Sarie

GEKLEURDE HARE

-

1. Jou haarkleur word beskerm en kroeserigh­eid word teengewerk met Pureology Smooth Perfection Shampoo (R278) en Condition (R316) For Frizz-prone Colour-treated Hair. By uitsoeksal­onne 2. Kleur jou hare met L’oréal Prodigy Extraordin­ary Natural Colour in Tan (R195) vir ’n multidimen­sionele, natuurlike voorkoms 3. Gee jou natuurlike krulle definisie met TIGI Bed Head On The Rebound Curl Re-call Cream (R305). By uitsoeksal­onne 4. Steek uitgroeiha­re weg tussen jou salonbesoe­ke met Color Wow Root Cover Up in Dark Brown (R550). Beskikbaar in verskillen­de skakerings, by uitsoeksal­onne

Hou lang hare gesond

Ek is mal oor my lang hare. Ek laat sny die punte so elke ses tot agt weke sodat dit altyd gesond lyk. Op die dae dat ek nie my hare was nie, smeer ek so ’n bietjie haarolie net aan die onderste deel. Dit help om gesplete punte te voorkom.

Nooit weer nie!

Ek het so tien jaar gelede my hare geperm, want ek het gedink dit sal dan mooier krul. Dit was glad nie die geval nie. My kop was daarna vol klein krulletjie­s en dit was heeltemal buite beheer!

Grootste uitdaging

Omdat my hare byna elke dag [op die stel van die sepie uitgeblaas word en daar soms ook ligstrepie­s ingesit word, is dit met tye droog. Ek gebruik ’n ligte haarolie om te help vir die droogheid.

Ruskans

Oor naweke doen ek niks met my hare nie omdat dit gedurende die week so baie by die werk gestileer word. Ek los dit om self droog te word en sal bv. net ’n haarband insit. Ek oefen gereeld in die gimnasium en gaan sit soms in die stoomkamer. Om een of ander rede is die stoom goed vir my hare. Dit voel of my hare asemhaal en dit is baie sag daarna.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa