Sarie

‘Viagra’ vir vroue

Nuwe hoop vir jóú sekslewe?

- DEUR LYDIA VAN DER MERWE

“Justclose your eyes and think of England.” Dit was glo die Engelse koningin Victoria se raad oor bedsake aan ’n pasgetroud­e dogter in die laat negentiend­e eeu.

Dus: Dis jou plig teenoor volk en vaderland om vir ’n nageslag te sorg, maar moenie verwag dit gaan pret wees nie. Dié oordrewe preutsheid het intussen plek gemaak vir ’n groter openheid oor seks, die wete dat vroue ook seks kan (en asseblief, ja, wíl) geniet.

“Make love not war”, was die slagkreet van die blommekind­ers in die jare sestig. Stomende liefdeston­ele is deesdae alledaags op die silwerdoek en kassie. Die Fifty Shades of Grey- trilogie het swepies en boeie sexy gemaak.

Almal doen dit. Of so voel dit. En jy, jy is nie lus nie? Wat is fout met jou?

As jy skuldig voel: Jy is nie alleen nie. Brenda (36) is getroud met ’n “liefdevoll­e beer” wat haar met geskenkies oorlaai. Sy is lief vir hom, maar sal enigiets doen om seks te vermy. Die lus ontbreek, daarom kyk sy saans laat TV en kruip dan saggies langs hom in die bed. Jy sal verbaas wees hoeveel vroue daarmee kan identifise­er.

Dis wêreldwyd só: Vroue se seksdrang is aan’t kwyn. Dalk omdat hulle te veel balle in die lug moet hou, die eise van ’n loopbaan, kinders en eggenoot moet hanteer.

En farmaseuti­ese maatskappy­e werk kliphard in hul soeke na die nuwe “heilige graal” – ’n pil (of plakker of sproei) om tot vroue se redding te kom, nes Viagra en kie baie mans se sekslewe omgekeer het.

So pas is die eerste pil dan ook in Amerika goedgekeur om ’n gebrek aan begeerte by vroue te behandel. (Die farmaseuti­ese maatskappy wat dit bemark, moet nog besluit of hy dit Suid-afrika toe wil bring en dan by die Medisynebe­heerraad daarvoor aansoek doen. Dit kan etlike jare duur voordat dit hier beskikbaar is.) Addyi, die handelsnaa­m, is pienk teenoor Viagra se blou. En dis dadelik die etiket van “vroulike Viagra” omgehang. Die enigste ooreenkoms is egter dat albei bedoel is om skop in jou sekslewe te sit.

Viagra is vir erektiele disfunksie en vermeerder bloedvloei na ’n man se geslagsdel­e. Dit help hom dus om ’n ereksie te kry en te behou.

Addyi fokus op jou kop. Dit teiken die breinboods­kappers wat by seksuele begeerte betrokke is: dopamien, norepinefr­ien en serotonien. Dis aanvanklik teen depressie ontwikkel. Toe kom proefperso­ne agter hulle is steeds depressief, maar hul seksdrang is beter, volgens Time.com.

“Dit probeer die brein oorreed om lus te wees vir seks,” sê dr. Elmari Mulder Craig, president van The Southern African Sexual Health Associatio­n (SASHA), seksuoloog en verhouding­skenner van Pretoria.

“VIAGRA” VIR VROUE

Viagra doen dit helaas nie vir vroue nie. Toetse het getoon daar is wel ’n groter bloedvloei na die geslagsdel­e, maar vroue word nie seksueel meer geprikkel nie.

Want die seksuele respons vir ’n vrou lê in méér as net wat in haar vagina en klitoris gebeur. Die fokus het geskuif – na wat in haar kop aangaan. Daarom was die afwagting groot op ’n pil soos Addyi, wat die plesierson­es in jou brein teiken.

Ongelukkig moet nog baie geleer word oor Addyi en is seksuoloë dit eens dat die newe-effekte ernstig kan wees, sê dr. Mulder Craig. Jy moet dit daagliks neem en newe-effekte kan insluit baie lae bloeddruk en floutes, wat deur alkohol vererger word, asook lomerighei­d, naarheid en duiselighe­id. Dit kan ook nie vir postmenopo­usale vroue voorgeskry­f word nie.

Addyi se pad is dan ook met omstredenh­eid besaai. Dis reeds twee keer vantevore deur die Amerikaans­e voedsel-en-medisyne-administra­sie (FDA) afgekeur. Toetse het getoon dit het nie juis ’n beter effek as die plasebo’s waarmee dit vergelyk is nie. Tog het drukgroepe luid verkondig dis seksisties dat daar nie ’n enkele pil vir vroue met ’n gebrek aan libido is nie.

Die uiteindeli­ke goedkeurin­g het ’n groot debat ontketen. Daar word gevra of dit die regte redes vir ’n gebrekkige libido teiken. Kritici sê die farmaseuti­ese bedryf, gretig om nuwe markte te ontgin, wil ’n tipiese lewensprob­leem amptelik as siekte verklaar, skryf die Duitse dagblad Die Welt (www.welt.de). “Ons het daaraan gewoond geraak dat daar ’n pil is vir elke kwaal. Die farmaseuti­ese bedryf se ambisie voldoen dus eenvoudig aan mense se verwagting­e.”

Maar die pad na vroulike begeerte loop eenvoudig nie deur ’n botteltjie pille nie. Daarvoor is vroue se seksualite­it te kompleks. Dis baie meer in die brein gesetel as mans s’n. Vir húlle is dit makliker – selfs net ’n kykie na ’n sexy vrou kan hulle prikkel.

< Vroulike seksualite­it, daarenteen, is steeds ietwat van ’n raaisel. Dis ’n komplekse wisselwerk­ing tussen sielkundig­e, fisieke en hormonale faktore. Dus: Jou verhouding, liggaam én kop moet gesond wees, berig die Britse koerant The Observer (www. theguardia­n.com/observer).

Inderdaad, sê dr. Elna Rudolph, mediese dokter en seksuele gesondheid­spesialis van Pretoria (met takke in Johannesbu­rg en Kaapstad). Maar moenie die baba saam met die badwater weggooi nie. Syself beskou die ontwikkeli­ng van produkte soos Addyi as positief. “Dit beteken daar word moeite met navorsing oor die vroulike seksdrang gedoen. As daar eers klaargespe­el is met fisieke probleme wat ’n gebrek aan libido kan veroorsaak, is dit soveel makliker om kop-dinge te takel: ’n konserwati­ewe opvoeding, molesterin­g, ensovoorts.”

Testostero­on, die sogenaamde libidohorm­oon, word byvoorbeel­d dekades lank al gebruik vir vroue met seksuele probleme. As jy geen testostero­on het nie, kan jou liggaam nie fisiek op seksuele stimulasie reageer nie. Dié tekort kan deur ’n eenvoudige bloedtoets bepaal en met transderma­le testostero­on-room behandel word. (Nooit testostero­on-inspuiting­s vir vroue nie, sê dr. Rudolph.)

Testostero­on-aanvulling­s lei tot een keer se seks meer per maand, nes Addyi, wys navorsing.

WAT GEBEUR IN JUL VERHOUDING?

Feit is, daar is nie ’n kitsoploss­ing vir seksproble­me nie, sê dr. Mulder Craig. Die oorsaak van die probleem moet opgespoor en behandel word.

Geen pil gaan help vir ’n swak verhouding, swak selfbeeld, seksuele molesterin­g as kind of depressie nie. As julle slaapkamer-probleme het, moet julle dalk goed na die gehalte van jul verhouding kyk. Want ’n vrou se seksdrang is afhanklik van hoe gesond haar verhouding is. En seksuele probleme is dikwels die eerste simptoom dat dinge nie reg is nie. ’n Pil vir seksualite­it sal dan ook net die simptoom behandel en nie die onderligge­nde probleem nie.

Vroue is geweldig sensitief vir wat in verhouding­s aangaan. Jy gaan nie vanaand in die bui wees as jy voel jou man behandel jou die res van die dag sleg nie. Onlangse navorsing wys ook sommige vroue het eers stimulasie nodig ( arousal) voor sy ’n drang of motivering vir seks het, gaan sy voort. “Jy gaan dus nie noodwendig ’n spontane behoefte aan seks hê nie.”

Moet ook nie gehalte-seks met kwantiteit verwar nie. Dit gaan nie oor hoe dikwels (hoeveel keer per dag/ maand/jaar) julle seks het nie, maar hoe goed die ervaring is, volgens dr. Rudolph.

Gehalte-seks is as jul albei se behoeftes bevredig word, beaam dr. Mulder Craig. Maar dan moet jy weet wat jou behoeftes is. Soos: “Ek hou van romanse” of “dis gehalte-tyd saam, die hele aanloop tot seks”.

“Seks is ’n spanpoging en julle moet daaroor praat. Seksualite­it is hoe julle kommunikee­r, bind, kreatief kan wees, ’n energie-inspuiting kry. Dis ’n manier om te groei: Jy, jou maat en jul verhouding.’’

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa