Sarie

GROWWE HARE

-

1. Makadamian­eut-olie in Dove Advanced Hair Series Pure Care Dry Oil For Dry Dull Hair Shampoo en Conditione­r (R70 elk) help om droë hare te voed en te bevog 2. Dis veral hittestile­ring en sonblootst­elling wat jou hare se beskermend­e buitenste laag beskadig en lei tot ’n bros, droë kroon. Tresemmé Platinum Strength Deep Conditioni­ng Treatment (R60) vul jou hare se lipiedlaag aan sodat dit gladder en gesonder lyk 3. Dié haarolie is veerlig en absorbeer maklik sonder dat jou hare vetterig voel – Inoar Extreme Premium Oil (R545). By uitsoeksal­onne 4. Die temperatuu­r van ghd Platinum (R2 899) bly konstant sodat jou hare minimaal beskadig word wanneer jy dit krul of stryk. By uitsoeksal­onne

My wenk

Die produkte wat jy gebruik, is baie belangrik. ’n Hittebeske­rmingserum word in my hare gevryf voordat dit uitgeblaas word en ’n waks word ná die tyd aangewend om tekstuur te gee.

Moenie kort(er) hare vrees nie

Ek was op my senuwees om my hare destyds in ’n pixiestyl te sny. Ek het gedink wat as dit nie by my pas nie? Kort hare laat jou ook so ontbloot voel. Maar ek was mal daaroor. Dit is nie nodig om bang te wees om jou hare korter te sny nie. Onthou, hare groei weer!

Nooit weer nie!

Ek het my hare eenkeer donker gekleur met ’n kleurmouss­e. Toe dit begin uitwas, was dit pienk. Dit het seker ses maande daarna nog ’n pienk skynsel gehad!

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa