Sarie

INSPIRASIE

ONS

- 69

Gesig van die maand Kknk-kollig: Milan Murray MODE Klassiek! Leerskool SKOONHEID Tydloos oor die eeue Nuus nou Veel meer as velsorg Nuut Dís nou luuks WOON Idees, talent, ontwerp Ons hou van KOS Local alte lekker! Ons hou van

70 76

80 85 86 88 90

92 98

100 108

Jou naam in blink!

Fyn kettings met jou naam in fyndruk is nou die ding om te dra. Dié Poppy-halssnoere

met die sirkel-hanger in silwer, roosgoud-verguld en geelgoud-verguld is deur SA

se Kirsten Goss ontwerp.

Ek staan weer in ’n winkel en voel die afkeurende blikke in my rug brand. Ek hoor die messteek-opmerkings, hard genoeg om die kol te tref. My hart sink terwyl ek die magstryd tussen my en my kind aanknoop, wat ek weet ek gaan verloor, want “outisme” dikteer dat normale reëls nie vir ons huisgesin geld nie.

Ek kyk in die diepblou ogies en sien die liefde en lag wat ek weet agter die “eie wil” skuil. Ek weet hierdie is net ’n terugbring-aarde-toe-oomblik wat my herinner dat die monster (en wonder) deel van ons is.

Dit is ons paadjie wat uitgekap is in stene waarop niemand anders sal loop nie. Ons vreugdes lê nie in die alledaagse nie, maar in oorwinning­s oor die alledaagse. Ons hartseer lê nie in die bekende nie, maar in die onbekende. Al wens ek soms daar was boeke wat rigting aandui, weet ek die ontdekking­sreis maak dit net ons soektog. Ons skryf ons eie padkaart en ontdek ons eie skatte.

Ek kyk weg van die deurborend­e oë en weet ek is ryker met jou in my lewe en hulle armer omdat hulle nie wíl verstaan nie.

PETRO KLEINGELD, TROMPSBURG

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa