Sarie

BEHANDELIN­G VAN DIE MAAND

Luuks vir Valentynsd­ag

- By Perfect 10- en Dream Nailssalon­ne landwyd.

Valentynsm­aand is sinoniem met bederf. En ’n groter bederf as die gesigbehan­deling van Purlés se Gold, Pearls and Champagne Ceremony (R570) is skaars. Purlés is ’n reeks Franse velsorgpro­dukte en salonbehan­delings wat onlangs in SA bekend gestel is. Vir dié behandelin­g word produkte wat goud, pêrels en sjampanje bevat, gebruik. Pêrelpoeie­r help om kollageenv­ervaardigi­ng te stimuleer en fyn goue deeltjies laat lig in alle rigtings vanaf jou vel bons. Dít skep die illusie van ’n egalige veltekstuu­r sodat jy lyntjies en plooie moeiliker raaksien. Daarby beskerm die druiwepit-ekstrak in sjampanje jou vel teen vry radikale. Die terapeut begin deur eers jou vel te reinig en af te skilfer voordat sy ’n verfrisser en ryk serum aanwend. Dan masseer sy jou vel liggies met twee egte pêrels, wat bloedsirku­lasie stimuleer vir ’n plompende uitwerking. Dit word afgesluit met ’n masker en strelende vogroom. Die behandelin­g is geskik vir alle veltipes en duur sowat ’n uur. My vel was ná die behandelin­g ferm, plomp en stralend. Dis pure bederf en perfek vir nét voor jou Valentynsa­fspraak.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa