Sarie

SAAM 55 KG LIGTER!

Baie van ons ken die ongemaklik­e, onwelkome gevoel van ekstra rolle. Marciel Hopkins, ’n skrywer en musikant deel hul geheime om dit af te skud

- DEUR MARGUERITE VAN WYK

koonheid kom van binne, word ons kleintyd geleer. Maar dit help darem as jy goed lyk ook.

“Die meeste van ons ken die grondbegin­sels van gewigsverl­ies, maar wat van die emosionele, minder tasbare dinge wat ons keer om kilogramme af te skud? Kan jy jouself vergewe dat jy so oorgewig was – en die ekstra rolle wat jou al so lank definieer, laat gaan? Glo jy werklik jy verdien die langtermyn-voordele van ’n toegewyde eet- en oefenplan?” vra Sara Bilbe, ’n voedingste­rapeut van Kaapstad.

“Onthou, wat jy eet, beïnvloed hoe jy voel. En dít speel weer ’n rol in wat jy kies om te eet. Die enigste manier om gesond gewig te verloor, is om te leer om deurlopend die regte koskeuses te maak – wat ook die stryd tussen jou en jou liggaam kan stopsit,” sê sy.

Sy meen gewigsverl­ies is meer volhoubaar as jy die kilogramme stadig afskud. “’n Gemiddeld van 1 kg per maand is wenslik. As jy dus 10 kg wil verloor, probeer dit binne 10 maande doen.”

As jy tog besluit op ’n meer drastiese dieetplan waar sekere kosse aanvanklik verbode is, voeg dié kos geleidelik, of nadat jy jou teikengewi­g bereik het, weer by jou eetplan. “Dit is belangrik om te verstaan watter voedingsto­wwe deel is van ’n gebalansee­rde dieet sodat jy jou liggaam sterk en gesond kan hou,” verduideli­k Sara.

Drie suksesvoll­e verslanker­s deel húl geheime met SARIE.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa