SOLDATE VIR DIE NATUUR
Die Black Mambas, ’n teenstropingseenheid met net vroue, het wilddiefstal drasties laat daal by ’n reservaat in Limpopo. Soos Collet Ngobeni sê: ‘Alles is moontlik as jy toegewyd is’
Sywas in matriek die eerste keer in die bos. Olifante, leeus, buffels en nog wat gesien. het net daar op
Collet Ngobeni die natuur verlief geraak.
Dit terwyl sy naby Bushbuckridge, ’n hanetree van die Nasionale Krugerwildtuin, grootgeword het. Vandag trek die 30-jarige ma elke dag haar kamoefleer-uniform aan en lê kilometers te voet in die bos af – as trotse beskermengel van SA se renosters. Hardwerkend, passievol en baie betroubaar.
Voorheen werkloos, was sy in 2013 een van die eerste vier Black Mambas. Die giftige Mambas – ’n nuwe wapen in die teenrenosterstroper-arsenaal. Die 26 jong vroue is die oë en ore van Balule, ’n private wildreservaat en deel van die groter Krugerwildtuin. Hulle patrolleer die reservaat en beskerm nie net die kosbare renosters nie, maar ook leeus, wildehonde en ander spesies in stropersindikate se visier.
Die vroue kom almal uit plaaslike gemeenskappe rondom Hoedspruit in Limpopo. En is verlede jaar beloon met die Verenigde Nasies ( VN) se Aardetoekenning vir Inspirasie en Aksie, ’n top-omgewingstoekenning. Collet en nog ’n Mamba, Felicia Mogakane, het dit namens die eenheid by die VN se spitsberaad vir volhoubare ontwikkeling in New York ontvang. “’n Besige plek!” beskryf Collet haar Amerikaanse ervaring.
Dit was vir haar skokkend om die eerste keer ’n dooie renoster, minus die horing, te sien. “Ek het gedink aan Ntsako, my vierjarige dogtertjie. En hoe renosters dalk binnekort vir haar generasie verlore sal wees.”
Die Mambas is die geesteskind van Craig Spencer, ekoloog en hoofbewaarder van Balule. Hy het besef gemeenskappe buite die Krugerwildtuin moet betrek word. Want die stropers is nie net buitelanders nie, maar ook arm Suid-afrikaners. En dikwels die gesin se enigste broodwinner.
Die reservaat het dus werklose vroue met matriek gewerf en onder meer in spoorsny opgelei. Hulle is oor die reservaat se 40 000 hektaar ontplooi. Ongewapen – Balule se weergawe van sigbare polisiëring, soos die Britse bobby, sê Craig.
Die Mambas se hooftaak is om die heining te patrolleer, vertel Collet. Hulle luister vir voertuie, stemme of geweerskote. Kyk uit vir verdagte Ons moet as gemeenskap saamwerk om ’n einde aan
die stropery te maak. Mense moet hul kop en hart oopmaak. Dit gaan nie oor geld nie, maar ons kultuur,
ons toekoms. Wees lief vir jouself, ander mense – en maak ook jou arms vir die natuur oop.
rygoed en gate in die heining. Snags is die belangrikste tyd, die meeste stropers is dan bedrywig. Die Mambas gebruik soekligte om enigeen in die bos raak te sien. As hulle op ’n stroper afkom, hou hulle hul skaars en kontak die kamp se gewapende wagte.
Hulle is trots op hul rol as die renosters se beskermlinge. En steur hulle min aan mense wat reken die bos is nie ’n vrou se plek nie. Collet sê reguit: “Alles is moontlik as jy toegewyd is en lief vir jou werk. Ons groepie vroue het die regte houding, daarom is ons suksesvol.”
Craig beaam dit. Hulle is deeglik, probeer nooit vroeg op ’n skof loop nie, kla nie en is trots op wat hulle doen, reken hy.
Die Mambas besoek ook skole. “Ons leer die leerders hoe belangrik wildbewaring is. Anders word hulle dalk eendag self stropers. Hulle noem ons ‘soldate’,” sê Collet.
Sy reken die klaskamer kan dalk die renosters vir toekomstige generasies red. En verdien die ou grotes nie om te bly voortbestaan nie, nes alle ander wilde diere?
BRONNE
*Bykomende bronne: Netwerk24.com; theguardian.com **Besoek www.blackmambas.org, www.transfrontierafrica.co.uk