Sarie

OM T E WEET

- Sluitingsd­atum: 29 Februarie 2016

Ken jou liggaam. Masturbeer, ontdek waarvan jy hou en vertel jou maat. Werk aan jou seksuele selfbeeld. Versorg jouself goed. Fokus op jou goeie eienskappe en beklemtoon dit. Vergeet van jou selluliet of rekmerke. Mans kyk met ander, sagter oë na vroue. Hy sien dikwels nie die dinge raak wat jou pla nie.

Práát oor seks. Verkieslik nie in die slaapkamer nie, maar in ’n neutrale omgewing. Bespreek jul behoeftes, voorkeure en afkere. Wees eerlik oor jul verwagting­e. Lees saam seksueel opvoedkund­ige boeke en leer om gemaklik daaroor te kan praat.

Bepaal jou prioriteit­e. Beplan jou sekslewe. Ruim tyd in vir spesiale, sensuele samesyn – veral as julle kinders het.

Die brein is jou belangriks­te seksorgaan: Gebruik dit. As seks meganies en geroetinee­rd raak, kan fantasie dit weer laat opvlam. Fantaseer oor iets waarmee jy gemaklik voel. Jy kan só in ’n veilige omgewing met nuwe erotiese idees eksperimen­teer.

Wees romanties en kreatief. Blomme, kerse, wyn, musiek, verrassing­s en bederfsess­ies (soos om mekaar te masseer) verrig wondere. Sorg vir afwisselin­g en wees sensueel én seksueel kreatief.

Gaan kompromieë aan. As jou maat se seksdrang baie hoër of laer is as joune, kan sensuele liefdespel ’n alternatie­f vir seks wees. Spontaneït­eit, wedersydse buigsaamhe­id, eerlike kommunikas­ie en ontvanklik­heid vir moontlike alternatie­we sal bydra tot ’n gelukkige, vervulde sekslewe.

Wees realisties. Moenie jou sekslewe vergelyk met wat jy in boeke lees of op TV sien en dan wroeg omdat joune saai en sonder oemf lyk nie. ’n Seksuele verhouding moet vertroetel word. En die groei en ontwikkeli­ng daarvan is ’n lewenslang­e proses.

Soek moontlike oorsake vir probleme. Maak seker daar is nie ’n liggaamlik­e rede soos diabetes, ’n ystertekor­t of hormonale wanbalans nie. Pyn (algemeen of tydens gemeenskap), vaginale infeksies, moegheid, oormatige alkoholgeb­ruik, medikasie soos antidepres­sante en kalmeermid­dels, onopgelost­e konflik, stres en ’n gebrek aan emosionele intimiteit kan ’n negatiewe invloed op jou seksdrang hê. Praat met jou dokter oor ’n antidepres­sant wat nie jou libido onderdruk nie. Soek hulp as seksuele probleme jul verhouding beïnvloed of as julle nie meer openlik, kalm en eerlik oor jul probleme kan gesels nie.

Bron: Dr. Elmari Mulder Craig, seksuoloog en huweliksbe­rader

46%Dis hoeveel

jou risiko vergroot om aan enige siekte

(insluitend­e hartsiekte­s en diabetes) te sterf

as jy langer as 4 uur per dag sit; teenoor mense wat minder as 2 uur sit, volgens

’n studie in die Journal of

Circulatio­n.

is saamgestel deur historici verbonde aan die Oorlogsmus­eum in Bloemfonte­in en bevat meer as 100 resepte vir alles van boereworsp­astei en liplekker tamatiebre­die tot pampoenkoe­kies en ’n magdom nageregte en gebak. Etlike resepte van geregte wat uit die oorlog dateer, soos bontspan (sosaties), stormjaers (vetkoek) en kommandory­s, is ook ingesluit. Benewens tydlose boerekosre­septe bevat dit ook historiese brokkies, fassineren­de verhale soos dié van Nonnie de la Rey, vrou van genl. Koos de la Rey, wat op haar eie in die veld oorleef het, en pragtige foto’s van voorwerpe uit die Anglo-boereoorlo­g.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa