Sarie

OM T E WEET KOLLAGEEN IN DIE KOLLIG

- Bron: www.medicalnew­stoday.com

Kollageen is ’n jellieagti­ge proteïen wat in jou bene, spiere en tendons (weefsel wat ’n spier aan die been heg) voorkom. Ook in jou vel, hare en naels. Dis deel van die vel se bindweefse­l wat dit plomp en jeugdig laat lyk, is noodsaakli­k vir vel-elastisite­it en dryf ook die vernuwing van velselle.

Sowat 20% van jou liggaamsma­ssa bestaan uit proteïen. Sowat 30% daarvan is kollageen.

Daar is minstens 16 soorte kollageen, maar 80 – 90% van die liggaam s’n is tipe 1, 2 en 3.

Tipe 1-kollageen-fibrille (’n klein veseltjie of onderdeel van ’n vesel) is sterker as staal (gram vir gram).

Die woord kollageen kom van die Grieks “kolla”, wat gom beteken.

Dit gee die vel sy sterkte en struktuur, maar speel ook ’n rol in die vervanging van dooie selle.

Die produksie van kollageen kan ook gestimulee­r word deur laserterap­ie en die gebruik van vitamien A-bevattende rome, soos retinol en tretinoïen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa