Sarie

Ons wêreld

OP HOL OOR ’N HASIE

- SAAMGESTEL DEUR DIE SARIE-SPAN Bron: Nb-uitgewers en die Britse

Baie opgewonde en trots op mekaar . . . Dis die reaksie van akteurs Greta Pietersen en Wilhelm van der Walt (saam links op foto) oor hul Fiësta-benoemings as onderskeid­elik beste byspeler en beste akteur vir hul rolle as Bubbles en Oliver in regisseur Christiaan Olwage se onthutsend­e toneelstuk Son.maan.sterre. Dié twee, wat al drie jaar ’n paartjie is, sê hul benoeming saam is soveel meer spesiaal omdat dit ’n “bitter uitdagende, tawwe repetisiep­roses” was. Son.maan.sterre. is vanjaar die voorloper met 8 Fiëstanomi­nasies (’n kortkop voor In Glas met 6 benoemings). ’n Beskeie selfgepubl­iseerde

prenteboek­ie van 22 bladsye wat ouers verlede jaar wêreldwyd gaande gehad het en tot boaan Amazon se topverkope­rlys in Brittanje

en die VSA geskiet het, is nou ook plaaslik beskikbaar – in Afrikaans. The Rabbit Who Wants to Fall Asleep deur die Sweedse sielkundig­e CarlJohan Forssén Ehrlin, wat kinders glo dadelik laat slaap, is reeds in 41 tale vertaal. Ehrlin beskryf dit as “die verbale ekwivalent om jou kind aan die slaap te sus”. Die hasie wat aan die slaap wou raak word deur Human & Rousseau

uitgegee en kos R125.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa