Ek is spyt ek het getrou . . . My tweede huwelik is vol komplikasies
Ek is onlangs getroud. Pleks van opwinding en verliefdheid voel ek eerder vasgevang en ontevrede. Dit voel of my onafhanklikheid weggeneem is en asof ek heeldag net skottelgoed was en goed agter my man optel. Ek begin wonder oor my toekoms, want ek moet n
Wat is vir jou belangrik? Wat het jy nodig om intellektueel gestimuleer te voel? Hoe kan jy betrokke raak in die gemeenskap? Watter nuwe uitdagings kan jy vir jouself stel? En hoe kan jy dié nuwe uitdagings aanpak?
Hoe meer jy voel dat jy jou potensiaal bereik op verskillende maniere, hoe meer sal jy ook jouself kan uitleef in jou huwelik.
Bespreek dit met jou man. Verduidelik ook aan hom hoewel jou huweliksbehoeftes vervul word, word jou persoonlike behoeftes nie vervul nie. Dalk kan julle saam ’n huweliksberader gaan spreek sodat julle kan leer om doeltreffend te kommunikeer en die probleme te hanteer. Jy kan ook met ’n sielkundige gaan gesels, iemand wat jou kan help om jou nuwe identiteit te verken, jou verwagtinge van en jou rol in die huwelik beter te verstaan, en om aan te pas by jou nuwe lewe.
kliniese sielkundige van Kaapstad
met goeie rede. Al is jou man liefdevol, is sy optrede nie reg nie.
Dis moeilik om te weet of hy nie sy kant bring nie weens swak kommunikasie van albei van julle, of weens sy karakter, maar in ieder geval is sy huidige omstandighede gerieflik en hy sal kyk hoe lank hy daarmee kan wegkom. Hy is in ’n gemaksone en jy sal die verandering moet inisieer. Bly jy net stil, word dinge nie uitgeklaar nie en gaan jy net ongelukkiger word.
Jy hoef ook nie hieroor skuldig te voel nie. As jy voel dinge is nie reg nie, dan is dit eenvoudig nie vir jou reg nie. Om dit te verander baat ook nie net jou alleen nie, maar is noodsaaklik vir die gesonde funksionering van jul huwelik.
Jy moet dus jou voet neersit en vir jouself opstaan. Praat weer met hom totdat julle ’n besluit bereik wat vir julle albei bevredigend is. Hou ook op om meer te doen as wat hy van jou verwag (soos om sy huis in stand te hou) totdat daar weer balans in jul huwelik is.
Daar is geen vaste reëls oor hoe finansies in ’n tweede huwelik, of enige verhouding, moet werk nie. Dit verskil van paartjie tot paartjie en hang af van die omstandighede, maar uiteindelik behoort dit in enige verhouding volgens sekere beginsels, soos openlikheid en ondersteuning, aangepak te word.
Miskien verdien een van julle meer geld en die ander kan vanselfsprekend dan nie ewe veel bydra nie. Daarom moet julle ’n behoorlike opname maak van wat jul uitgawes is en hoeveel elkeen finansieel kan bydra. Die een kan dalk nie soveel geld bydra nie, maar is weer sterker op ’n ander terrein en kan daardeur ’n bydrae lewer. As jy byvoorbeeld meer verdien en jou man is ’n goeie kok, kan hy meer verantwoordelikheid in die kombuis neem. Jul doelwitte en drome moet dieselfde wees en julle moet saamwerk om daar uit te kom. Die huwelik is ’n spanpoging en nie ’n besigheid of kompetisie nie, daarom behoort julle albei saam te werk. Oorweeg dit ook om saam ’n finansiële beplanner of sielkundige te gaan spreek wat dié gesprekke kan lei, want anders kan dit ’n stryery veroorsaak.
opvoedkundige sielkundige van Johannesburg
Ook hier is daar geen vaste finansiële reëls nie. Hoewel baie ouers deesdae hul kinders probeer onderhou totdat hulle klaar gestudeer het en/of ’n werk gekry het, is dit nie verpligtend nie. Dis eerder belangrik dat jy en jou man tot ’n vergelyk kom hieroor en dan ’n verenigde front is wanneer julle dié reëls vir die kinders verduidelik.
Jy en jou man moet oop en eerlik met mekaar gesels oor wat julle kan, en bereid is om te doen. Julle kan byvoorbeeld vier jaar se studies vir elke kind betaal, maar daarna moet hulle self verantwoordelik wees vir vakke wat herhaal word of die koste van verdere kursusse. As julle bereid is, kan julle daarna borg staan vir ’n studielening. Daarna skuld jy hulle beslis nie iets nie – dis ’n voorreg as ouers vir hul kinders se studies kan betaal, nie ’n reg nie.
Die feit dat jy voel jou man se kinders respekteer jou nie, is meer gekompliseerd. Kinders voel soms negatief teenoor die nuwe ouer omdat hulle ’n geheime (dikwels onbewustelike) droom koester dat hul ouers weer bymekaar sal uitkom, en die nuwe ouer word beskou as ’n hindernis vir dié droom. En wanneer ’n ouer gesterf het en kinders dit nog nie heeltemal verwerk het nie, kan hulle wrokkig voel teenoor die nuwe ouer. In albei gevalle kan hierdie gevoelens lei tot passiewe aggressie, soos om nie reëls te volg nie, en terapie word dan aanbeveel.
Maar jy hoef nie noodwendig óf ’n ouer óf niks te wees nie. Probeer eerder jou rol herdefinieer, veral omdat dit klink of sy kinders reeds jou rol as “ma” verwerp. Jy is dus nie stiefma nie, maar iemand wat hul pa gelukkig maak, hulle ondersteun, en met wie hulle kan praat sonder oordeel. Fokus op die dinge wat jy wel kan beheer. Gesels ook met jou man hieroor, want hy moet dit vir hulle dan duidelik maak dat die huisreëls vir almal geld en dat jy gerespekteer moet word.