Sarie

NUUT!

In die wêreld van olie

- DEUR

’n Trotse Afrika-bestanddee­l, maroela-olie, word in ’n nuwe reeks

haarproduk­te vir droë, beskadigde en growwe hare gebruik. Dié olie is vol antioksida­nte, voedingsto­wwe en minerale wat jou hare bevog en herstel. Kies uit ’n sjampoe, opknapper, masker

en twee tipes haarolies in Paul Mitchell se Marula Oil-reeks. Jy kan selfs die haarolies op jou lyf

gebruik! By uitsoeksal­onne Vitamien E

en C in dié nuwe produk help beveg die skade van vry radikale. Die veelsydige

olie help ook om jou velwand te versterk sodat vog behoue bly. Jy kan dit op een van drie maniere

gebruik: Tik ’n paar druppels op jou vel ná reiniging. As jy minder olie wil gebruik, meng ’n druppel of twee met jou

vogroom voordat jy dit aanwend, of wend die olie

bo-oor jou vogroom aan. Dié lipolie voel nie taai nie. Jy kan dit alleen gebruik om jou lippe te voed, of jy kan dit

bo-oor jou lipstiffie aanwend vir ekstra glans.

Daar’s ’n goeie rede hoekom olie die velsorgwêr­eld se nuwe obsessie is, sê dr. Terry Loong, velsorgken­ner van The Body Shop. “Nie net is dit voedend en veerlig nie, dit het ook die

perfekte tekstuur om jou vel diep en maklik te penetreer.” Daar is drie soorte saadolie – swart

komyn, kamelia en roosknoppe – in dié skoonheids­huis se Oils of Life-reeks, met onder meer ’n gesigolie, jelroom en ’n ryker vogroom. Dit hou vel sag en soepel sonder

dat dit olierig voel. Die plaaslike skoonheids­huis Placecol se Illuminé-velsorgree­ks (vir vroue bo 40) bevat ook ’n gesigolie wat jy snags aanwend. Jy kan dié produk, met onder meer arganolie, alleen of vóór ’n nagroom gebruik. Arganolie is ryk aan vitamien E, ’n sterk antioksida­nt. By Placecol-salonne landwyd Jou vel se herstelpro­ses bereik sy piek in die nag. Dít is hoekom lyntjies dikwels minder sigbaar en jou vel gladder is ná ’n goeie nagrus. Maar soos die dag vorder, eis faktore soos besoedelin­g, spanning en Uv-blootstell­ing sy tol op jou vel en teen die namiddag lyk jy maklik ’n paar jaar ouer. Gemmerwort­el-olie in dié produk help om inflammasi­e deur die dag teen te werk en tamanu-olie seël vog in jou vel sodat dit stralend lyk. Wend soggens 2 – 3 druppels ná jou serum aan. Dink jy jy kan nie olie op jou fyn hare gebruik nie? Schwarzkop­f Profession­al het ’n nuwe produk spesiaal vir fyn hare ontwikkel. Dis in die vorm van ’n fyn mis wat hare liggies bedek. Dit word vinnig droog en gee hope glans en voeding. Geskik vir nat én droë hare. ’n Weergawe vir dikker, growwer hare is ook te kry. By uitsoeksal­onne

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa