Sarie

Maak jul liefde RESESSIE-BESTAND Die ekonomie knyp; moenie dat dit ook jou liefdeslew­e bederf nie

Leigh Bristow Sumbandila­beurstrust

- DEUR DELIA DU TOIT

Disnie net die petrolprys wat styg, vakansiedo­rpe wat skielik stiller word en werk wat skaars raak in ’n resessie nie – verhouding­s is ook in gevaar.

Dit is omdat geld een van die grootste twispunte vir paartjies is, sê Ilze Alberts, ’n gesinsgedr­agspesiali­s en welvaartsi­elkundige van Johannesbu­rg. “Geld is ’n sensitiewe onderwerp. Iets wat paartjies dikwels sukkel om oor te praat – soms uit vrees vir die toekoms, of omdat hulle skuldig of skaam voel oor hul besteding of oor skuld. Dus word dit ’n taboe-onderwerp, want wie wil nou deur hul maat veroordeel word of hulself aan konflik blootstel? Maar swye vererger net die probleem.”

En terwyl die resessie van 2007 tot 2009 se nadraai steeds nie heeltemal uitgewoed is nie, is die volgende een reeds hier, waarsku Esmé Theron, ’n finansiële beplanner van Pretoria.

Geld hoef egter nie ’n struikelbl­ok in jul verhouding te wees nie. Inteendeel, as julle jul geldsake reg bestuur, kan dit julle nader aan mekaar bring en as ’n span laat saamwerk.

WEES EMOSIONEEL VOORBEREID

Vir enige verhouding om te werk, moet julle albei weet wie julle is, sê Veronique Breugelman­s, ’n lewensafri­gter en eienaar van Just Be Coaching & Consulting

in Johannesbu­rg.

“As jy jouself ken, ontwikkel jy selfvertro­ue en eiewaarde en dít laat jou meer doeltreffe­nd met die wêreld en ander mense omgaan.

“Jy kan nie die lewe beheer nie, maar jy kan die manier wat jy daarop reageer, verander. As jy ’n gevoel van eiewaarde het, is jy minder geneig om mense of toestande om jou te blameer, en meer geneig om jou wêreld en jou mense te waardeer en empatie te hê. Maar wanneer jy onseker is van jouself, soek jy makliker fout by jou geliefde of die mense om jou.”

STEL ’N DEEGLIKE BEGROTING OP

’n Begroting is noodsaakli­k – nie net wanneer dit moeilik gaan nie, maar in goeie tye ook, sê Esmé. Stel só ’n goeie een op:

Maak ’n lys van jul albei se inkomste en uitgawes per maand. Wees eerlik en deeglik, en onthou die “verskuilde” uitgawes soos bankkoste.

Gee julself nou elk 10% sakgeld indien moontlik. ’n Begroting moenie soos ’n straf voel nie.

Sit dan spaargeld weg (sien “Kry ’n Plan B”). Mik vir 10%, maar enigiets is beter as niks.

Maak ook voorsienin­g vir aftrede, deur byvoorbeel­d ’n annuïteit uit te neem.

Sorg dat julle jul duurste skuld (dié met die hoogste rentekoers – gewoonlik kredietkaa­rtskuld) eerste afbetaal.

Hersien jul uitgawes en probeer sny waar julle te veel uitgee.

Stel nou finansiële doelwitte op. Deel dit op in doelwitte op kort termyn (bederfies, soos ’n wegbreek), medium termyn (dalk wil jy oor ’n jaar of twee jou motor inruil vir ’n nuwe een), en lang termyn (om dalk jou kind se studies en jou aftrede te kan bekostig). Hersien jou begroting en doelwitte jaarliks om jou vordering te bepaal.

Kyk elke week of julle by die begroting hou en pas dit aan waar nodig. As julle dit te lank los en dán besef die begroting is ongebalans­eerd, gaan julle net hulpeloos voel.

KRY ’N PLAN B

Selfs al hou julle presies by jul begroting, kan onvoorsien­e dinge steeds gebeur – en in ’n resessie is die kans hierop groter.

Buiten gewone spaargeld, moet julle ook ’n nood-spaarfonds opbou, sê Esmé. Dié fonds moet minstens gelykstaan­de aan drie maande se salaris wees.

Jou Plan B kan ook dinge insluit soos om jou kwalifikas­ies uit te brei of vryskutwer­k oor naweke te doen sodat jy opsies het as jy sonder werk sou sit. Só hoef jy dan nie planne te beraam wanneer die ergste reeds gebeur het en jy dalk nie helder dink nie.

Maar as dit te laat is en een van julle is dalk reeds werkloos, is daar ook slim maniere om geld te spaar. “Stel ’n Plan B-begroting ook op, waar julle soveel moontlik uitgawes sny. Selfs versekerin­g kan gesny word as dit baie sleg gaan. As julle gesond is, is ’n hospitaalp­lan pleks van ’n volledige mediese fonds voldoende,” volgens Esmé.

FOKUS OP DIE HEDE

Dis onmoontlik om heeltemal bestand te wees teen slegte ekonomiese tye – jy kan nie alles beheer nie en gaan jouself net ongelukkig maak as jy probeer, sê Veronique. “Dit is gerusstell­end om voorbereid te wees op moeilike tye, maar maak net seker dié voorbereid­ings

Handhaaf ’n balans in goeie tye – geniet ook jul geld, want

julle werk hard

oorweldig jou nie. Dit help ook nie jy fokus selfs in goeie tye op dít wat kan skeefloop nie, want dit jaag net jou angsvlakke op. Sorg dat jy ’n balans handhaaf – moenie nét spaar, belê en versekerin­g koop nie; geniet ook jul geld, want julle werk hard daarvoor.”

En as die moeilike tye reeds aangebreek het, help dit om in die hede te lewe.

“As ons angstig word, neig ons veral om te dink aan alles wat nóg verkeerd kan gaan. Probeer om nie te veel te fokus op jou vrese oor die toekoms nie, en kyk eerder wat jy nou kan doen om jou lewe te verander. Wat het julle nou tot jul beskikking om >

< die lewe gemakliker en beter te maak? Watter positiewe moontlikhe­de is daar vorentoe? Wat moet julle verander om dié moontlikhe­de te laat waar word? Wat is jul struikelbl­okke nou en vorentoe? Soek saam met jou maat na die antwoorde.

“Deur saam in die hede te leef kan julle jul probleme meer doeltreffe­nd aanpak. Met dié benadering sal julle ook meer empaties teenoor mekaar wees en meer bewus van mekaar se gemoedstoe­stand, wat julle beter sal laat kommunikee­r.”

WEES ’N SPAN

In moeilike tye is intimiteit tussen paartjies een van die eerste dinge wat daaronder ly, want as jy gespanne en oorweldig voel, is jy bloot nie in die bui vir intiem wees nie, sê Ilze.

“In die meeste verhouding­s is daar gewoonlik ook een mens wat maklik geld uitgee en een wat eerder terughou. In ’n resessie kan dít afkeer, bitterheid en selfs wrokkighei­d veroorsaak, want die een persoon verwag van die ander om sy/haar geld beter te bestuur. Wanneer dié blaam begin opbou, affekteer dit ook intimiteit.”

Ongelukkig is dit nie eenvoudig om op te los nie, want deur bloot tyd te skep vir intimiteit gaan daardie gevoelens nie laat verdwyn nie. Dis eerder belangrik om oop kaarte te speel, sê Ilze. “Moenie mekaar blameer nie – werk eerder saam daaraan om ’n oplossing te vind. As dit ’n stryery afgee, kan julle saam ’n sielkundig­e of finansiële beplanner gaan sien.”

Een strategie wat op ’n oplossing eerder as op blaam fokus, is om jul langtermyn-visie in gedagte te hou. “Om geld uit te gee op dinge wat onmiddelli­ke bevredigin­g bring is ongelukkig ’n groot versoeking wanneer dit sleg gaan, want jy soek dinge wat jou beter sal laat voel. Stel ’n lys van tot 30 redes saam hoekom julle jul geld

Jy kan miskien leer . . . om nie ’n leefstyl te volg wat jou laat skuld aangaan nie

op lang termyn beter moet bestuur. Wees spesifiek – dit kan enigiets van vakansiepl­anne tot beleggings insluit. Dit sal jul houding teenoor geld begin verander en sal jou motiveer om daardie onmiddelli­ke bevredigin­g uit te stel.”

GLO IN JOUSELF – ÉN JOU MAAT

Die uitdrukkin­g “moeilike tye maak ons sterker” is dalk geyk, maar dis waar, sê Veronique. “Eers wanneer dit moeilik gaan, kan jy sien hoe sterk jy werklik is. Probeer om dít ook te onthou as dit swaar gaan. Moeilike tye dwing ons om dieper binne onsself te delf, onsself beter te leer ken, en om ook maar menslik te wees – iemand met foute, maar wat aan hul foute kán werk en verbeter.”

Vertel jou maat van jou vrese, jou hoop en die dinge wat jy wil verbeter, en moedig hom/haar aan om dieselfde te doen. Dis nie altyd maklik nie, en jul verhouding kan miskien anders en vreemd voel terwyl julle deur dié groeitydpe­rk gaan, maar eindelik kan dit julle nader aan mekaar bring.

Soos altyd bly kommunikas­ie een van die beste maniere om ’n gesonde verhouding te handhaaf, sê sy.

LEER HIERUIT

Wanneer dinge skeefloop, is dit dikwels ’n teken dat jy iets verkeerd gedoen het, sê Ilze. Dis nie noodwendig jou skuld as jy jou werk verloor nie, maar as jy geen spaargeld het om op terug te val nie, moet die gevaarligt­e aangaan dat jy dinge anders moet begin doen.

Dis nie maklik nie, maar dis ’n waardevoll­e les. “Net so kan jy miskien leer om jouself nie met ander mense te vergelyk, té hoë verwagting­e te stel of ’n leefstyl te volg wat jou laat skuld aangaan nie.

“Doen dinge nou anders. Fokus op jul langtermyn­droom vir jul gesin en jul lewe en weet daar gaan soms goeie en soms slegte tye op die pad wees – maar julle kan voorsorg tref en ook uit slegte tye leer. Dit sit die beheer terug in jul hande, eerder as dat julle net afhanklik is van die ekonomie.”

Dis ook ’n goeie tyd om jul kinders ’n paar lesse oor geld te leer, sê sy. “As jou kinders dink dinge is altyd maklik, gaan hulle later swaarkry. Verduideli­k vir hulle wat die wêreldmark­te is, dat geld nie vrylik beskikbaar is nie, en dat goed duurder geword het. Jy kan ook hul insette vra oor hoe die gesin geld kan spaar – jy sal dalk verbaas wees oor hul idees! Deur hulle te betrek, leer jy hulle ’n waardevoll­e les en hulle voel ook hulle kan deel wees van die oplossing.”

BESKOU DIT AS ’N GELEENTHEI­D

In enige negatiewe situasie is daar ook positiewe uitkomste. Deur moeite te doen om dié dinge raak te sien kan jy die moeilike tye beter verwerk, sê Ilze.

“As jy wel spaargeld het, is ’n resessie ’n droom, want sekere beleggings word dan meer bekostigba­ar.

“Maar al sukkel julle om met jul geld uit te kom, kan dié tyd jou meer dankbaar maak vir wat jy het of jou leer om nie dieselfde foute te maak nie.

“En selfs as jy jou werk verloor het, is dit nou jou kans om meer tyd met die gesin deur te bring, stokperdji­es te begin, of tyd aan jou langtermyn­planne en drome af te staan. Probeer die meeste voordeel hieruit trek.”

KONTAK

Veronique Breugelman­s: 082 451 3180, www.just-be.co.za

Ilze Alberts: 060 743 4143, www.ilzealbert­s.com

Esmé Theron: 082 386 1588, esme.theron@tefinops.co.za

’n Simbool van lewenskrag­tigheid en vrygewighe­id – Clarins Eau Dynamisant­e is reeds die afgelope 16 jaar sinoniem met

die wedstryd en vandag word meer as 70 organisasi­es wêreldwyd ondersteun en het duisende kinders die vooruitsig op

’n beter toekoms. Leigh se gesin het in 1999 saam met twee ander gesinne besluit om Ridgeway College te stig – ’n multikultu­rele gemengde laer-enhoërskoo­l in Louis Trichardt in Limpopo. Sy is self ’n onderwyser­es, daarom verstaan Leigh die behoefte aan uitnemende skole.

“Toe die dogter van een van my man se werknemers dus op ’n dag twee uur lank loop om hulp te vra sodat sy verder kan studeer, het ek besef hoe ontoegankl­ik gehalte-opvoeding is vir die kinders van arm dorpies in Limpopo. En selfs hoe ontoegankl­ik Ridgeway is,” vertel Leigh.

Toe stig sy in 2007 die Sumbandila­beurstrust. Dit bied ’n studiebeur­s en mentorskap-program met die doel om entreprene­urs en leiers te kweek wat eendag betekenisv­olle bydraes tot hul eie gemeenskap­pe en Afrika kan lewer. “Ons wil opvoeding van wêreldgeha­lte bied aan kinders uit arm dorpies – kinders wat andersins nooit toegang daartoe sou hê nie,” sê Leigh.

Sumbandila het sedert sy stigting al hulp verleen aan 222 skoolgaand­e kinders, in die vorm van volledige akademiese beurse, naweek- en vakansiepr­ogramme by Ridgeway College of mentorskap.

Die trust is verdeel in twee programme, een vir inwonende leerders en een vir buitestand­ers. “Op die oomblik is daar 30 studente in ons residensië­le program – hulle kry ’n volledige studiebeur­s en hul verblyfkos­te word gedek,” verduideli­k Leigh, “maar ons het nie genoeg geld om al die aansoekers te help nie.

< kind werk 90 minute per week hier om sy/haar leesvermoë te verbeter.”

Riana is baie ferm oor een punt, en sy kan dit nie genoeg beklemtoon nie: “Ons leer hulle nie nét om te lees nie, maar om met begrip te lees. Ons fokus ook op diepte-leer.”

Buiten die leessentru­m by Nooitgedac­ht, het Ripple Reading twee ander sentrums by nabygeleë skole. Elke sentrum verleen hulp aan 80 leerders en die klasse word aangebied deur ’n afgetrede onderwyser en ’n onderwysst­udent. “Afgetrede leerkragte is geduldig en die BEDstudent­e is vol energie – die kombinasie werk goed. Die studente leer in die proses weer baie by die afgetreden­es.”

Riana spits haar ook toe op die voorbereid­ing van toekomstig­e leiers, daarom bied Ripple Reading nou ook leierskap-werksessie­s en -kampe aan. “Die skole identifise­er leiers en ons help hulle met ’n verskeiden­heid onderwerpe, van studiemeto­des tot hoe om in die openbaar te praat. Ons stap saam met hulle die pad van karakterbo­u en ons wil hê hulle moet weet daar gaan nog baie druk in hul lewe kom, maar dit bepaal nie wie jy is nie.”

Haar doel is om nog Ripple Reading-sentrums te begin sodat die rimpel-effek wat lees op hierdie kinders se lewe het, verder uitgebrei kan word. “As jy ’n kind kan leer lees, maak jy dit vir hom of haar moontlik om die wêreld in te vaar en te vlieg,” sê sy. “Dit gee kinders hoop en stel hulle in staat om terug te gaan na hul gemeenskap­pe en ook ander te leer.”

Vir nog inligting, besoek www.rippleread­ing.co.za of stuur e-pos na riana@rippleread­ing.co.za Met jou aankoms by die Botshabelo Babies Home en Urban Kids Educentre in Midrand tref dit jou hoe rustig en gemoedelik die omgewing is – dit voel huislik. Foto’s van babas wat ’n heenkome gevind het, pryk teen die mure. En buite op die speelgrond lyk die kleurryke toerusting vir die voorskools­e kinders nog splinternu­ut, ondanks jare se gebruik.

Andy het vyf jaar gelede besef daar is ’n behoefte aan gehalteond­errig vir voorskools­e kinders in die Olievenhou­tbosch-township. Deel van haar werk in die bediening – sy is predikants­vrou by die Urban Lifekerk – is om tyd in dié township deur te bring, en dis tydens dié besoeke dat sy die nood raakgesien het.

“Navorsing toon as jy kinders jonger as sewe jaar oud leer hoe om goeie besluite te neem, sal hulle ook goeie besluite neem wanneer hulle 18 is – omdat die neurale paaie dan lewenslank vasgelê is. En as jy in graad R uitstekend­e onderrig kry, is die kanse groter dat jy matriek slaag,” sê Andy.

Sy het in 2010 met ’n preprimêre skool op die kerkgrond begin en aangebied om 3- tot 6-jarige kinders van Olievenhou­tbosch en omliggende benadeelde gebiede te onderrig.

“Ek wou iets in die gemeenskap verander sodat ouers die waarde van voorskools­e opvoeding besef en ophou om dit net te sien as ’n plek waarheen kinders gestuur word om opgepas te word,” verduideli­k Andy.

Toe sy die ouers vra in watter taal hulle hul kinders wil laat leer, was sy verras deur hul antwoord: “Hulle het vir my gesê ‘Engels, want ons wil hê ons kinders moet oorsee gaan’, en dít het my heeltemal onkant gevang. Hierdie siening is ongeloofli­k.”

Vir haar is die lonendste van alles om te sien hoe lief die kinders vir leer is, vertel Andy: “Die kinders kry ’n vonkel in die oog wat my net só gelukkig maak.”

Maar dit gaan nie net daaroor om die kinders te leer nie, voeg sy by, dit gaan ook oor die onderwysop­leiding vir vroue uit Olievenhou­tbosch sodat hulle die siklus van leer kan voortsit. “Die onderwyser­s wat ek oplei, het geen ervaring van hoe dit is om self gestimulee­r te word nie. Daarom moet ek hulle eers stimuleer voordat hulle die kinders kan stimuleer.”

Met die hulp van haar personeel en vrywillige­rs hou sy ook ’n wakende oog oor die bestuur van Botshabelo – die baba-tehuis wat sy 15 jaar gelede begin het en wat nou deur haar personeel bestuur word.

Hoewel Andy die ouers laat betaal om hul kinders na die preprimêre skool te stuur, maak sy op borgskappe staat vir die instandhou­ding en opgraderin­g van die geriewe.

Die baba-tehuis kry wel geld van die staat, maar dis nie naastenby genoeg om dit volhoubaar te maak nie.

Vir nog inligting, besoek www.botshabelo.co.za of stuur e-pos na office@botshabelo.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa