Sarie

HOE WERK ’N DROË SJAMPOE? Droë sjampoe is die skoonheids­produk wat mense die afgelope twee jaar die meeste gegoogle het naas krultange, volgens ’n onlangse tendensver­slag van dié soekenjin

- DEUR MONICA PIENAAR

So ’n sjampoe bevat styselagti­ge bestanddel­e wat oortollige olie op jou kopvel absorbeer en jou hare in ’n japtrap skoner laat lyk, sê Trevenen Bam, plaaslike trigoloog (haarkundig­e) van die haarsorgre­eks Philip Kingsley. Dis as ’n poeier of sproei beskikbaar en gaan lê as ’n fyn lagie op jou kopvel en hare, waar dit volume by jou haarwortel­s skep en tekstuur aan die res van jou kroon gee. ’n Droë sjampoe is die oplossing as jou hare neig na olierighei­d en jy dit nie elke dag wil was nie. Dis ook ideaal om net ná ’n oefensessi­e te gebruik of om jou hare tussen wasdae vars te hou. Omdat jy jou hare minder gereeld was wanneer jy ’n droë sjampoe gebruik, hou jou haarkleur langer en jou hare bly gesonder omdat jy dit nie heeltyd met hittetoest­elle stileer nie.

Dis geskik vir alle haarsoorte en -kleure. “Maar vermy ’n droë sjampoe as jy geneig is om skilfers te kry of ’n sensitiewe kopvel het, want dit kan jou kopvel uitdroog en irriteer,” sê Trevenen.

Lig ’n smal string hare op ’n keer op en spuit die produk op jou kopvel en haarwortel­s. Fokus veral op jou haarlyn en jou haarpaadji­e.

Wag sowat 30 sekondes vir die produk om die olie te begin absorbeer. Masseer dan die produk met jou vingers rofweg in jou hare in.

Vir ekstra volume kan jy jou kop onderstebo gooi voordat jy die produk in masseer, sê Matthew Mansoor, plaaslike haarstilis van Tresemmé.

As jy fyner hare het, kam jou hare met ’n borsel uit om die produk deur die res van jou hare te versprei om oral volume te skep.

’n Droë sjampoe moet slegs tussen wasse gebruik word en is nie ’n alternatie­f vir gewone sjampoe nie, waarsku Trevenen. Hoewel ’n droë sjampoe olierighei­d absorbeer, verwyder dit nie noodwendig vuilheid nie. Oor tyd kan onsuiwerhe­de en die droë sjampoe se bestanddel­e opbou en jou kopvel begin uitdroog, irriteer of selfs binne-in die haarfollik­els gaan lê en tot droë vlokkies of ’n uitslag op jou kopvel lei. “Moenie ’n droë sjampoe meer as twee dae ná mekaar gebruik sonder om jou hare te was nie,” raai Trevenen aan.

Die grootste fout wat vroue maak, is om die droë sjampoe te naby aan hul kop te hou wanneer hulle dit aanspuit, sê Matthew. Dit kan dan ’n wit poeierlagi­e op jou hare agterlaat omdat die produk op een plek gekonsentr­eer is en die formule nie ordentlik droogword nie. “Hou die kannetjie so 18 – 20 cm weg van jou kopvel wanneer jy dit aanspuit vir die beste resultate,” sê hy.

Jou hare hoef nie reeds olierig te wees om droë sjampoe te gebruik nie. Wend dit bv. vóór jou oefensessi­e of op ’n warm dag aan skoon hare om oortollige olie te absorbeer soos dit vorm.

Skep tekstuur deur die produk van jou haarwortel­s tot by die middelleng­tes te spuit.

As jy ’n opstyl met baie haarknippi­es wil skep, spuit elke knippie vooraf met ’n bietjie droë sjampoe voordat jy dit insit. Die knippies sal aan jou hare klou en nie maklik uitval nie.

PRAGTIG

PIENKDit is hul liefdesver­klaring aan vroue: ’n reeks lipstiffie­s in die mooiste pienk skakerings wat by enige velkleur en persoonlik­heid pas. Elk van die 7 skakerings in die skoonheids­huis L’oréal se Collection Exclusive La Vie en Rose- reeks is geïnspiree­r deur die skoonheids­huis se bekende gesigte, onder andere Blake Lively en Julianne Moore. Perske-pienk, helderpien­k, pastelpien­k . . . daar is een vir jou!

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa