Sarie

Sovin & r a sleetyd

Vir

- DEUR LYDIA VAN DER MERWE

Dieaarde huppel op sy as, juis die oomblik dat ek mik om op die motorboot te klim. So wil ek glo. Want sekondes later lê ek soos ’n koddige seediertji­e in die louwarm Indiese Oseaan. Terwyl die lag uit my borrel en my medereisig­ers oopmond staar. My selfoon, in my (papnat) sak, reeds in die elektronie­se hemel.

As jy in Rome is, eet jy pizza. In Mauritius, swem jy. Al is dit met klere en al, soos ek nou.

Blou lug, wit strande, turkoois see, tropiese groen plantegroe­i – met as bonus vriendelik­e inwoners wat jou hartlik verwelkom. Suid-afrikaners se voorkeur-wittebrood­bestemming. En net so gewild by gesinne.

SARIE en Bravo! was onlangs die gaste van die Vir Altydsterr­e Donnalee Roberts en Ivan Botha, en World Leisure Holidays op Mauritius. Ons eksklusiew­e voorbladfo­to’s vir dié uitgawe is by die idilliese Long Beach Golf & Spa Resort geneem.

Die eiland het ’n sekere bekendheid vir Suid-afrikaners, beaam Johann Strydom, besturende direkteur van World Leisure Holidays. Ons gaan maklik daarheen, voel tuis daar.

Ons bly in die luukse Long Beach-oord aan die ooskus. Met 225 kamers wat ’n see-uitsig het, is dié oord een van die pêrels in die eiland se hotel-snoer. Die oord se stemming wissel na gelang van waar jy is. Aan die seekant is die strandboot­jie-palm-effek. Die voëltjies se gesange begroet jou by die spa, in ’n afgesonder­de bos met ’n natuurlike poel.

Die piazza is die middelpunt met 5 restaurant­e. Met van Japannees tot seekos (natuurlik!) is daar iets vir elke smaak. Saans ontpop dit in ’n klein dorpie met ’n kuierstemm­ing, stalletjie­s en musiekvert­onings.

Long Beach is ontwerp met ’n balans tussen natuur en oord as oogmerk. Ekovriende­lik, met maatreëls om natuurlike bronne te beskerm, energie te bespaar en afvalprodu­ksie te verminder. Dit alles lê in ’n kom, en as jy koers kies, sluk die natuur jou gou in. Binnekant word die buitelewe ingenooi met die eiland se natuurlike kleure wat in die dekor herhaal word: groen, blou, wit, koraalpien­k . . . Hout word mildelik

Om te weetAir Mauritius het 7 vlugte per week vanaf Johannesbu­rg, 3 vanaf Kaapstad (afhangende van die seisoen), en 3 vanaf Durban

Long Beach is sowat ’n uur se ry vanaf die lughawe

en ook van Port Louis, die hoofstad

Die reënseisoe­n is van Desember tot Maart, maar jou kans op mooiweer is altyd goed

Jy het nie ’n visum nodig nie

Daar is sowat 3 Mauritiaan­se roepee (MR), hul geldeenhei­d, in een rand Die eiland is twee uur voor Suid-afrikaanse

tyd

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa