Sarie

AUCKLAND, NIEU-SEELAND

- Lees die volledige onderhoud met André op

Gedurende Mei is die Suid-eiland geklee in ’n sneeukombe­rs.

Waarom ’n Suid-afrikaanse verhaal skryf met sy wortels in die Spaanse Burgeroorl­og?

Die Spaanse Burgeroorl­og was ’n botsing tussen die betreklik nuwe ideologieë van fascisme en kommunisme, en die toetsgrond vir moderne totalitari­sme. Daardie denkrigtin­gs was goed verteenwoo­rdig in ons land ook, en daar was baie Afrikaners wat die linkse spektrum aangehang het. Tog het hul geskiedeni­s stom geword onder die ideologie van die Nasionale Party van Verwoerd en Malan. Hoe doen jy navorsing vir ’n verhaal soos hierdie? Wanneer ek ’n idee kry vir ’n verhaal, begin ek boeke daaroor versamel. Soms dien ’n boek selfs as sneller vir ’n verhaal. In Die twee lewens van Dieter Ondracek was dit Hannah Arendt se Eichmann in Jerusalem, en in Komplot se geval was dit George Orwell se Homage to Catalonia. Ek is ook op die uitkyk vir dokumentêr­e programme wat film uit die tydperk insluit, en foto’s.

Plot jy jou verhaallyn uit, sodat jy weet wie is waar in die gebeure?

Ja, en nee. Die verhaallyn is in my kop, maar om dit op skrif te kry is ’n ander storie. Ek is skaam om te bieg dat ek ’n ongeorgani­seerde skrywer is. Die hele huis lê vol notaboeke en los stukkies papier waarop ek idees, flardes dialoog, karakterbe­skrywings en waarneming­s neergeskry­f het. Soms kry ek ’n ongemaklik­e krieweling dat die karakters meer in beheer van die verhaal wil wees as ek, en dat ek net daar is om hul woelinge in toom te hou.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa