Sarie

Musiek Sandy speel Beethoven, Bach en Mozart; die Beeslaers se favourite, Leon Schuster se “Briekdans”, nee!

-

Jy speel Tsjaka, die altyd hongerige, senuweeagt­ige pavement special van die Beeslaers.

Tsjaka is ’n gekomplise­erde karakter. Nie net moes ek sy sensitiwit­eit, intelligen­sie en humorsin oordra nie, maar die rol vereis ook ’n buitengewo­on aantreklik­e akteur. Ek dink my oë doen ook nogal die ding!

Jyself ken die moeiliker kant van die lewe.

Ek kom weens omstandigh­ede buite my beheer uit die DBV se reddingsku­t. Dis mos waar my mens-ma, Sandy Cammell, my op vier maande gekry het. Maar my stamboek is eintlik goed, so reg uit Afrika. Jy kan maar sê ek is Boere-royalty. Die titel pavement special maak my de joos in! Ek meen, vergelyk my nou met ou Vleis Beeslaer [Deon Lotz]. Die man is so bleddie onsensitie­f soos ’n Karoo-klip!

Jy kon dus met Tsjaka identifise­er?

Ou Tsjaka kom ook toevallig uit ’n skut. Weet jy, die ander outjie wat vir die rol ’n oudisie gedoen het, is vol petrol gegooi en toe aan die brand gesteek. Nou loop hy met die naam Primus. Mense soos Sandy maak darem op vir sulke wreedheid.

Hoe het jy saam met die tweebeen-“diere” gewerk?

Die meeste van hulle is hondeliefh­ebbers . . . hoewel Koos [Roets] twee worshonde in sy familie het. Dit tel ’n bietjie teen hom, want worshonde se eiesinnigh­eid en hardegatge­it dryf hul eienaars tot ’n erger graad van gekheid! Siestog.

Hoe het jy en Koos gekliek?

Baie goed, al is hy nie heeltemal op my intelligen­sievlak nie. En jy kan duidelik sien hy is nie meer heeltemal lekker in die kop nie. Daarvoor plaas ek die blaam op sy twee worshonde, Miekie en Wilmien. Die enigste bietjie sensibilit­y kom maar van sy schnauzer, Karel. Karel wil self graag regie doen en ek vermoed hy het vir Koos baie gehelp om Jeanne [Goosen, skrywer van die gelyknamig­e boek] se teks beter te verstaan.

Moes jy regtig vir Willie Esterhuize­n [Basil Bonthuis] aan die boud byt?

Willie is ’n method actor en hy het daarop aangedring. Hy moes agterna 36 steke in sy agterent kry! En ons is steeds goeie pêlle. Profession­ele akteurs, sien.

Honde-akteurs kry blykbaar eetgoed as beloning ná feitlik elke skoot. Hoe hou jy jou gewig so mooi in toom?

Dis maar ’n probleem, want dit kan my kanse om romantiese

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa