Sarie

Mode Net ’n spatsel kleur Skoonheid Haarstorie­s bl. 79 Dekor 2X anders bl. 94 Kos GESIG VAN DIE MAAND Gisele Bündchen

Bl. 70 Sonskyndae Dís nou luuks Die troues hou!

-

In haar 20 jaar op die loopplank het sy al op meer as 120 Vogue- voorblaaie gepryk. En die laaste nege jaar is sy bo-aan Forbes se lys van die wêreld se hoogs betaalde modelle. Vogue Italia het al van haar gesê: “Sy is die koning Midas van die modewêreld. Alles waaraan sy raak, verander in goud.” Inderdaad die definisie van ’n supermodel. Maar Gisele is méér as net mooi. Dié 35-jarige Brasiliaan glo in ’n gesonde en volhoubare leefstyl. Buiten dat sy gereeld foto’s waar sy joga beoefen met haar 7 miljoen volgelinge op Instagram deel, is sy ook betrokke by verskeie filantropi­ese projekte wat omgewingsb­ewustheid aanmoedig. Sy was al die gesig van meer as 20 internasio­nale handelsmer­ke en is sedert 2013 die gesig van Chanel se gewilde Les Beiges-grimeerree­ks. Sy versinnebe­eld die reeks se natuurlike skoonheid, eenvoud, vryheid en gesonde gloed.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa