Sarie

DIE FOTOSTORIE­VERTELLERS

As getroude sakevennot­e moet julle ook soms apart wees om as individue te groei

- Maike Mcneill

Welovepict­ures is deesdae een van die name wat dadelik gegoogle word wanneer jongmense dink aan trou. Maar Travis en Maike Mcneill van Muizenberg, eienaars en fotograwe van dié ondernemin­g, het nooit eens beplan om troues af te neem nie. “Dis eintlik moeilik om te sê wanneer welovepict­ures op die been gekom het, want ons het ook nie beplan om ’n besigheid te begin nie,” sê Maike.

“Om troues af te neem was net iets wat ons albei nou en dan gedoen het, en toe saam begin doen het in 2007. Ons was albei assistent-fotograwe vir ander mense en wou graag ons eie ding doen, kreatief wees, en dis toe dat ons troufoto’s begin neem het. Ons was gelukkig dat die bedryf rondom daai tyd vinnig gegroei het en dat paartjies van ons ietwat aweregse werk gehou het.”

Deesdae doen hulle ook kommersiël­e en leefstylfo­tografie vanuit hul ateljee in Woodstock, Kaapstad. “Fotografie kom natuurlik vir albei van ons, maar ons moes leer hoe om ’n ondernemin­g te bedryf,” vertel Travis. “Uiteindeli­k het ons besef Maike is beter met kliënte, kontrakte en organisasi­e. Sy is mal oor ’n lysie! Ek is weer gelukkig wanneer ek ure lank foto’s kan redigeer.”

Dis dié persoonlik­heidsversk­ille wat hul ondernemin­g laat slaag, maar weer hul eendershei­d wat hul verhouding laat werk. “Ons het tien jaar gelede ontmoet toe ons albei fotografie by die Tshwane Universite­it van Tegnologie gestudeer het. Travis se kennis en sy liefde vir film en dokumentêr­e fotografie het my geïnspiree­r. Ons was opgewonde om iemand anders te ontmoet wat dieselfde passies en belangstel­lings het,” sê Maike.

Daarom was hulle nie bekommerd oor die verhouding toe hulle saam begin werk nie, sê hy. “Ons was net opgewonde om saam kreatief te wees en meer tyd saam deur te bring. Ons was jonk, verlief en het nog baie gehad om te leer!

“Daar was aanhoudend uitdagings soos ons ondernemin­g en verhouding gegroei het. Vir baie jare het ons nie geweet waar om die streep te trek tussen sakevennot­e en man en vrou nie. Ons het albei sterk persoonlik­hede wat aandring daarop om gehoor te word, maar ons het geleer om mekaar ruimte te gun om onsself te wees en idees te deel.

“Dit was ook moeilik om af te skakel, want ’n nuwe ondernemin­g is soos ’n baba wat aanhoudend aandag nodig het. Ons het ’n paar aandetes geruïneer deur oor besigheid te stry. Gelukkig het ons geleer om ook te ontspan wanneer ons die kans het en deesdae bly werk by die werk.”

Maike sê pare moet onthou dis ’n spanpoging. “Vennootska­ppe, hetsy romanties of nie, werk net as al twee mense ewe veel daarin belê en ewe veel beheer het. Dus moet albei gelukkig en gewaardeer voel – doen moeite om seker te maak jou maat voel so, én jyself.”

Hulle het besef dat alleentyd hulle nader aan mekaar kan bring. “Ek werk deesdae ’n paar dae per week tuis. Dis lekker om mekaar saans te sien en ’n eenvoudige vraag te vra wat ander paartjies as vanselfspr­ekend aanvaar: Hoe was jou dag?”

BO “Tsjaka” onder die bos tydens die BeeslaerBo­nthuis-geveg. REGS Zeus, wat die rol van Tsjaka vertolk, met sy eienaar, Sandy Cammell (links), en hondehante­erder Irene Haselau.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa