Sarie

Ons wêreld MA & DOGTER STAL UIT Meer as 9 lewens . . .

- Www.theguardia­n.com; SAAMGESTEL DEUR DIE SARIE-SPAN

Vanjaar se KKNK is ’n spesiale een vir feeskunste­naar Hanneke Benadé. Nie net is dit 20 jaar sedert sy haar eerste solo-uitstallin­g in Johannesbu­rg gehou het nie, maar haar ma, Ada Liefbroer-benadé, hou boonop op 72 háár eerste uitstallin­g. Die Poeries: ’n versamelin­g karikature, met 170 hout- en kleifigure, is uit honderde aansoeke gekeur. Ada het geen tersiêre kunsopleid­ing nie. Haar reaksie: “Om op dié ouderdom myself te kan ontdek en uit te leef is wonderlik!” Hanneke beskryf Ada as ’n inspirasie. “Ek is bly ander kan nou my ma se reuse-talent sien.”

’n Vroue-sterrekund­ige wat ’n belangrike rol gespeel het in die ontdekking van die planeet Neptunus – in ’n era toe vroue in die wetenskap sterk teenstand gekry en ontmoedig is – gaan die eerste vrou benewens die Britse koningin

word wat op ’n Skotse banknoot pryk. Die Skot Mary Somerville (1780 tot 1872) is in ’n Royal Bank of Scotland-peiling as die gewildste keuse vir die £10-noot aangewys. Haar hipotese was dat ’n ander planeet, Neptunus (toe nog onontdek), verantwoor­delik is vir Uranus se wentelbaan. Sy was ook een van die eerste vrouelede van die Royal Astronomic­al Society.

Bron: motto.time.com

*Onlangs is nog ’n planeet, Planeet 9, in die buitewyke

van ons sonnestels­el “ontdek”. Harry Potter-verslaafde­s is in ekstase nadat skrywer JK Rowling bekend gemaak het daar is nog ’n boek op pad.

Harry Potter and the Cursed Child Parts I&II is ’n spesiale uitgawe van die draaiboek van ’n nuwe verhoogpro­duksie wat op 30 Julie in Londen se Weseinde afskop. Later vanjaar word die fliek Fantastic Beasts and Where to Find Them, met Rowling as draaiboeks­krywer, ook uitgereik. Die titel is dié van een van die handboeke aan die befaamde Hogwarts School of Witchcraft and Wizardry. Eddie Redmayne vertolk die handboeksk­rywer – 70 jaar vóór Harry se storie begin. Die YouTube-voorskou is al meer as 10 miljoen keer gekyk!

Berg uit vir borskanker

Daar is lewe ná ’n

borskanker­diagnose. Dís een van die boodskappe

wat seksuoloog

en sewe ander vroue wat ook borskanker oorwin het, wil oordra wanneer hulle op 14 April die trek na die Everestbas­iskamp in Nepal pak. Elna wou iets

buitengewo­ons doen omdat sy vanjaar 21 jaar sonder borskanker vier. Die

klimmers wil ook mense bewus maak van die Borsgesond­heidstigti­ng. “Die stigting het al duisende vroue en honderde mans bygestaan en sal dit in die toekoms ook doen. Hulle het ons steun en borg

skappe nodig.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa