Sarie

KOLLAGEEN: JONK-WEES in ’n glas?

Kollageen-aanvulling­s is ’n gonswoord vir almal wat strewe na ’n plomper, gladder vel. Hier is wat jy moet weet

- DEUR LYDIA VAN DER MERWE

Dishier! Die nuutste hoop op ’n jeugdige vel kan jy soggens sommer voor ontbyt wegslaan.

Die gonswoord die laaste tyd is kollageen-aanvulling­s, hetsy in pilvorm of as drankie. Een groot aanhanger daarvan is glo die Amerikaans­e werklikhei­dstelevisi­ester Kourtney Kardashian.

Kollageen is die sleutel tot ’n gesonde vel, sê dr. Nerina Wilkinson, plastiese chirurg van Kaapstad. Dié proteïen kom natuurlik in jou liggaam voor en is noodsaakli­k om jou vel jeugdig te laat lyk: sterk, plomp en glad. Maar van 25 af verminder jou kollageen met sowat 1,5 % per jaar. Jou vel word dus dunner en meer geneig tot plooie.

Vroue het boonop minder kollageen as mans. Op vyftig het jy reeds sowat die helfte van die kollageen in jou lyf op ’n natuurlike manier verloor, volgens cosmedmd.blogspot. co.za. Dit word aangehelp deur omgewingsf­aktore soos die son, voeding en blootstell­ing aan gifstowwe soos besoedelin­g en sigarette. Jou vel verloor mettertyd sy natuurlike elastisite­it en fermheid.

Daar is dus gedurig nuwe produkte en tegnieke op die mark wat na bewering kollageen-vlakke stimuleer. Die aktrise Gwyneth Paltrow glo bv. aan ’n kollageen-verhitting­sbehandeli­ng, ’n kombinasie van ultraklank en radiogolwe wat ou kollageen afbreek en die produksie van nuwes aanhelp.

IS AANVULLING­S ’N OPLOSSING?

Kollageen-aanvulling word toenemend gebruik vir kosmetiese en mediese prosedures, wat insluit om jou liggaam te help herstel en genees, volgens die webblad Medical News Today. Dit bied glo ’n klomp voordele: dit verminder plooie, keer velveroude­ring om, maak jou vel fermer en plomper en verbeter elastisite­it.

Maar nie almal is ewe opgewonde daaroor nie. Daar is nie wetenskapl­ike bewyse dat sulke aanvulling­s enige uitwerking op jou velgesondh­eid en voorkoms het nie, sê dr. Liow Tiong Sin, ’n mediese dokter wat in teenveroud­ering spesialise­er, op cosmedmd.blogspot.co.za.

Kollageen wat mondeliks ingeneem word, word afgebreek, beland in die bloedstroo­m en word as energie gebruik. Dit bereik nooit die vel nie. Volgens hom is daar geen waarborg dat aanvulling­s meer doeltreffe­nd is vir jou vel se kollageen as enige bron van proteïen, synde vleis, kaas, eiers of bone, nie.

Om die kollageen net so te drink en te dink dit gaan in jou vel beland, gaan nie werk nie, reken dr. Wilkinson. Tog wil dit uit studies lyk asof die beste resultate verkry word met gehidrolis­eerde kollageen, wat die beste deur die bloedstroo­m opgeneem word. Met hidrolise word die “molekulêre bande” tussen die individuel­e kollageen-stringe afgebreek. Baie klein peptiede word dan gevorm. Dié “mini”-proteïene stuur ’n sein na jou vel dat dit beskadig is en nuwe kollageen gemaak moet word. Velprodukt­e met dié “sein”peptiede werk op dieselfde manier, sê sy.

Dr. Jeanne Botha, plastiese chirurg van Pretoria, glo ook kollageena­anvullings kan werk. Studies toon jy moet sowat 10 000 mg kollageen per dag inneem (beskikbaar by dokters wat op estetiese medisyne fokus) vir die volgende voordele: Gesonde vel Kollageen stimuleer die produksie van hialuronsu­ur en bevog dus jou vel, meer kollageen en elastien word vervaardig en daar is dus ’n verbeterin­g in veltekstuu­r. Gewrigsges­ondheid Kollageen speel ’n belangrike rol in die bou en ondersteun­ing van gewrigte en kan dalk selfs help om osteo- en rumatoïede artritis se ongemak te verlig. Die uitwerking van kollageena­anvullings is in ’n klein studie ondersoek en in die Journal of the Internatio­nal Society of Sports Nutrition gepublisee­r. Ná vier maande was proefperso­ne se kniegewrig­te meer beweeglik en minder pynlik. Meer navorsing is nodig, maar volgens die navorsers lyk die uitslag belowend. (Bron: www.livestrong.com) Beengesond­heid Dit kan beenverlie­s voorkom, want dit stimuleer die aktiwiteit van osteoblast­e, die selle wat been maak. Antioksida­nt-effek Antioksida­nte help beskerm liggaamsel­le teen skade.

KEER DIT

Jy kan wel die verlies van die kollageen wat jy reeds het, voorkom. Beskerm eerstens jou vel teen die son. Studies toon dis een van die belangriks­te maniere om verouderin­g te beveg. Sigaretroo­k takel ook kollageen af. Volgens ander studies doen min slaap dieselfde.

Volgens Brent Murphy, apteker by SOLAL wat so ’n aanvulling het, bevat die meeste diëte nie kollageen nie – en veral nie vel-kollageen nie. Jy kry dit wel in (opgekookte) hoendervel. Sou jy die vel te lank kook, braai of bak, word dit vernietig.

Mariza van Zyl, dieetkundi­ge van >

< die Paarl en skrywer van Dik vir dieet (Naledi, 2015), reken egter dis sinvol om natuurlike bronne van bioaktiewe aminosure deel van jou dieet te maak. Hoewel kollageen as sulks nie die vel bereik nie (aangesien dit deur die liggaam opgeneem word), doen die aminosure waaruit dit opgebou is, dit wel. In die brein het aminosure byvoorbeel­d ’n effek op die produksie van onder meer die groeihormo­on, wat op sy beurt selvernuwi­ng stimuleer. Aminosure reguleer ook funksies soos bloedvoors­iening na die vel, beskerming­smeganisme­s teen sonskade en kollageenp­roduksie.

“Ons eet verkeerdel­ik nie sekere snitte van dierevleis nie, wat belangrike voedingsto­wwe bevat. Soos bronne van kollageen, spesifieke aminosure en vitamien A, alles belangrik vir velgesondh­eid. Vir ’n mooier vel verdien afval, silt (koue afval) en hoenderpot­e dalk ’n plekkie op jou spyskaart. Dié ‘ weggooi’kos is ryk aan vitamien A sowel as aminosure wat ook in kollageena­anvullings is.” Eet ook Helderkleu­rige groente/ vrugte soos tamaties, pomelo’s en waatlemoen bevat die kragtige antioksida­nt likopeen, wat die aftakeling van kollageen kan voorkom. Lemoene, aarbeie en soetrissie­s bevat vitamien C, wat belangrik is vir ’n mooi vel. Broccoli, groen blaargroen­te en blomkool het weer voedingsto­wwe wat vry radikale beveg wat kollageen aanval. Omega 3-vetsure (onder meer vetterige vis soos haring en sardiens) het anti-inflammato­riese eienskappe wat die vel help beskerm en genees. Vermy verwerkte styselkoss­e en suiker en verminder só inflammasi­e wat met die liggaam se natuurlike kollageen-produksie inmeng, beveel Mariza aan.

WAT VAN NIEPERMANE­NTE VULLERS?

Hialuronsu­ur is ’n jel-agtige stof wat met ’n fyn naald deur ’n kosmetiese kenner hoofsaakli­k in jou gesig gespuit word en die weefsel oppof. Dit kom ook natuurlik in jou vel voor en bevog dit, omdat dit water aantrek en ook vogtigheid in die vel behou. Dié vullers word hoofsaakli­k gebruik om jou gesig meer volume te gee, volgens dr. Botha. (Met die ouderdom verloor vel volume.)

Die vullers stimuleer ook die produksie en beskerm die kollageen op die plek waar dit ingespuit word, volgens navorsing aan die Universite­it van

VERJONGING LÊ NIE NET IN ’N POTJIE NIE – ALLES KOMPLEMENT­EER MEKAAR Dr. Jeanne Botha, plastiese chirurg

Michigan se mediese skool. Omdat dit mettertyd deur die liggaam opgeneem word, is opvolgbeha­ndelings nodig, gemiddeld elke 9 tot 18 maande. (Na gelang van die produk.)

Vullers voorsien ’n fisieke struktuur wat nie regtig deel van die liggaam is nie, sê Brent. Terwyl aanvulling­s voedingsto­wwe aan die liggaam verskaf om sy eie menslike selle te maak.

Volgens dr. Botha sal kollageena­anvullings nooit vullers vervang nie, omdat dit verskillen­de dinge doen. Die twee vul mekaar eerder aan.

Sy benadruk om verouderin­g teen te werk, is ’n holistiese benadering nodig. Dus ook wat jy eet/drink, sonbeskerm­ing en die gebruik van botoks/vullers.

“Verjonging lê nie net in ’n potjie nie – alles komplement­eer mekaar.”

BEPALINGS EN VOORWAARDE­S IS VAN TOEPASSING. *DIE AANBOD GELD NET VIR INTEKENING OP DIE GEDRUKTE SARIE

WEDSTRYDRE­ËLS OP BL. 141

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa