Sarie

DIE FILMSPAN HOOGTEPUNT­E TOEKOMSPLA­NNE GROOTSTE LES GELEER RAAD AAN PAARTJIES WAT SAAM WERK

Ons kan saam droom – elke dag Om saam met Nataniël te werk was beslis ’n hoogtepunt. was die grootste projek wat ons al saam aangepak het. Ons skiet die tweede reeks van Edik van Nantes in Mei vanjaar in Frankryk. Ons wil ook graag nog ons eie reeks of

- Berdene Burger www.meerfout.com

Toe Berdene en Janhendrik Burger 2012 op die stel van die fliek ontmoet het, was dit liefde met die eerste oogopslag. “Janhendrik was die regisseur en ek assistent-regisseur en ons het baie tyd só saam deurgebrin­g. Maar ons het begin om te lank en te diep in mekaar se oë te staar, en dan skielik weer onthou ons moet werk!” vertel Berdene.

Dit was ’n natuurlike volgende stap om ’n verhouding te begin – en toe ook ’n besigheid. “Ons was ’n baie doeltreffe­nde span tydens die verfilming. Dit was vinnig duidelik dat ons albei stories wou vertel en ons het geweet dat ons saam presies dít gaan kan doen,” wei Janhendrik uit.

In 2013 het hulle die filmbesigh­eid Meerfout Films begin, en ook ’n tweede maatskappy, Holistic Digital Media, vir korporatie­we produksies. Deesdae is Janhendrik regisseur en kinematogr­aaf, terwyl Berdene vervaardig­ing en produksie-ontwerp doen.

Hul groot deurbraak was by die Silwersker­mfees in 2014, waar hul projek Almon, Henry, wat hulle saam met Nataniël gedoen het, as Beste Kortfilm benoem is. “Janhendrik het al in die verlede klein projekte vir Nataniël geskiet, en ons wou vreeslik graag ’n groter projek saam met hom aanpak – hy is so kreatief. Ons het hom toe gevra of hy die draaiboek vir die kortfilm sal skryf. Toe hy instem, was ons in die wolke,” sê Berdene.

Ná die fees het Nataniël hulle gevra om ook die vervaardig­ing van sy leefstylre­eks Edik van Nantes te hanteer. “Ons het natuurlik ingestem! Vroeg verlede jaar het ons vier weke lank in Frankryk verfilm en die reeks het van Oktober tot Januarie vanjaar op kyknet gewys,” vertel sy.

Hulle is nou vier maande getroud en woon in Pretoria. “Nou bou ons op elke denkbare manier saam aan ons toekoms, en dit bring ons net nader aan mekaar.”

Hulle het ook al ’n paar truuks aangeleer om seker te maak hul werksen liefdesver­houdings bly gesond, meen Berdene. “Daar is elke nou en dan ’n jakkalsie wat aan die wingerd vreet, maar ons praat deurentyd oor alles.

“Kommunikas­ie en vertroue is noodsaakli­k – in enige besigheid én verhouding, maar veral as die twee verweef is. Ons moes leer om nie sake- kwessies persoonlik op te neem nie. Soms stem ons nie saam oor iets nie, maar solank julle weet albei wil die beste vir die besigheid hê, kan jy dié dinge laat gaan.”

Hulle moes ook bedag wees daarop om tyd te maak vir saam ontspan, sê sy. “As jy ’n ondernemin­g bedryf, moet jy dikwels laatnag of oor naweke werk. Dis belangrik om soms net saam pret te hê. Solank jy dit natuurlik nie oordoen nie. Ons hou nooit té lank vakansie nie, want dan sukkel jy om weer produktief te raak ná die tyd!”

Maar die balans tussen jou werkslewe en ’n lewe tuis kom ook mettertyd vanself, sê Janhendrik. “Ons verstaan mekaar se koppe en is baie ingestel op mekaar se behoeftes, en dit maak al die verskil.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa