Sarie

BEHANDELIN­G VAN DIE MAAND

Bederf by nuwe skoonheids­alon

- DEUR

Om in ons moderne wêreld tyd in jou besige skedule te maak vir ’n gesig- of lyfbehande­ling is lankal nie meer ’n luukse nie, maar ’n noodsaakli­kheid. Dít is wyse woorde van die Fransman dr. Olivier Courtin-clarins, besturende direkteur van Clarins. Dié skoonheids­huis se storie het juis net meer as 60 jaar gelede begin toe die Franse fisioterap­eut Jacques Courtin-clarins ’n salon in Parys oopgemaak het waar vroue lyf- en gesigbehan­delings kon kry. Vandag is dít steeds een van die skoonheids­huis se belangriks­te pilare. Die nuwe Clarins Beauty Salon in Illovo, Johannesbu­rg, bly getrou aan die DNS van Clarins en bied ’n wye reeks behandelin­gs vir jou lyf, gesig, hande en voete. Ek is bederf met die Relaxing Massage (R650 vir 60 minute). Die terapeut het my lyf sagkens gestrek en masseer met ’n aromatiese olie. Dit was nie bloot ’n massering nie, maar ’n ervaring en ’n fees vir my sintuie.

Tydens die Kers- en vakansiese­isoen is die glansryke J’adore Eau de Parfum van die skoonheids­huis Dior in ’n groter bottel beskikbaar. Dié ligte blomgeur is al vir meer as

15 jaar ’n gunsteling onder baie vroue en die unieke bottel, met sy fyn goue nek, bly een van die

mooiste ontwerpe in die parfuumwêr­eld. Sowaar ’n reuse-bederf! Dior J’adore

(R2 420 vir 150 ml EDP) Melanosiet­e is selle in die epidermis van jou kopvel wat jou hare se kleurpigme­nt vervaardig. Weens eksterne faktore en verouderin­g raak dié selle minder doeltreffe­nd totdat dit later geen kleurpigme­nt meer vervaardig nie en jou hare grys word. Jou hare is dan dikwels

ook growwer en brosser. Kérastase Densifique Sérum Jeunesse Hair Youth Serum (R900) bevat antioksida­nte wat dié melanosiet­e beskerm sodat dit langer kleurpigme­nt vorm.

Dit bevat ook bestanddel­e wat die digtheid van jou hare

verbeter en dit glansend en soepel laat lyk. Masseer die serum in jou kopvel nadat jy jou hare gewas het. By uitsoeksal­onne. Oor naweke is jy nie altyd lus om ’n klomp velsorgpro­dukte te gebruik nie. Gelukkig het jou vel op ’n Saterdag en Sondag niks meer as Chanel Le Weekend De Chanel nodig nie. Glikoliese suur in dié bevogtigen­de room skilfer jou vel liggies af en rooswater kalmeer dit. ’n Nuwe weergawe spesiaal vir ’n sensitiewe vel is ook nou beskikbaar: Wend Chanel Le Weekend de Chanel Édition Douce (R1 405) naweke soggens en saans aan jou gesig en nek.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa