Sarie

ONS KINDERS

HULLE HELP Die talle inspireren­de inskrywing­s van SA vroue wat omgee, het dit moeilik gemaak om nét drie finaliste te kies. Maar hier is ons Clarins/ SARIE Most Dynamic Woman of the Yearfinali­ste!

- DEUR CHELSEA JOHNSTONE

Suid-Afrika is ryk aan omgeevroue wat passievol werk aan ’n beter lewe vir ons land se minder bevoorregt­e kinders. Dié vroue kry jy oral, in stede en in die diep platteland. Almal van ons ken iemand wat haar lewe daaraan wy om ’n verskil te maak sodat ons jeug ’n beter vandag en ’n blinker toekoms kan hê.

Verlede jaar het ons lesers weer gevra om so ’n spesiale vrou te benoem vir ons Clarins/sarie Most Dynamic Woman of the Year-toekenning. Daar was volop verhale van hoop, vrygewighe­id en toewyding. Hier is die drie finaliste wat volgens ons die gees van dié toekenning in hul projekte die beste weerspieël.

“Tot nou toe het ons 169 buitestand­ers gehad. Dit is leerders wat nie vir ons residensië­le program gekeur is nie, maar wat wel die eindronde van die keuringspr­oses gehaal het. Ons ondersteun hulle steeds en help hulle om by ander skole in die omgewing in te skryf. Hulle het oor naweke en tydens skoolvakan­sies toegang tot ons geriewe,” voeg sy by.

Selfs nadat hulle, inwonende leerders sowel as buitestand­ers, matriek geskryf het, maak Leigh seker dat Sumbandila voortgaan om hulle te help. “Ons doen alles in ons vermoë om vir hulle plek te kry by universite­ite en om vir hulle beurse te reël sodat hulle hul ideale kan bereik,” sê sy, “en ons mentor hulle steeds. Danksy die nodige finansieri­ng kon ons selfs ’n huis in Pretoria koop vir ons oudleerder­s wat daar studeer.”

“Sumbandila” is Venda vir “wys my die weg” – en vir Leigh is dit presies wat sy probeer doen. “Ons sê altyd dieselfde as Imtiaz Sooliman van Gift of the Givers, ‘Dis deur ons, nie van ons nie’. Hierdie kinders is in elk geval ongeloofli­k – ons het hulle maar net ’n hupstootji­e gegee.”

Leigh se mikpunt is om vir meer studente beurse te gee en om die geriewe by Ridgeway College te verbeter. “Ons het nie veel nie, maar ons doen beslis baie met ’n bietjie.”

Vir nog inligting, besoek www.sumbandila.org of stuur e-pos na lbristow@mweb.co.za Op ’n somerdag, tussen die jakarandab­loeisels en die vrolike getjirp van voëls deur, sit en lees kinders in hul leestuin by die Laerskool Nooitgedac­ht in Lanseria, Johannesbu­rg. Dís waar die hoofsentru­m van Ripple Reading is.

In 2009, nadat sy begin skoolhou het by Nooitgedac­ht, ’n skool vir meestal minder bevoorregt­e leerders, was Riana geskok toe sy agterkom dat die kinders in haar klas ’n reusagtige akademiese probleem het. “Ek het vir graadsewes klas gegee, en ek kon nie glo dat hulle nie kan lees nie. Sonder dié vaardighei­d, het ek geweet, was daar geen hoop vir hulle nie,” vertel sy.

Maar Riana, ’n selferkend­e raakvatter, het besluit sy gaan ’n oplossing vind vir dié probleem wat oor haar pad gekom het. “Daar was ’n klein, leë gebou op die skoolgrond, en ek het die hoof gevra of ons dit kan gebruik om die kinders te toets en te leer. Hy het goedgunsti­glik toestemmin­g gegee en dit is nou ons leessentru­m. Ons gaan haal kinders uit hul klas, bring hulle hierheen en elke >

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa