Sarie

DÍS NOU LUUKS

-

Dié prettige en kleurryke beursie, wat geïnspiree­r is deur ’n historiese advertensi­e van 1921, is ’n huldeblyk aan Louis Vuitton se reis-erfenis. Die beursie (’n beperkte uitgawe, R11 300) se buitekant is van seildoek met hul bekende bruin Damier Ebènepatro­on en die binnekant is van rooi beesvellee­r. Een van die skoonheids­huis Dior se gewildste produkte, Dior Addict Lipstick (R615 elk), het ’n oormaakses­sie gehad: ’n jel-agtige bolaag is in die lipstiffie se kern “ingebou”. Elke keer dat jy dié slim formule oor jou lippe vee, word dit bedek met hierdie bolaag wat sorg vir ekstra vog en glans en ook help dat die kleur langer op jou lippe hou.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa