Sarie

Ons is lief vir mekaar nes ons is, en nie een verwag van die ander om by mekaar aan te pas nie

- Jozua

y sê sy sien die wêreld anders; deur haar hart. Sy sê sy wil oud word saam

* (SABC3) wys op

Donderdag 7 April om 19:30 Jozua en Rolanda se

troue

die vriende wat nie daar kon wees nie sodat ek dit weer kan dra. Miskien sal ek dit selfs verkort en aantrek vir ons eerste huwelikshe­rdenking.”

Rolanda lyk vir haar soos ’n filmster uit ou Hollywood, sê Suzaan, en dít was haar inspirasie. “Haar rok moes klassiek maar sensueel wees, soos sy. Ons het op ’n pragtige chantillyk­ant besluit en dit om haar drapeer en met die hand gesny, dat dit soos vlokkies van die rok hang. Dit was ’n ontspanne voorkoms, maar ook glansryk.”

Suzaan het ook die vlootblou rokke van die strooimeis­ies, Rolanda se suster, Rentia, en die aktrises Nadia Valvekens en Chan Marti, gemaak, elkeen in ’n ander styl volgens hul eie voorkeur.

Jozua se pak was van ivoorkleur­ige ru-sy – met ’n donkerblou hemp, sonder sokkies. Nie hy of Rolanda het geweet wat die ander gaan aantrek nie, maar al het hulle uiteenlope­nde style, het hulle perfek bymekaar gepas. “Ek hou van ’n vintage, romantiese styl, en Joz se styl is nogal eklekties. Maar ek dink ons het baie elegant gelyk – nie ons of enigiets by die troue was uitspattig nie.”

Jozua se trouklere is boonop net voor hul eerste dans deurdrenk – nogal deur sy eie broer, Daniel. “Sy wraak kom al ’n lang pad!” spot Jozua. “By sy troue het ek en die ander strooijonk­ers hom met watergewer­e gespuit net voor hy sy toespraak moes maak, en toe moes hy my terugkry. Gelukkig het hulle seker gemaak Rolanda staan nie langs my nie, maar sy moes steeds met ’n sopnat man dans. Dit klink vreeslik, maar dit was in goeie gees en ek het dit eintlik geniet – almal het lekker gelag.”

Die hele aand het in ligte luim verloop – hoe dan anders, met iemand soos akteur Neels van Jaarsveld as seremoniem­eester. “Ons het so lekker vir hom gelag. Die aand was die perfekte balans van sentiment en vrolikheid. Nes iemand ’n toespraak uit die hart gemaak het, het Neels direk daarna grappender­wys hul toespraak opgesom en vertel wat hý nou daaruit geleer het,” sê Rolanda.

Die bruid, bruidegom en hul 100 gaste het dit so geniet dat die partytjie tot ná sesuur die volgende oggend aangehou het. Die gastelys klink soos ’n wie’s-wie van die Tv-wêreld: Lika Berning, Christiaan Olwagen, Martelize Kolver, Jana Cilliers, Albert Pretorius, Jacques Bessenger en Deon Opperman is maar net ’n paar van die bekende name. “Die meeste gaste het al die Vrydagaand oorgeslaap, so teen die tyd dat die troue plaasgevin­d het, het almal mekaar geken. Dit was ’n lekker partytjie. Ek het op ’n punt nadat van die mense al gaan slaap het, bekommerd geraak oor hoe hard die musiek is. Dan >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa