Sarie

Het jy geweet? HAAR STORIES

Ons hare is ’n emosionele saak; die kroon wat sê wie ons is. Drie bekendes deel hul beste wenke – en grootste foute!

- HANRI HUMAN

Daar is ’n verskil tussen fyn hare en dun/yl hare. Fyn hare verwys na jou

haartipe: Die omtrek van elke haar is dunner as die omtrek van ’n haar van iemand met ’n growwe haartipe. Wanneer jy dun/yl hare het, beteken dit jy het min hare op jou kop. Jy kan dus steeds ’n welige bos hare hê, al is die tekstuur daarvan fyn. Blaai om en leer meer!

Grootste uitdaging

Eintlik net tydsbestuu­r, want ek kan basies enigiets met my hare doen solank ek genoeg tyd het om daaraan te bestee. Die vinnigste is om dit sommer net te [jy maak jou hare droog met ’n haardroër se hitteversp­reidingstu­k] sodat dit krul. Gelukkig hou ek van my krulle!

Dít sal ek nooit doen nie

Ek dink nie ek sal goed lyk as ’n blondine nie. Ek sal dalk so ’n bietjie soos ’n vaal muis lyk.

My wenk

Krulhare het baie vog nodig, daarom gebruik ek altyd goeie opknappers en maskers. As ek self my hare stileer, kam ek dit met ’n wyetandkam en los dit om natuurlik droog te word. Ná die tyd gebruik ek produkte wat frizz teenwerk en my krulle definisie gee. As ek ’n bietjie meer moeite wil doen, ek dit en sit ’n paar krulle met ’n krultang in. Wanneer my tyd beperk is, maak ek dit in ’n hoë bolla vas saam met funky oogomlyner en rooi lippe.

Trotse rooikop

Ek hét al soms gewens ek was ’n brunet met ’n olyfkleuri­ge vel, maar eintlik was ek nog altyd lief vir my rooi hare. Ek is ’n vrygees en my hare is soos my kroon. Dit pas by my! Ek kleur dit rooibruin om my natuurlike kleur so ’n bietjie te beklemtoon. Dit laat my hare meer blink en dit vestig die aandag op my oë en vel.

Grootste uitdaging

Hoewel my hare krullerig is, het dit nie ’n mooi krul nie, dis eerder kroeserig. Dit is hoekom ek my hare reguit stryk met ’n haaryster. Op die dae dat ek hare was, gebruik ek altyd ’n hittebeske­rmingsprod­uk voordat ek dit stryk. Daarna vryf ek ’n haarolie deur – dit voed my droë hare, maak dit mooi glad en gee glans.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa