Sarie

NUWE VOLUME VIR JOU VEL

- DEUR CHARIS VAN DEN HEEVER

In die wêreld van skoonheid is volume op almal se lippe. Het jou vel volume, lyk dit jonk en gesond; sonder volume is dit ingesonke en minder ferm. Kollageen is ’n proteïen wat onder meer in jou vel voorkom en dit plomp en ferm hou. Maar met ouderdom vervaardig jou vel al hoe minder – iets wat niemand van ons wil hê nie! Daarom beloof al hoe meer rome om kollageen oor tyd te stimuleer vir ’n jeugdiger voorkoms, terwyl meer indringend­e behandelin­gs soos vullers, wat jou vel in ’n kits opplomp, al lank gewild is. En nou is kollageen-aanvulling­s op die voorgrond. Dié produkte, wat jy as drankie of in pilvorm kan neem, gee glo jou kollageen van binne ’n hupstoot vir ’n jonger vel. Lees meer hieroor op bl. 136.

Tydlose elegansie vir die perfekte erfstuk. Dié roosgoud-en-vlekvryest­aalhorlosi­e met sy swart

krokodille­er-bandjie, die Star Classique Date Automatic (prys op aanvraag) van Montblanc,

is suiwer gehalte en styl. Dalk is dié halssnoer van roosgoud met ’n diamant en onikssteen vir jou as jy sukkel om jou Nuwejaarsv­oornemens gestand te doen. Die swart onikssteen help glo die draer om verkeerde gewoontes af te leer, daarom is dit die perfekte gelukbring­er vir al daardie nuwe beloftes aan jouself. Amulette de Cartierhal­ssnoer (prys op aanvraag). 011 666 2800

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa