Sarie

RUS VIR DIE SIEL

- Mart-mari van der Merwe, Modimolle

’n Paar dae ná my laaste skooleksam­en plak ek my in ’n sonkolletj­ie in die tuin neer met ’n stapel tydskrifte. SARIE se Desember-uitgawe lê heel bo, en ek neem sommer net daar ’n paar selfies met die geskenk-sonbril.

Ek verslind feitlik die tydskrif. En my siel word rustig. SARIE is vol inspirasie: hoe om volkome vróú te wees, hoe om jouself, en ander, gelukkig te maak, en hoe om vas te byt, deur te druk en te lééf.

En ek weet ek sal piekfyn wees, dit maak nie saak wat die toekoms inhou nie. Om ’n vrou te wees wat ander inspireer, wat weet waar geluk vandaan kom en wat die lewe elke dag met passie aanpak . . . dís wat saak maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa