Sarie

UIT PROVENCE

- DEUR STILERING Amelia van Zyl

Ek is maar ’n skrikkerig­e soort vrou. Nie die soort wat snags rillers lees of bedags aan dodelik gevaarlike sport sal deelneem nie. Die alledaagse lewe maak my heeltemal bang genoeg, dankie.

Maar as dit by kos kom, skrik ek nie sommer vir koue pampoen nie. Of warm of lou pampoen of eintlik enigiets wat ek kan eet nie. ’n Reis na ’n vreemde streek is vir my altyd ook ’n kulinêre ontdekking­sreis. Ek kan nie verstaan hoekom toeriste in eksotiese lande dieselfde kos as by die huis sou wou eet nie. Dan kon hulle mos maar by die huis gebly het?

Dis om hierdie passie vir die geure en kleure en teksture van streekskos te deel dat ek jaarliks ’n Proe Provence- toertjie vir ’n groep Suid-afrikaanse proe(f)konyne aanbied. Kort voor elke toer wonder ek gewoonlik waarom ek dit doen, aangesien ek glad nie daarvan hou om in groepe te reis nie. Maar dan geniet ek dit só om iemand vir die eerste keer swart truffels of foie gras of wilde oranje sampioene te laat proe, dat ek my summier laat ompraat om dit volgende jaar weer te doen.

Sommige toergenote het miskien voorheen pastis of tapenade of die tradisione­le vissop van Marseille met die mooi naam bouillabai­sse beproe(f) – maar enigiets smaak mos lekkerder op die plek waar dit vandaan kom. En hoewel party smake sekerlik aangeleer moet word, verheug ek my altyd in die waagmoed van ware kosliefheb­bers. Soos laas weer gebeur het toe ons ’n bokplaas in die berge besoek het om die beroemde bokmelkkaa­s van Banon te leer ken.

Banon word tog te fraai in kastanjebl­are toegevou en met ’n raffiatout­jie vasgebind – maar ’n regte ryp en loperige banon is nie ’n kaas vir sissies nie. Selfs ná amper twee dekades in Provence, waarin ek enorme spronge in my kaasopvoed­ing moes maak, deins ek soms nog terug vir ’n banon waaraan my Franse familie sal smul. Nee, dit stink nie, sê die Franse familie, goeie kaas kan nooit stink nie, dit word net “geuriger”. En ’n paar van die dapper Afrikaanse vroue in die groep was gek oor die “geurige” banon.

Só gek dat hulle dit huis toe wou neem om met geliefdes te deel. Goed, dit was die tweede laaste dag van die toer en hulle kon dit in ’n yskassie in die bus bêre. Die kaas sou natuurlik in Suid-afrika ingesmokke­l moes word omdat dit ’n ongeoorloo­fde “diereprodu­k” is, maar dié vooruitsig het die hele avontuur net nog aanloklike­r gemaak vir ons moedige kulinêre vryheidsve­gters. Die enigste probleem was eintlik hoe om die “geur” te verbloem. Toe ek twee dae later die yskassie oopmaak om die kase uit te deel, het die reuk my amper laat omkap. En ek is immers veronderst­el om gewoond te wees aan Franse kaasreuke.

Allerlei vermaaklik­e planne is dus in die bus beraam oor hoe om die kaas in die land te kry. “Steek dit tussen jou vuil sokkies in jou tas weg,” het S voorgestel, “dan dink die doeanemens­e hopelik dis jou sokkies wat so stink.” (Kom ons vermy eerder name, net ingeval die doeanemens­e dalk vrouetydsk­rifte lees?) En toe almal weer veilig tuis is, het K jubelend laat weet die kaas het ook ongeskonde opgedaag. Elke stukkie klere in haar tas moes weliswaar gewas word om van die kaasreuk ontslae te raak. Selfs haar tandeborse­l het na banon gestink. Maar daardie aand kon ’n paar salig gelukkige toerlede ’n happie Franse kaas met hul naastes deel. Ander het wyn, olyfolie, sout, rys, amandelbes­kuitjies en soortgelyk­e heerlikhed­e uit die verre land gebring. En met elke hap, elke sluk, elke ruik aan die kaas of die wyn, het hulle weer Provence geproe.

Dís mos wat vreeslose avontuurlu­s beteken!

Jygroet nie sommer tjoef-tjaf ’n suksesvoll­e beroep en gly sierlik ’n nuwe lewensbaan binne nie. Veral nie as jy boonop die ondernemin­g opgebou het tot ’n groot sukses nie.

Maar dit is nie onmoontlik om sonder spyt weg te stap nie. Hiervan kan Zyl, leefstylaf­rigter van

Amelia van Stellenbos­ch, en Herselman,

Naomi eienaar van die restaurant Searle’s Trading Post op Greyton, getuig.

Amelia, wat eienaar en uitvoerend­e hoof was van KAMERS vol geskenke, die opwindende jaarlikse mark vir handgemaak­te dekor, het begin 2015 die besigheid verkoop. En Naomi was vroeër ’n uitgewer en een van die stigter-aandeelhou­ers van New Media Publishing (NMP) in Kaapstad. Sy het die skuif na die Overbergse dorp in 2011 gemaak.

Albei was, om verskeie redes, lus vir ’n nuwe uitdaging.

Baie mense bereik daardie punt waar hulle wonder of dit nie tyd is om aan te beweeg en nuwe dinge aan te pak nie.

Vir die media-magnaat Arianna Huffington het dit in 2007 ’n senuineens­torting gekos om dié insig te kry. Sy is medestigte­r van The Huffington Post (www.huffington­post.com), ’n suksevolle aanlyn nuusversam­elaar en blog, met ’n geraamde waarde van sowat R1 miljard. Nadat sy een aand laat op kantoor ineengesto­rt het, het mediese toetse gewys sy leef te ongesond. Dis toe dat sy haarself afvra: Wát is sukses werklik? Arianna het aangebly as uitvoerend­e redakteur, maar sy’t The Huffington Post verkoop aan die Amerikaans­e telekommun­ikasie-reus Verizon. Sy doen sedertdien gereeld oefening en probeer haar werk van haar private lewe skei.

Amelia en Naomi is baie dankbaar dat húlle aanbeweeg het. Naomi se skuif het byna “organies” gebeur, terwyl Amelia ’n doelbewust­e besluit geneem het.

Maar is daar ooit ’n “regte” tyd vir so ’n ingrypende veranderin­g?

“Jy weet nooit 100% nie. Dit is ’n berekende risiko,” verduideli­k Pieter Scholtz, ’n sake-afrigter van ACTIONCOAC­H in Centurion. Luister na jou drie “breine”: jou hart, kop en instink ( gut), meen hy.

Hy verduideli­k: “As jy byvoorbeel­d meer tyd met jou gesin wil deurbring, begin die behoefte na veranderin­g in jou hart. Gebruik hierna jou kop en gaan doen jou eie ‘navorsing’ oor die nuwe roete wat jy wil inslaan. Dít is wanneer jou instink gewoonlik inskop.”

Pieter stel voor dat jy drie dinge in gedagte hou voor jy iets nuuts aanpak: verstaan jou sterk punte, stel vas of jou nuwe beroep wat jy wil volg ’n bloeityd beleef, en maak séker dat jy dit kan bekostig.

Amelia en Naomi vertel hoe húlle dit reggekry het.

Ek het altyd gesê ek wil ’n ondernemin­g opbou sodat ek dit kan verkoop.

KAMERS staan nou stewig op haar eie voete. Dit het begin met 800 besoekers in 2003 op Stellenbos­ch. Nou word dit landwyd aangebied in onder meer Johannesbu­rg, Pretoria, Kaapstad en Hermanus. Dit lok jaarliks sowat 50 000 besoekers en dit skep ’n platform vir meer as 300 klein ondernemin­gs om hul unieke produkte te verkoop.

In Januarie 2015 was ek gereed om te verkoop. Ek het twee jaar lank gedink daaroor. Een van my jare lange mentors het in dié tyd vir my gesê ek moet my drome dadelik volg. Selfs al neem dit tyd of gaan dit gepaard met pyn, moet ek die proses vertrou en geduldig wees met myself. ’n Vrede het oor my gespoel en ek het besef ek kan nie vasklou aan sekuriteit nie. Dit was die regte tyd om te probeer uiting gee aan iets nuuts.

Tog het ek geen duidelike toekomspre­ntjie gehad nie, ek het net besef as ek een keer iets kon laat werk, kon ek dit weer regkry. >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa