Sarie

DIT KOM LÊ IN JOU HART

- Toekies Rosser, Robertson

Ek wonder oor die liefde en hoe dit werk. Is dit in ons lywe ingedruk soos warm perskes in ’n fles om ingelê te word, en wanneer dit te vol is, loop die stroop net eenvoudig oor?

Maar die meeste kom lê in jou hart en as jou liefde so erg raak dat jou hart pyn, dan weet jy dit druk teen al wat vlees is, want dit wil uit!

Om te kyk in die ogies van jou kleinkind, wat nog sukkel om te fokus, laat jou huil van dankbaarhe­id, want jy ervaar die weerlooshe­id, die perfekthei­d, die totale kwesbaarhe­id, die goddelikhe­id.

En jy begin so ietsie te verstaan van liefde wat alle verstand te bowe gaan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa