Sarie

’N SKINKBORD

-

WORD ’N MAGNEETAAN­STEEKBORD . . .

Ons het ’n ou metaal-skinkbord donkergrys gespuitver­f, maar jy kan dit natuurlik enige kleur spuit of net so hou. Gebruik klein magnete om uitnodigin­gs, lyste en afsprake op die skinkbord vas te sit. Die koperbeker (R199) en klein ronde kaasbord (R225) is van Woolworths, die langwerpig­e houtsnypla­nk regs daarvan (R149,99) is van Mr Price Home. Die snyplank voor links (R149) is van @home. Ander items is stilis s’n. Muurkleur is Auburn Falls 6 van Dulux.

. . . OF ’N KLEIN TAFELTJIE

’n Groot metaal-skinkbord is ideaal om ’n klein sytafel mee te maak. Ons het ’n verweerde tafeltjie se pote gebruik en die blad daarop vasgeplak met No More Nails-gom. Die groot metaal-skinkbord (R160) is van Game.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa