ANTIBIOTIKA DIE DONKER KANT
Beslis dié groot lewensredder, vir sowat 70 jaar al. Maar te veel van ’n goeie ding het altyd sy nadele – toenemende gebruik veroorsaak dat al hoe meer kieme bestand is teen antibiotika
Jysit in die spreekkamer en hoes dat jy later soos ’n blaasbalk hyg. Dis jou tweede besoek in minder as ’n week daar. Bronchitis, is reeds gediagnoseer.
’n Virus, dus. Al wat help, is bedrus. Medikasie om jou simptome te verlig het jy reeds: om minder te hoes, makliker asem te haal. Jy weet al hierdie dinge. Maar as die jong dokter dié keer antibiotika voorskryf, praat jy nie teë nie. Jy drink al daai pille – en drie weke later ruk jy nog steeds van die hoes.
Dis my eie storie, dié. En ek behoort beter te weet, dan nie? Maar as jy siek is, verdwyn gesonde verstand mos dikwels. Want jy voel net so vrot! En daar moet ’n pilletjie wees wat help.
Superkieme is ’n woord wat ons al hoe meer hoor. Dit klink soos wetenskapfiksie, iets uit Alien of die X-files. Ver verwyderd van enigiets wat in die alledaagse lewe gebeur.
Maar antibiotiese weerstand is ’n probleem wat ons almal raak, oud en jonk. Elke keer dat jy antibiotika gebruik, vergroot jou risiko vir weerstand daarteen. Boonop kan jy dit na jou familie en vriende oordra.
Bakterieë verander naamlik so dat antibiotika later nie meer teen infeksies werk nie. En dis ’n groot bedreiging vir openbare gesondheid, sê dr. Sean Wasserman, afdeling aansteeklike siektes en Miv-medisyne, Universiteit van Kaapstad (UK).
Plaaslik het die gebruik daarvan die afgelope dekade met sowat 60% toegeneem, volgens ’n 2015-verslag
Ons is heeltemal te afhanklik van antibiotika dr. Safwaan Desai
van die Sentrum vir Siektedinamika, Ekonomie en Beleid (CDDEP), ’n internasionale navorsingsorganisasie. Dit ondanks waarskuwings oor die toenemende bedreiging van
weerstandigheid.
Volgens ’n Britse voorspelling kan middelweerstandige infeksies teen 2050 tot 10 miljoen mense per jaar doodmaak. Dis meer sterftes as wat selfs aan kanker toegeskryf kan word.
Want as ons weens weerstandigheid die vermoë verloor om bakteriële infeksies te beveg, kan die gehalte van gesondheidsorg terugkeer na die era voor antibiotika, waar chirurgie gevaarlik is en selfs klein infeksies ernstige komplikasies en die dood kan veroorsaak, sê dr. Wasserman.
WAT IS ANTIBIOTIKA?
Antibiotika is medisyne waarmee bakteriële (en sommige parasitiese en fungus-) infeksies behandel word. Dit maak die bakterieë dood of keer dat hulle voortplant. Só ondersteun dit die liggaam se natuurlike weermag in die oorlog teen infeksies, verduidelik dr. Safwaan Desai, uitvoerende bestuurder: kliniese beleid en raadgewing by Metropolitan se gesondheidsafdeling.
Die evolusie (mutasie) van bakterieë is ’n natuurlike verskynsel. Dit stel bakterieë in staat om die manier te verander hoe hulle op medisyne reageer. En kan die vermoë boonop aan toekomstige generasies van die spesie oordra, sê hy.
Volgens dr. Wasserman was die ontwikkeling van antimikrobiale (dus wyer as net bakterieë, ook virusse, fungi en parasiete) waarskynlik die grootste openbare gesondheidsingreep in die geskiedenis. Dit het die mens se gemiddelde lewensduur met tot 10 jaar verleng en ander kritiese gesondheidspraktyke (soos chirurgie, kankerbehandeling en orgaanoorplantings) moontlik gemaak.
Soos wat weerstand teen medikasie groter word (en dit gebeur nou teen ’n vinnige pas), word maniere om algemene aansteeklike siektes te behandel minder.
Nie net bakterieë nie, maar omtrent alle mikrobes (dus ook virusse, fungi en parasiete) wat siektes veroorsaak, het inderdaad al ’n weerstand ontwikkel teen medikasie wat algemeen teen hulle gebruik word. Insluitende tuberkulose (TB) en baie ander algemene bakterieë soos E. coli, Staphylococcus aureus. Ook antivirus-medikasie (bv. vir MIV), verduidelik dr. Wasserman.
Dit gooi ’n skadu oor die behandeling van malaria (deur ’n parasiet veroorsaak) in dele van Suidoos-asië en Afrika. Die gevolge kan rampspoedig wees. Weerstand teen Tb-medikasie is plaaslik ’n groot probleem en maak die behandeling daarvan moeiliker en duurder. Tweedelyn- antimikrobiale middels (dus nie die eerste keuse nie) is gewoonlik duurder, het meer newe-effekte en is dikwels minder doeltreffend.
“Ons het plaaslik ’n punt bereik waar die meeste bakteriële infeksies wat jy in ’n hospitaal kry, net op antibiotika met die breedste spektrum reageer. [Sien kassie bo.] Dis ons laaste loopgraaf teen sulke infeksies. Ons begin ook infeksies sien wat selfs daarteen weerstandig is, wat beteken daar is geen behandeling nie. Dis plaaslik gelukkig nog nie wydverspreid nie. Weerstandigheid van algemene (bakteriële) infeksies soos longontsteking en urienweginfeksie neem ook toe,” sê hy.
Hoe vinnig weerstand ontwikkel, wissel en hang af van faktore wat weerstand bevorder, verduidelik dr. Desai. So was penisillien doeltreffend ná die ontdekking daarvan in die jare veertig. Die Staphylococcus aureus- bakterie het al in 1947 weerstand teen penisillien ontwikkel en teen die jare sewentig was daar verskeie weerstandige stamme. En in die laat tagtigs, vroeë negentigs was die meeste soorte bakterieë bestand teen antibiotika, sê hy.
NEE VIR VERKOUE/ GRIEP
Ons is heeltemal te afhanklik van antibiotika, sê dr. Desai. Baie van ons dink verkeerdelik dis doeltreffend teen alle soorte infeksies. So reken sowat 69% van Suid-afrikaners verkoue >
< en griep kan daarmee behandel word, volgens ’n peiling deur die Wêreldgesondheidsorganisasie ( WGO) in 12 lande, waaronder Suid-afrika.
Deesdae is daar baie druk om vinnig terug werk toe te gaan en jou daaglikse roetine voort te sit – om dus vinniger “beter” te word.
“Antibiotika moet net voorgeskryf word as ’n bakteriële infeksie vermoed word of bewys is. Dit help nie vir virusinfeksies (soos verkoue, griep en die meeste lugweginfeksies) nie. Jy gaan dus nie gouer gesond word nie,” beaam dr. Kim Faure, plaaslike koördineerder van die internasionale Sentrum vir Siektedinamika, Ekonomie en Beleid. Dat dit nie reg voorgeskryf word nie, is duidelik aan die toename van organismes wat teen antibiotika gepantser is.
Daar is boonop min vinnige, betroubare toetse tot die dokter se beskikking wat kan onderskei tussen bakteriële en virus-infeksies, verduidelik dr. Wasserman. Dokter en pasiënt voel dus albei antibiotika is nodig “net ingeval” dit ’n meer ernstige bakteriële infeksie is. Dit ten spyte daarvan dat groot studies wys
Die gehalte van gesondheidsorg sal terugkeer na die era voor antibiotika
dr. Sean Wasserman
die meerderheid van lugweg-infeksies by volwassenes word deur virusse veroorsaak. En dat dit nie jou risiko vir ernstige komplikasies vergroot nie.
Nog ’n algemene rede waarom dit voorgeskryf word, is as ’n urienweginfeksie vermoed word. ( Wat deur ’n bakterie veroorsaak word.) Die dokter kan die moontlikheid dadelik met ’n eenvoudige en goedkoop uriendoopstokkie-toets uitskakel, sê hy.
Dr. Wasserman noem antibiotiese weerstandigheid ’n “onsigbare bedreiging”. Baie dokters besef dalk nie dit hou direk verband met die pasiënt voor hulle nie. Pasiënte moet ook skuld dra omdat hulle aandring op antibiotika as dit onnodig is. Hulle sien dikwels antibiotika as ’n noodsaaklike deel van die behandeling. Kry hulle dan net Panado, voel hulle nie behoorlik behandel nie.
Dit word as dogma verkondig dat jy ’n kursus antibiotika moet voltooi. Volgens hom bevorder dit egter nie weerstandigheid as jy dit nie doen nie. As jou dokter nuwe inligting kry wat ’n bakteriële infeksie uitskakel, kan jy die antibiotika dadelik stop. Is die diagnose egter in die kol en jy stop die antibiotika te gou, bly jy siek.
Volgens dr. Faure is dit duidelik uit gesprekke met ma’s dat hulle hulpeloos en sonder hoop voel as hul kinders siek is. Hulle vat die kind dokter toe omdat hulle meen hulle moet iets doen – en verwag dan antibiotika. Hulle vrees as hulle met leë hande uitstap, sit hulle hande in die hare met ’n siek kind. Baie weet nie hoe om simptome soos ’n erge toe neus en hoes te behandel nie. As jy hieroor twyfel, vra jou apteker.