Sarie

MOEDERSKAP

- Eléne Carpenter, Jeffreysba­ai

As jong vrou begin jy dagdroom oor die perfekte toekoms – ’n liefdevoll­e man, ’n huis en kinders, want kinders kry, is mos ’n gegewe.

Dan tref die realiteit jou soos ’n vuishou tussen die oë: Kinders kry, is nié ’n gegewe nie. Dis ’n eer, ’n voorreg, ’n geskenk van God.

Jy probeer alles. Hierdie maand gaan jou lewe handomkeer verander. Opgewonde sit jy en wag om die positiewe swangerska­ptoets met die wêreld te deel, maar elke maand is dit teleurstel­ling wat aan jou hart se deur kom klop.

Die leemte en hartseer word gesus met die vertrooste­nde wete dat God se genade vir my genoeg is, en dat Hy die belofte van moederskap in die palm van sy hand hou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa