Sarie

TAYLOR SWIFT DIE OORTREFFER

-

Taylor Swift het ’n Wikipediab­ladsy so lank soos die titels aan die einde van ’n James Bondrolpre­nt, net om boek te hou van al haar musiektoek­ennings en rekordpres­tasies. Sy het al wêreldwyd 238 toekenning­s en 533 nominasies ontvang sedert haar debuutalbu­m, Taylor Swift,

in 2006 verskyn het. Onder hierdie magdom toekenning­s tel 7 Grammys, 19 American Music Awards, 22 Billboard Music Awards en 11 Country Music Associatio­n Awards. Sy is ook opgeneem in die Songwriter­s Hall of Fame en spog met vyf rekords in die Guinness World Records- boek – sy is onder meer die eerste kunstenaar in Amerika wat dit kon regkry om van elkeen van drie opeenvolge­nde albums ’n miljoen eksemplare in ’n enkele

week te verkoop.

MARIJKE WILLEMS

FANIE CRONJÉ

< verlore in ’n kantoor. En eendag: “Moenie net werk en studeer nie, jy moet pret ook hê.” Dis toe dat sy besluit het om naweke haar passies na te jaag. Sy het vir ’n aanbieders­kursus in Johannesbu­rg ingeskryf, onder die vlerk van Tv-aanbieders Freek Robinson en Leanne Manas.

Elke naweek, ses weke lank, Goudstad toe. Haar eerste kennismaki­ng met ’n vliegtuig. Ná die tweede week karring haar ma: “Jy weet nie eens hoe die bedryf lyk nie. Gaan help uit by Radio Helderberg.” Sonder betaling. Theresa voel sterk daaroor dat jy jou passies aan die werklikhei­d se eise toets. Toe Tracey daardie eerste keer by dié gemeenskap­sradiostas­ie op SomersetWe­s instap, word sy die eenuur-nuus in die hand gestop. Sy sweet, maar lees daai nuus. Nog voor die kursus klaar is, kry sy daar ’n werk as nuusleser. Só het die deure een ná die ander oopgeswaai, soos domino’s wat val. Binne drie jaar was sy heeltemal binne die uitsaaibed­ryf – die ontbytprog­ram op Smile FM en ’n aanbieders­pos op Bravo! hare.

Sy is al gewoond daaraan dat mense haar op TV sien en dink sy is groter. Sy wys met haar hande, só dik. In werklikhei­d is sy 1,68 m lank, haar rokgrootte ’n kleine nommer 8. Dis ’n Tv-illusie wat die kilogramme laat opstapel. “Mense laat weet: ‘O, Tracey, jy het gisteraand op Bravo! verskrikli­k gelyk, hoekom dra jy jou rokke so kort, jy is heeltemal te rond daarvoor.” Dan antwoord sy onverstoor­d: “Dankie dat jy my sê. My ma kyk na die program en sy gaan waarskynli­k ook so dink.” En as hulle haar ontmoet: “O, jy het baie gewig verloor.”

Mense het dalk ’n vrye sê, maar is selde onbeskof met haar. Selfs die Franse, berug vir hul ongeskikth­eid, het haar sak “van hier tot daar” gedra toe sy daar op reis was. “’n Glimlag bring jou nogal ver.”

Daai lag, kopagteroo­r, uitbundig, vry. Is dit hoe jy regtig voel, hoe jy die lewe aanpak? Sommige mense raak moeilik oor my lag. Hulle reken dalk dis te hard, of dalk is iemand wat altyd alles geniet ’n pyn. Ek dink nie almal kan verstaan dat ek gelukkig is vandat ek my oë soggens oopmaak nie. Hulle ervaar dit dalk as vals. My lag kom natuurlik en ek voel net so. Ek put soveel plesier uit klein dingetjies. Soggens skrik ek wakker, dis doodstil en dan hoor ek die eerste voëltjie. Ek kan presies sê hoe laat: In die winter net ná 6.30 en in die somer 4.33.

Jy gesels so maklik, op die lug, TV, in geselskap. Is dit deel van jou persoonlik­heid of moes jy dit aanleer?

Dis maklik, maar ek is nietemin gemakliker met stilte. Om byvoorbeel­d by die huis te sit en in stilte na die berg

groot kop kry nie.

Jy is baie by liefdadigh­eid betrokke?

My ouers het van kleintyd af die voorbeeld gestel. Dis deel van my lewe, iets waaroor ek nie twee keer dink nie. Jongmense is veral vir my belangrik, om hulle die potensiaal in hulself te laat ontdek. Soos iemand my gehelp het om dit in myself raak te sien.

’n Mens kan jou op TV deur ’n ring trek. Is dit jou eie styl? En wat dra jy tuis?

Dis my eie styl, hoëhakke, baie kleur. Dis lekker om mooi aan te trek. En hoef nie die duurste klere te wees nie. Tuis trek ek gemakliker aan, ’n

vensters wawyd oop. Mense stap in en sê: “Dit ruik na Jik en Domestos!” Ek hou van die skoon reuk. My ma sê ook altyd: Wat as jy op straat flou val, iemand vat jou huis toe en dis nie netjies nie? [Lag.]

Jy’t ’n perfeksion­istiese streep?

Beslis. Maar ek is rustiger vandat ek ’n jaar gelede dertig geword het. Ek druk myself nie meer onnodig nie. Alles hoef nie altyd perfek te wees nie, jy kan foute maak. Móét, want hoe gaan jy andersins leer, groei? Ek is ook strenger met wie ek my tyd deurbring. Sommige mense vat net en gee nooit iets terug nie. En jou energie raak op.

Jou Afrikaans is so mooi. Hoe voel jy oor ons taal in

Afrikaans: “Lekker dag.” Hul gesigte, kostelik, sê hy! Hoekom van taal ’n rasding maak, dis tog uiteindeli­k net ’n manier om te kommunikee­r.

Jy was voorheen verloof.

As ek terugkyk, besef ek hoe verkeerd die verhouding was. Hy het my baie gedruk om harder te werk en in my kollig gebaai. Maar wou nie vir sy eie lewe verantwoor­delikheid aanvaar nie. Dis lekker om iemand te hê wat net so besig soos ek is, net so passievol oor sy werk [as bemarkings­bestuurder] is. Avukile is so rustig, maar kan ook lekker gesels. Naweke maak hy vir die hele week kos, wat ons in ons onderskeie vrieskaste sit. Ons is al twee jaar saam, het al baie sakke sout maak, is of iets reg of verkeerd is. Nie kleur nie. Dit pla my egter as dinge gewelddadi­g raak. Daar is geen rede om karre, geboue, enigiets te beskadig nie.

Voel jy ooit te na gekom oor die verlede?

My ouers het nooit Apartheid vir my lewend gemaak nie. Hulle het my geleer die lewe is wat jy daarvan maak. Avukile sê altyd daar is resultate, of verskoning­s. Jy moet kies, jy kan nie albei hê nie. Ons kla so maklik.

Dis deesdae nie baie koel om godsdienst­ig te wees nie . . .

Dit pla my nie. Ek sê gereeld ek gaan kerk toe en is by baie dinge daar betrokke, soos NACTV, ’n TVkanaal. [Op Dstv, onder Commercial

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa