Sarie

Bewakers van die ou grotes

Ongemak, hitte, stof en gevaar ten spyt. Dié vroue het een doel voor oë: Om ons renosters van uitwissing te red. Bonné de Bod, -aanbieder, doen dit met ’n rolprent, en die Black Mambas voer die stryd letterlik in die veld

- DEUR LYDIA VAN DER MERWE

Volmaan.Vir die renosters en hul beskermlin­ge voorspel dit niks goeds nie. Want dis nou dat die vyand met blink gewere en hernude ywer uit hul skuilgate klim.

is saam met die Bonné de Bod polisiepat­rollie wat verskeie plase in die omgewing besoek. Skietgoed vir haar rolprent, STROOP, wat sonder tierlantyn­tjies na die renosters se uitwissing kyk.

Dit weens die mens se gulsige aptyt vir hul besonderse horing. Deur die eeue gesog vanweë die beweerde helende krag. Gekerf het dit die mooiste, deurskynen­de kleur.

Sy was die vorige aand maar bang, erken sy die volgende dag teenoor ’n boervrou op wie se plaas hulle ook was. “Hoe doen julle dit, hoe leef julle gedurig daarmee saam?”

Want sy het die plaas se renosters gesien. Rustig aan’t wei tussen die ander wild, maar met duidelike koeëlgate in hul majestueus­e lywe. Dit ruk jou, die wrede tekens van die oorlog teen hulle.

Dis toe dat die vrou Bonné in haar vertroue neem. Sy vrees die volmaan, hou die sekelmaan se groei angstig dop, vertel sy. Want in dié spesifieke omgewing is die meeste strooptogt­e tydens volmaan – en die boere slaap nie. Hulle sluit dan hul tienerdogt­er in die plaashuis toe. En sy, haar man en hul seun patrolleer die plaas, soek na stropers. Hul dogter smeek hulle moet tuisbly: “Mamma, gaan jy al weer met die vuurwapens ry?” En: “Is hulle hier, het hulle ingekom?” Oor of onderdeur die heining. Die radio praat, en almal help mekaar, en pasop vir dit, en maak hierdie paaie toe; dis hoe jy lewe.

“Ek kry hoendervel as ek daaraan dink. Hierdie vrou se lewe is vir altyd verander deur renosters, renosters en die volmaan.”

Einde Augustus verlede jaar, met nog vier maande van die jaar oor, het 749 renosters reeds met hul lewe geboet. Teenoor 2014 se 1 215. Die finale syfer vir 2015 word vandeesmaa­nd, in Februarie, bekend gemaak.

Ons kan nie bekostig om elke jaar soveel renosters te verloor nie, sê Bonné. Daarom die rolprent, haar bydrae tot die ou grotes se oorlewings­tryd.

‘ ’n Wêreld sonder renosters – nooit’

Dit was in die Krugerwild­tuin. Twee pragtige renosters, horings uitgekap. Die koppe eenkant langs mekaar, die forensiese span moes dit verwyder tydens die soektog na die koeëls. Ek het tussen die karkasse gehurk sodat dit op film vasgelê kon word. Kwaad. Hartseer. Allerhande vrae het by my gespook. Hoe kan ons dit toelaat? Hoe kan die mensdom so ongeloofli­k wreed wees?

Dis toe dat ek besluit het: Ek moet almal wys wat op grondvlak gebeur. Sonder sensors, in een dokumentêr­e film.

Ek is die afgelope sewe jaar ’n aanbieder op 50|50, omgewingsp­rogram op SABC3, en stories oor renosters het saam met die stropery begin toeneem. Ek het self insetsels vervaardig, maar dit was aan die kort kant. Dus het ek en filmmaker Susan Scott, my medevervaa­rdiger, besluit om ’n groter, meer volledige storie te vertel.

’n Tv-dokumentêr oor wildlewe klink dalk meer logies as ’n rolprent. Jy kan dan rustig in jou huis daarna kyk. Maar hierdie krisis, óns krisis, is soveel groter as dit. Ons wou nie die gewone roete volg nie, ons wou hê soveel mense moontlik moet dit kan sien. Dit beteken die grootskerm – in teaters, by buitelugge­leenthede, aanlyn op Facebook en Twitter, filmfeeste en ja, natuurlik ook televisie. Sodat niemand meer kan sê: Ek het nie geweet nie.

Ja, in Afrikaans (met Engelse byskrifte). Dit is my reis, my taal. Ek dink en bid daarin. Twee van die grootste vermeende sindikaat-leiers, Dawie Groenewald en Hugo Ras, is Afrikaans. (Die hofsaak is tans hangend.) Daar is ’n persepsie dat die Boere-mafia betrokke is. Ons moet dus kyk hoekom Afrikaners, kultureel lief vir die natuur en wildlewe, dit doen. Daar is reeds grepe vir promosiedo­eleindes uitgereik. Soveel mense het daarna gesê dit kan in geen ander taal as Afrikaans wees nie.

Vir die duur van die fliek se vervaardig­ing het ek en Susan by ons ma’s ingetrek. Susan het selfs haar eiendom verkoop. Dit was eintlik ons ma’s se idee. Sodat ons kan werk sonder om bekommerd te wees oor rekeninge en ander verantwoor­delikhede as jy jou eie plek het. Bykomend tot ons korporatie­we vennote [BKB en Voermol], maak ons ook staat op skarefinan­siering [ crowdfundi­ng]. Mense kan onder meer vooraf DVD’S of kaartjies na die première koop.

Vaal, vervelig? Ek glo persoonlik diere het unieke persoonlik­hede. En wil dit staaf aan die hand van twee renosters wat wrede aanvalle oorleef het.

Hope, ’n vierjarige witrenoste­rkoei, >

Hierdie vrou se lewe is vir altyd verander deur renosters

Bonné de Bod

< is deur stropers met ’n verdowings­middel ingespuit voordat haar horing brutaal verwyder is. Die meeste van haar gesig is weggekap en sy is agtergelaa­t om dood te bloei. Sy is dae later gevind, wonderbaar­lik nog lewend, hoewel gruwelik vermink. Ek was by tydens verskeie rekonstruk­tiewe operasies, en ek kan jou een ding sê, sy is ’n tawwe een! Moenie eers daaraan dink om naby haar te kom nie, sy hou nie van mense nie, en wie kan haar blameer? Ek het opgelet hoe sy ná ’n drie uur lange operasie bykom, haar oë oopmaak met ’n absolute wil om te oorleef. Maar ook vol wantroue en teleurstel­ling.

ithemba, ’n twaalfjari­ge dragtige witrenoste­rkoei, is saam met haar vyfjarige kalf geskiet. Toe hulle haar kry, was haar gesig ’n bebloede spul, maar sy het geleef. Sy is geopereer en ek het langs haar gesit – haar maag groot met haar ongebore kalf. Sy was die saggeaards­te renoster nog. Haar oë vol hartseer en pyn, fisiek, maar ek glo emosioneel ook. Die kalf wat sy gedra het, is ’n paar dae later doodgebore, weens stres. En ithemba ’n paar dae later. Ek was teen die grond.

Wanneer ek naby ’n renoster onder verdowing kom, vat ek saggies aan die vel, telkens vol verwonderi­ng. Hul dik vel, vol patrone, is een van hul merkwaardi­gste kenmerke. Dit word gevorm deur lae kollageen in ’n kruisen-dwars-struktuur en is op sommige plekke tot vyf sentimeter dik. Dis sag en strelend om aan te vat en nie so koeëlvas soos wat dit lyk nie. Dis eintlik baie sensitief en veral vatbaar

Hulle het hul swaar kennetjies op my lyf gesit

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa