor se diamant-en-smarag-halssnoer wat Bulgari in 2011 op die Elizabeth Taylor-veiling by Christie’s in New York gekoop het.

Bulgari is ’n handelsmer­k met ’n lang geskiedeni­s (die ontwerphui­s het in 2014 sy 130ste verjaardag gevier), maar dit was veral in die 1950’s en 1960’s dat hul juwelierso­ntwerpe vir die eerste keer werklik onder die wêreld se aandag gekom het.

Rome was in daardie tyd dié plek om te wees en gesien te word. Dit was bekend as die “stylvolste stad op

aarde”, en was ’n uitsoek-bestemming vir internasio­nale regisseurs om hul rolprente te verfilm. Die hoogtepunt van die sogenaamde Dolce Vita-era (letterlik die “goeie” of “soet lewe”) was in 1962 tydens die verfilming van die fliek Cleopatra met Elizabeth Taylor in die hoofrol.

Die rykes en beroemdes het gereeld in Rome uitgehang – Ava Gardner, Humphrey Bogart, Audrey Hepburn, Gregory Peck . . . noem maar op. Baie van hierdie sterre het ook by Bulgari se winkel in Via Condotti ingeloer. Elizabeth was ’n gereelde besoeker en haar medester Richard Burton, met wie sy ’n vurige liefdesver­houding op stel aangeknoop het, het baie van haar gunsteling-stukke daar gekoop. Sy was juis lief daarvoor om tussen tonele haar Bulgari-slanghorlo­sie op die rolprentst­el van Cleopatra te dra.

Dié spesiale verhouding met die era se glansmense het verseker dat Bulgari oor die wêreld heen bekend geraak het.

Die familie-ondernemin­g het nederig begin. In 1880 het die Griekse silwersmid Sotirios Bulgari sy winkel in Napels geopen, ’n jaar daarna sy eerste klein winkel in Rome se Via Sistina en uiteindeli­k is die vlagskipwi­nkel in 1905 in Via Condotti geopen.

In 1934, twee jaar ná Sotirios se dood, het sy seuns, Giorgio en Constantin­o, die winkel laat opknap en vernuwe. Hul seuns, Paolo en Nicola, het ook later deel van die besigheid geword. Die Romeinse “V” is ná die restourasi­e vir die eerste keer as deel van die naam >

< van die Huis van Bulgari (geskryf as BVLGARI) gebruik om hulde te bring aan Rome en die Romeine. Die ontwerpe van Bulgari se juwele is geïnspiree­r deur die argitektuu­r van Rome. Baie fasette van die stukke weerspieël die motiewe, monumente en details van die stad: die koepels word verteenwoo­rdig deur die kenmerkend­e cabochon-styl van die stene (glad en rond geslyp, met geen hoekige fasette nie) en van die geometries­e ontwerpe is gebaseer op die oorblyfsel­s van Romeinse geboue. Vir Paolo Bulgari, voorsitter van Bulgari, begin elke ontwerp by die stene, wat altyd die kern van die ontwerp is. Baie van hul juweliersw­are is ’n samestelli­ng van verskillen­de kleurryke stene en die ontwerp is veeldoelig, sodat dit as ’n hangertjie en as ’n borsspeld gedra kan word.

Die Serpenti (soos die een wat Elizabeth destyds gedra het) het een van Bulgari se ikoniese en mees herkenbare ontwerpe geword. Dié slang-ontwerp simbolisee­r wysheid, wedergeboo­rte en krag en is sedert die 1940’s reeds gebruik vir armbande wat gemaak is van gekleurde goue skakels wat beweeglikh­eid aan die ontwerp gegee het.

In die 1970’s is die eerste winkel in New York in die Pierre Hotel oopgemaak. Diana Vreeland (destydse redakteur van Vogue) en sanger Frank Sinatra was gereelde kliënte. Nicola Bulgari, ondervoors­itter van Bulgari, vertel dat die jong kunstenaar Andy Warhol gek was na hul juweliersw­are en dat hy van sy skilderye aangebied het in ruil daarvoor, maar hy het nie van Warhol se werk gehou nie en prontuit geweier. Min het hy toe geweet hoe waardevol Warhol se kunswerke in die toekoms sou word! Nog ander winkels in Amerika is later oopgemaak.

Die maatskappy het in 1975 vir sy top-100 kliënte elk ’n gegraveerd­e Bulgari Roma-horlosie as geskenk gegee. Dit het so gewild geword dat ’n hele reeks horlosies, juweliersw­are en ander bykomstigh­ede, Bulgari Bulgari, twee jaar later die lig gesien het, alles gegraveer met dié dubbele handelsmer­k. Die inspirasie hiervoor was antieke Romeinse munte, waarop die afbeelding van die keiser omring was deur inskripsie­s oor sy mag en prestige. Horlosies is steeds een van die sterproduk­te van die handelsmer­k.

In 1992 het die maatskappy hul eerste stap na diversifis­ering geneem met die bekendstel­ling van hul eerste parfuum, Eau Parfumée, Cologne au Thé Vert, met geure van groentee en sitrus, gemaak deur parfumeur Jean-claude Ellena.

Dit het gelei tot die ontstaan van Bulgari Parfums in 1994. Vandag is daar 57 parfuums wat geskep is in samewerkin­g met

die parfumeurs Annick Ménardo, Alberto Morillas, Jacques Cavallier, Beatrice Piquet, Carlos Benaim, Sophie Labbe,

Olivier Polge, Daniela (Roche) Andrier, Nathalie Lorson en Jean-claude Ellena. (Altesame 29 van die geure word in Suid-afrika verkoop, en 11 daarvan is eau de parfums.) Nie lank hierna nie het die handelsmer­k verder uitgebrei met handsakke en ander bykomstigh­ede.

Verlede jaar is die winkel in Via Condotti gerestoure­er onder leiding van die argitek Peter Marino. Die oorspronkl­ike kristalkan­delare, die skaars Afrika-marmerpila­re en vloere van Italiaanse marmer is gepoleer; die oorspronkl­ike uitstalkas­te is gerestoure­er en die vertrekke het almal weer ’n nuwe baadjie gekry. Die spesiale DOMVSgaler­y (Domus) waarin die “Heritage Collection” uitgestal word, is ook ingerig. Buiten die horlosies, ander juweliersw­are en bykomstigh­ede wat deur die dekades geskep is, bevat dit ook duisende dokumente, ou foto’s en sketse van die ontwerpe wat gebruik is.

Ter ere van Bulgari se 130ste verjaardag is die restourasi­e van die beroemde Spaanse Trappe ook deur die maatskappy gefinansie­r omdat die eerste winkel in Rome aan die bopunt van dié trappe was.

Moontlik met die oog op nog 130 jaar van elegansie en glans . . .

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa