Ek is nogal ’n sentimentele mens, baie familievas, en ek hou van ou goed wat ’n storie vertel
< het ek dit skelm probeer sagter stel, maar elke keer het iemand dit weer harder gedraai!” sê Rolanda.
Haar beste herinnering van die dag bly toe sy voor die kansel gestaan het. “My broer, James, het my weggegee en my pa, Fanie, was ons predikant. Hy het mooi gepraat, oor hoe daar talle definisies van die liefde is, maar dat ons ons eie betekenis daarvoor moet vind. Ek het in ’n stadium omgekyk na die see van gesigte, en gesien hoe my sussie se kind Emma (2) op die Persiese tapyt waarop ons gestaan het, lê en speel met die roosblare wat daar gestrooi was. Dit was ’n perfekte oomblik, ’n volle sirkel,” sê sy, en haar oë blink sommer.
Dis juis omdat hulle hul eie definisie van ’n verhouding geskep het dat dit so goed werk, glo Jozua. “Ek kan aan niks ergers dink as om in ’n verhouding te wees waar jy jouself en jou lewe vir iemand moet verander nie. Ons is lief vir mekaar nes ons is, en nie een verwag van die ander om by mekaar aan te pas nie. Daar is ook geen van daai gewone reëls, soos dat iemand ’n sekere tyd tuis moet wees of op ’n spesifieke aand skottelgoed moet was nie.”
Rolanda stem saam. “Ons lewens het nie roetine nie, en dit werk vir ons. Ons máák tyd vir mekaar deur geleenthede van alledaagse dinge te maak, soos om soggens saam koffie te drink. Ons sit ons selfone weg en geniet mekaar se geselskap. Verlede jaar het ons mekaar altesame ses maande nie gesien nie omdat ons gereeld weggaan vir werk, daarom waardeer ons die tyd wat ons saam het net meer.”
Die wittebrood was in Istanbul, Turkye – en hulle het ’n volle week in mekaar se geselskap gehad. “My voete is nou nog seer!” sê Rolanda. “Ons het die stad platgeloop – basaars, museums, galerye. Dit was so wonderlik om al daardie ondervindings te deel.”
Hulle maak ook tyd om elke jaar ’n road trip Kaap toe aan te pak vanaf hul huis in Westdene, Johannesburg. “Ons het op die stel van die fliek Wolwedans in die skemer gekliek en ná verfilming het ek saamgegaan op ’n road trip Kaap toe wat Jozua en van sy vriende gereël het. Daar het ons begin uitgaan, dus het dit vir ons spesiale herinneringe.”
Hy het haar ook op só ’n vakansie gevra om te trou, op ’n koppie buite Hanover in die Noord-kaap. “Ons het gaan stap en skielik was hy op sy knieë, net toe die son begin sak het. Ek het eers gedink hy soek iets op die grond, en toe sien ek die ring!”
Jozua het sy ma, Salomé, se trouring (sy ouers is geskei) laat herontwerp as verloofring. Die goue pand is oopgesny sodat ’n tweede pand, die trouring, daarby kon inpas om soos een ring te lyk. Saam is daar drie smaragde. “Hy ken my so goed, ek is mal oor die ring. Ek is nogal ’n sentimentele mens, baie familievas, en ek hou van ou goed wat ’n storie vertel.”
“Dis iets wat ek van Rolanda waardeer,” sê Jozua. “Sy sien die wêreld anders, sy’s kreatief en kunstig, en sy kyk na dinge deur haar hart.”
Hulle vul mekaar goed aan, sê Rolanda. “Joz is ’n ekstrovert en ek ’n introvert, maar hy het geleer om die stilte te waardeer
hoe hou ’n mens ’n rugbybal vas?
“Hûh? Wat bedoel jy? So?” Stian Bam steek sy arms uit en hou sy hande bak. Lag dan oopmond.
“Nee man, ek was ’n horrible speler op skool. Ek was so blerrie lui – ek was ’n baie vet kind.”
Dis moeilik om te glo as jy nou na die 38-jarige akteur kyk. Lank en lenig en breedgeskouer sit hy daar in sy verweerde grys T-hemp, met ’n paar bruingebrande, harige kuite wat onder die kakie kortbroek uitsteek. ’n Seunsagtige devil-may-carehouding. Maar daar is skadu’s onder die donker oë.
Stian speel Willem Morkel, die hoofrol in Sean Else se jongste fliek, Modder en bloed, wat dié maand begin draai.
“Willem is ’n Boerekryger en Kaapse rebel wat alles tydens die Anglo-boere- om ’n seun tereg te stel gryp Willem in met ’n unieke uitdaging: Wen ons in ’n rugbywedstryd, of spaar die kind se lewe. Daar was net een probleem . . . Die meeste van die toiingrige, uitgehongerde groepie moes nog die spel leer speel.
Het dit jou frustreer om as 24jarige in ’n eerstejaarsklas te sit?
Glad nie. Ek was juis oor my ouderdom baie gefokus. Ek het hard gewerk in die drie jaar by die Universiteit Stellenbosch se dramadepartement. Ek was ook baie bevoorreg om klas te loop onder ervare hande in die bedryf soos Susanne Beyers, Antoinette Kellerman en Marthinus Basson. Maar universiteit . . . ja, ek weet daar is ’n plek daarvoor, maar jy het mense soos Susanne, Antoinette en Marthinus nodig; mense wat in die bedryf staan, wat dit hééltyd doen, wat wéét waaroor dit gaan, wat déúr daai leerskool is . . . Boekkennis is fantasties, ja. Maar daar is kennis in ervaring wat nie in boeke staan nie, maar uit die monde kom van ou leermeesters. Enigiemand kan biblioteek toe gaan, boeke uitneem, dit lees en ’n opinie vorm. Want dit is maar basies wat jy doen as jy vir ’n rol voorberei. You do a lot of back history. Jy lees wat jy kan, jy doen álles wat jy kan om by ’n punt te kom waar jy ’n goed gebalanseerde performance kan probeer gee.
En waar leer jy? Jy leer by ander spelers, by ander regisseurs. Jy leer deur self te speel en foute te maak.
Jy gee nou ook al so twee jaar of wat self klas?
Ek help soms uit by die universiteit en het in 2013/2014 spel gedoseer vir die eerstejaars en gedigte en monoloë vir die tweedejaars. Dis vir my baie lekker, maar ook moeilik. Jy leer weer basiese goed. Dit forseer jou om ’n “taal” aan te leer waarmee jy moet kommunikeer. Die heeltyd oplossings te vind. En uiteraard neem jy self iets daaruit.
My goeie vriend, die kunstenaar Henk Serfontein, help my vreeslik as ek sukkel met my skilderwerk. As iets nie wil werk op ’n doek nie, kan niemand vir jou sê watter kleure om te meng om dit “reg” te maak nie. Jy moet dit self probeer oplos. Henk maak voorstelle, en lei my om só die oplossing self te vind.
By vanjaar se KKNK speel jy ’n “komplekse, aweregse” karakter in Pa, ’n vertaling van die jong Fransman Florian Zeller se aangrypende stuk oor ’n pa met Alzheimersiekte . . .
Dis ’n stuk waarmee baie mense hulle gaan vereenselwig. Die gehoor beleef die wêreld vir die grootste deel van die drama deur die oë van die hoofkarakter [Chris van Niekerk]. Hulle is aanvanklik sélf verward wanneer die verhoog geleidelik al hoe leër word. Maar my karakter, die skoonseun Pierre, is nie baie simpatiek teenoor die situasie nie. Hy verwerp dit as oumanspeletjies. Dis ’n veelvlakkige karakter om te speel. Ek geniet dit. Ek geniet dit eintlik om enigiets te speel, selfs om net in ’n hoek te staan . . .
Jy’t jou eerste prys*, die Fleur du Cap in 2006 as beste opkomende student, gebruik om vir die eerste keer self jou Uno te laat diens. Dink jy ’n akteur kan ’n bestaan maak in ons land? Acting is ’n craft . . . Daar is, volgens my, ’n wanbegrip
dat dit ’n kunsvorm is
Stian
[*Vir sy spel in In glas is Stian vanjaar bekroon met die Fiësta vir beste akteur. Hy het sedert 2006 ook al twee Kannas gewen – in 2007 en 2008 – as beste akteur, ’n Ramkat-toekenning as beste manlike kunstenaar by die Innibos-fees in 2008, en ’n Fiësta as beste byspeler in 2013.] Ek was baie bevoorreg gewees verlede jaar. Einde 2014 het ek geskiet aan Regardt van den Bergh se Uitvlucht, waar ek teenoor sy vrou, Clara Joubert, speel in ’n storie oor twee mense wat genees word deur ’n klein skooltjie. Daar was die KKNK, Modder en bloed en Craig Gardner se Bosoorlog-fliek, My Father’s War, waarin ek ’n pa en oudsoldaat is wat probeer uitreik na sy seun. Hierdie jaar word al drie flieks uitgereik. So ek bevind myself in ’n baie bevoorregte posisie.
Maar tog is daar die werklikheid dat jy maande sonder inkomste sit. Dis ’n moeilike beroep en oorlewing bly ’n daaglikse stryd. En omdat jy nie heeltyd werk nie, loop jy die gevaar dat jou ambag daaronder ly. Acting is ’n craft en soos enige ander ambag moet jy konstant daaraan werk om dit te verbeter. Daar is, volgens my, ’n wanbegrip dat dit ’n kunsvorm is. Dat ons besig is met hoër kuns. Jou strewe moet wees om die ambag so te slyp dat jy dalk eendag met genoeg kennis en tegniek ’n kunswerk van waarde kan lewer. Ek is beslis nog nie daar nie.
Jy en Truda, ’n vennoot in Lady Peculiar, haar eie juweliersonderneming op Stellenbosch, is vanjaar al sewe jaar getroud. Julle het ’n seuntjie van byna vier en het onlangs ook ’n babadogtertjie, Sofia, ryker geword. Wat het jou onherroeplik laat besef jy’s nou pa?
Daardie oomblik toe ek klein Jannes teen my kaal bors kon vasdruk. Hy was só klein. Hy’t so in my een hand gepas. Ek het my hemp uitgetrek en hom baie lank so vasgehou, teen my bors, selfs nog voordat sy ma kon. Ek wou dit doen, want hy was myne. Daardie verantwoordelikheid verander ’n mens.