Sarie

GEE MY VLERKE’

‘MY HUISMAN Vyf jaar gelede was sy ’n enkelma van drie met ’n topbestuur­spos. Nou doen Mardia van der Walt-korsten haar droomwerk en sy is gelukkig getroud met die oud-sakeleier Chris Niehaus – wat die huishoudin­g met flair waarneem

- DEUR MARGUERITE VAN WYK

Mardiavan der Walt-korsten erken sy het soms gesukkel om al die balle in die lug te hou as enkelma wat drie seuns moes grootmaak. Sy was boonop uitvoerend­e hoof van die Duitse It-maatskappy T-systems Suid-afrika, R3 miljard sterk, met sy hoofkantoo­r in Frankfurt, Duitsland. Geen ligte taak nie.

Maar verlede jaar het die prentjie heeltemal anders gelyk. Dit alles omdat Chris Niehaus, voorheen uitvoerend­e hoof van die aandelemak­elaarsdien­stemaatska­ppy HSBC Securities (Asië) in Hongkong, haar lewe binnegesta­p het.

Deesdae kry Mardia koffie in die bed en het sy in Chris ’n liefdevoll­e klankbord met wie sy saans oor ’n glasie wyn oor beleggings en bankstate kan gesels – nadat hulle sý lekker tuisgekook­te kos geniet het. Hy verstaan die politieker­y en druk van ’n top-pos; sy het ’n maat met wie sy opera toe kan gaan, reis en droom en die pragtige kultuursta­d Bonn waar hulle woon, geniet. En oor die feestyd, saam rondwandel by een van die wonderlike “Weihnachts­markte”.

Op Kersdag sou die twee met hul uitgebreid­e families op Chris se plaas in die Waterberge kuier. Dit klink na pure fees, met ’n watertands­pyskaart: vonkelwyn, salm, vars slaaie en vrugte, foie gras uit Frankryk, ’n gerookte varkboud, gestopte hoenders, springbokb­oud, koekstruif … noem maar op. Perfek vir die saamkuier met geliefdes. ’n Volmaakte lewe? Mardia gee toe dat hul storie ’n “grootmens-sprokie” is.

“Hoewel ek nog my lewe deur geseënd voel en die beste probeer maak met alles wat ek het. En ek hou van uitdagings.”

Een van haar grootste uitdagings tot dusver is haar nuwe pos as senior visepresid­ent van die telekommun­ikasiereus Deutsche Telekom Europa. Sy erken dit sou vir seker nie sonder Chris gewerk het nie.

“Deesdae is Chris net huisman, en dié rol vervul hy met dieselfde geesdrif en deeglikhei­d as al sy beroepe tot nou,” vertel die blondine met die helderblou oë. Sy is duidelik dolverlief én ingenome met haar “sensitiewe alpha male’’ (tot einde 2014 nog hoof van die SA Jagters-en Wildbewari­ngsverenig­ing) wat die kleinste goedjies doen en haar hart roer.

Sy glo hulle moet saam wees, hoewel sy nie tradisione­el gelowig is nie. Maar hul bymekaarko­m is byna vir haar ’n soort moderne “wonderwerk’’. Sy vertel: “Voor ons troue het ek en hy na La Traviata, sy gunsteling-opera, in Covent Garden in Londen gaan kyk. Die Italiaanse libretti, in Engels vertaal, is hoog in die lug op skerms gewys. In die slottoneel het die sopraan met haar donker kop effe soos sy oorlede vrou gelyk, en in ’n stadium het dit gelyk of sy na ons kyk. ‘ Wanneer ek doodgaan, moet jy met iemand baie spesiaal trou,’ flits toe oor die skerm. Ons het na mekaar gekyk en soos babas gehuil. ’n Magiese oomblik.”

Hulle is einde November 2014 voor die landdros getroud in Duitsland, waarheen hulle in Januarie verlede jaar met haar twee seuns, Christiaan (11) en Nicholas (15), verhuis het. Alexander (19) is ’n student aan die Universite­it Stellenbos­ch.

Die twee het eers op 1 Augustus verlede jaar feestelik bruilof gehou voor ’n honderd familie en vriende by ’n glansgelee­ntheid in Hazyview, Mpumalanga. Mardia het gesprankel in haar Vesselina Pentcheva-skepping.

Die aanloop tot hul groot dag klink soos ’n rolprent.

Ná haar egskeiding het dit sowat drie jaar geduur voor die emosionele “gat” verdwyn het, maar Mardia het dit reggekry om nuwe hoop te vind en die lewe interessan­t en lekker vir haar kinders te maak.

“Ek het in ’n stadium gedink dit sal ideaal wees as ek iemand op Donderdaga­ande en naweke kon date wanneer die kinders by hul pa was.’’ Haar jongste het altyd ’n man vir haar probeer soek, maar ná vyftig gemeen sy is nou darem te oud.

En toe, in Januarie 2014, kry sy ’n oproep van ’n vriendin. “Ons dink ons het die man vir jou.’’ Die ou aan wie hulle haar wou voorstel, het vooraf vir haar ’n SMS gestuur en gevra of hy voor die ete ’n halfuur alleen met haar kon praat om die ergste ongemaklik­heid uit die weg te ruim. Wat meer is, sy het vooraf vasgestel dat sy dié man se oorlede vrou drie jaar tevore ontmoet het. “Sy het my selfs na hul huis uitgenooi, maar Chris was toe nie tuis nie.’’ Toeval? “Chris het later vir my gesê hy het op die eerste afspraak geweet ek’s dié een.’’

Toe hy haar voor die tyd google, het die web gewemel met inligting. In 2008 het sy die toekenning­s as Nedbank Sakevrou van die Jaar, asook die IT Web ICT Persoonlik­heid verwerf, en in 2009 ook die SITA ICT Legendetoe­kenning vir haar bydrae tot ICTontwikk­eling.

Toe sy Chris ontmoet, het sy gedink: “Hier kom ’n ding.” Die eerste paar weke daarna kon sy nie slaap nie. Hy kon oor alles praat, was belese en berese. Sy onthou: “Ek het met die eerste ontmoeting gesê ek wil The Wolf of Wall Street gaan sien. Hy wou glad nie. Maar daarna het hy gesê hy sal my graag uitnooi en dié fliek gaan kyk. Ek het daarvan gehou dat hy sterk standpunt ingeneem het, maar tog bereid was om ’n kompromis te tref.”

Die dag ná die ete het sy oorsee gevlieg vir onderhande­lings oor haar huidige pos. Chris het haar lughawe toe geneem (dit was sy enigste kans om haar gou weer te sien!) en gevra hoekom sy so graag dié werk wou doen. Toe sy in Frankfurt land, was daar ’n SMS waarin hy gesê het hy sou haar nie keer om Duitsland toe te gaan nie, maar hy sou saamkom. “Ek was verstom.”

Met haar terugkeer was hy op die

< lughawe met ’n pragtige ruiker blomme.

“Ek was benoud dat hy verveeld sou wees om huisman te wees. Dit was jare sedert hy kinders in die huis gehad het. Maar sy aanpasbaar­heid is verstommen­d. Chris, wat al afgetree was, met ’n gemaklike lewe, het die nuwe uitdaging naatloos hanteer.”

Hy kook soos ’n droom en soggens om ses, wanneer hulle ’n uur lank in ’n park naby die huis gaan stap, spin die eerste bondel wasgoed al. “Ek kan nie ’n yster aanskakel nie, maar hy het ’n strykplank gekoop wat omtrent kan ‘opstyg’. Inkopies doen en skottelgoe­d was bring hom ook nie van stryk nie. Hy doen alles so goed moontlik …”

Twee keer ’n week help ’n Putzfrau (skoonmaker) hom met die swaarder huistake soos vloere skrop en vensters was.

Natuurlik was daar aanpassing­sprobleme. “Soms soek Chris na iets doodgewoon­s soos broodkrumm­els waarin hy varktjops wil rol. Selfs Google kan nie altyd help met ’n Duitse woord nie. En onthou, hy is soos die meeste mans, taakgerig. Dit frustreer hom. Maar algaande raak almal wys.”

Christiaan het swaargekry met nog ’n man in die huis. Hy het nog tot voor Chris se koms saam met haar in die bed geslaap. “Maar nou kom die twee goed oor die weg. Nicholas is ’n tiener . . . Maar Chris help hom in Duits met sy wiskunde.”

Mardia gloei. “Hy word nie deur my sukses bedreig nie. Hoe beter ek doen, hoe meer ingenome is hy met my. Hy hou daarvan dat ek sterk is. Ek waardeer dit so dat hy voor ons troue vir my gesê het hy gaan die beste man wat hy kán vir my probeer wees.”

Hy is so bedagsaam. “Ek reis baie. Soms ry ek met die trein terug na Bonn. Dit is veilig, hoegenaamd nie nodig dat hy my kom haal nie. Maar dan sien ek hom daar op die stasie, gereed om my te help met my tas en terug te bestuur huis toe.’’

Mardia glo ook die truuk in die lewe is om mense spesiaal te laat voel. Dán gebeur die magic. Ook in die werkplek.

Toe Alexander tien was, het hy vir haar gevra: “Mamma, hoe kan hulle jou die baas van ’n computer- maatskappy maak? Jy weet niks van computers nie?” Toe antwoord sy hom: “Maar ek weet baie van mense.’’

Sy glo deel van haar suksesrese­p (by die werk, in haar huwelik en vriendskap­pe) is dat sy mense spesiaal kan laat voel en daarin glo dat hulle hul doelwitte kan bereik. “Ek is dankbaar dat mense voel hulle wil ’n pad saam met my stap omdat ek hulle laat groei. Werkers gee méér vir my omdat ek in hulle glo en na hulle luister.” Om dié einste rede het T-systems ’n magenta roos na haar vernoem. “’n Mens se doel op aarde is tog om vir mense lig en hoop te gee.’’

Hoewel sy soveel toekenning­s agter haar naam kan skryf, is sy die trotsste op haar seuns en die hoop wat sy hulle gegee het ná die egskeiding. “Hulle is nie volmaak nie en miskien gaan hulle eendag issues hê en by ’n shrink beland. Bes moontlik omdat ek té veel gewerk en hulle te min gesien het, maar ten minste weet ek hulle is onafhankli­k, sterk, interessan­t en blootgeste­l aan die wêreld.”

Chris glo weer jy moet altyd glo aan die liefde, geluk en aanpasbaar­heid: “Niks is onmoontlik ná vyftig nie. Jy moet net in die toekoms leef en jou kop moet ‘oop’ wees. As jy gelukkig genoeg soos ek is om die herinnerin­g van ’n fantasties­e verhouding met ’n vorige huweliksma­at te hê, is dit makliker om weer dieselfde na te streef. Maar uiteindeli­k speel geluk ook ’n baie groot rol. Soos ons ontmoeting. Die kanse is ook groter dat albei finansieel selfstandi­g is, en dit maak alles makliker.’’

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa