Sarie

‘As jy meer wil eet, moet jy meer oefen’ SKRYWER FRANÇOIS BLOEMHOF

-

“Ek is bly ek het nie ’n lawwe of gevaarlike dieet gevolg wat my liggaam in ’n paniektoes­tand gedwing het nie. Ek glo géén kos is uit die bose nie.”

François Bloemhof, wat einde verlede jaar die sosiale satire Liefde, moord en Facebook (Penguin Books South Africa, R100) asook die roman Vir Altyd ( Jasmyn, R200) – gebaseer op die draaiboek van Donnalee Roberts en Ivan Botha se gelyknamig­e fliek – die lig laat sien het, kan weer al sy ou klere dra. “Nou dink mense ek het ’n klomp nuwes gekoop.”

Hy het van Augustus tot Oktober verlede jaar 18 kg afgeskud.

“Ek het al ’n paar keer in my lewe die bevlieging gekry om gewig te verloor. Ek besef ook ’n man wat effens oorgewig is, word makliker oorgesien as ronde vroue, wat veel strenger beoordeel word.”

Maar hy het besluit dit is nou genoeg. Hy oefen al die afgelope twee dekades op Maandae, Woensdae en Donderdae ’n uur lank in die gimnasium. Dinsdae, Vrydae en Saterdae het hy ’n halfuur buite gedraf. “Maar ek is lief vir sjokolade, skyfies, Coke en alles wat lekker is. En ek verstaan dus dat kilogramme aangepak het. Toe reken ek vir al die moeite wat ek doen om te oefen, ondermyn ek myself met die gepeusel. Elkeen van ons het ’n beeld van hoe ons behoort te lyk. En aangesien ek nogal fiks was, het dit my lank gehinder dat ek nie daardie beeld kon bereik nie.”

Sy geheim? “Ek het my eie kop gevolg en dit sal in stryd wees met

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa