Sarie

Bonné sê . . .

-

As jy iets doen, gee dit jou alles. Dis so waar dat jy hard vir sukses moet werk. Jy hoef nie ’n veldwagter met ’n geweer te wees om ’n verskil te maak nie. Ek ken mense wat tydens stropingsa­ke in die hof gaan sit, want hul teenwoordi­gheid

maak ’n verskil. Ons moet aanhou om die renosters se storie te vertel, totdat dit deel van die hoofstroom-kultuur word. Wie is deesdae nie

op sosiale media nie?

vir insekbyte en sonbrand.

Daar is baie oomblikke wat my geraak het, maar veral een staan uit. Dit was saam met vyf wesies tussen ses en twaalf maande in Kwazulu-natal. Die veldwagter­s het my gewaarsku om nie te naby te gaan nie, hulle kan aggressief raak. Ek het op die grond gehurk om my ding voor die kamera te doen. Hulle het stadig nader gestaan, so van agteraf teen my gedruk en uiteindeli­k hul swaar kennetjies op my lyf gesit. Hulle lyk klein, maar ek het gou uitgevind hulle is eintlik baie sterk! Hulle het aangehou daarmee – en ek het telkens omgeval. Soos wat hulle meer en meer geïrriteer­d geraak het omdat ek hulle ignoreer, het hulle hierdie kosbare geluide begin maak . . . byna soos ’n dolfyn s’n. Dit was spesiaal, maar ook hartseer. Dit het gevoel asof hulle wou hê ek moet aan hulle raak, dat hulle versorg wou word, hul ma wou hê. Sommige van hulle het gesien hoe hul ma voor hulle afgemaai en toe wreed uitmekaar gekap is, het self pangamerke op hul lyfies van die stropers wat hulle wou wegkeer.

Jy weet, ’n renosterko­ei en haar kalf het ’n besonderse diep band. Sy is 18 maande lank dragtig en wanneer die kalfie gebore word, is hy hulpeloos. Die twee is sowat twee jaar lank onafskeidb­aar. Sy paar nie weer voordat haar kalf nie self kan oorleef nie.

Die oplossing? Ek was so naïef toe ek sowat twee jaar gelede met die reis [as medevervaa­rdiger van die fliek] begin het. Ek het ’n antwoord gesoek – en uitgevind daar is nie net een nie. Verskeie benadering­s is nodig, want die krisis is kompleks met soveel lae. Renosterho­ring word gebruik vir van koors en kanker, tot juweliersw­are. Die lande van waar dit kom, soos Suid-afrika, is net so gekomplise­erd. Die staat hanteer dit op een manier en private eienaars op ’n ander. Baie groepe wil dit wettig, terwyl ander voel dit sal die stropery laat toeneem. En terwyl ons redekawel, verloor ons ons renosters. Ons moet ophou baklei en saam vorentoe beweeg, saam daarteen veg.

Elke keer dat ek hoor nog een is gestroop, voel ek kwaad, baie kwaad. ‘Hulle’ vat iets van ’n ieder en elk van ons af weg. Dis hoekom ek mense wil aanmoedig om standpunt in te neem, te weier om te aanvaar wat besig is om te gebeur. Ekself weier om ’n wêreld sonder renosters te aanvaar.” * STROOP word later vanjaar uitgereik. **Besoek bonnedebod.co.za; www.facebook.com/stroopdief­ilm

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa