Sarie

’n rondomtali­e-jaar vir Desiré Gardner

Anders is al hoe jy dié aktrise se lewe nou kan beskryf. Daar’s ’n nuwe Kaapse sepie, ’n nuwe blyplek en binnekort ’n nuwe baba. Ook nuwe platinumbl­onde hare wat haar soveel ligter laat voel. Als byna te goed om te glo

- DEUR LYDIA VAN DER MERWE FOTO WILLEM LOURENS STILERING FANIE CRONJÉ & MAGDEL MULLER

y hou nie van veranderin­g nie . . . Hou nié van veranderin­g nie.

Desiré Gardner sê dit soos ’n mantra. Want 2016 is haar rondomtali­e-jaar. Veranderin­g het haar drievoudig getref.

Daar was haar en haar gesin se verhuising Kaap toe. Sy het Daleen, haar karakter die afgelope sewe jaar in Binnelande­rs, se verpleegst­ersuniform vir altyd uitgetrek. Wanneer dié artikel verskyn, het Desiré reeds by Suidooster, die nuwe Kaapse sepie, ingeval. ’n Gepaste woord, want die flambojant­e Carmen (op Afrikaans uitgespree­k) met haar bottelblon­de hare à la Marilyn Monroe gaan sekerlik die poppe op die kassie laat dans.

Die nuwe haarkleur is die een veranderin­g wat Desiré met ’n glimlag omhels. “Bruin hare pas by Daleen, maar ek voel soveel ligter en lyk vir myself beter as ’n blonde.”

Halfnege in die oggend sit sy stemmig met ’n groot pot rooibostee. Geen koppie boeretroos die volgende paar maande vir haar nie. Want die laaste, grootste nuutjie: Sy is meer as 12 weke swanger. Klein “Peanut”, soos haar (of sy) nuwe gesin haar (hom) eers noem, maak op 23 Julie haar (sy) opwagting. Hom of haar – vir Desiré maak dit nie regtig saak nie. >

< Ons ontmoet by Odds, ’n restaurant op Philadelph­ia, die knus-gesellige dorpie 40 km buite Kaapstad. Tussen koringland en wingerd lê die plekkie geborge. Hier is die kafee-eienaar sommer posmeester ook. Ook nie te ver van Kaapstad se gerieflike hartklop nie.

Dis waar Desiré en Chris, haar man, ’n nuwe holte vir hul voet gevind het. Liza, Odds se eienares/kok, se botterbroo­djies kom warm uit die oond, die koppies fyntjies-mooi. Op die agtergrond gaan die musiek op ’n wêreldreis, maar die uitsig deur die venster is landelik. ’n Vlei, skooltjie, paar bont werkershui­sies en selfs ’n stukkie kerkhof – die hele verloop van die lewe in een blik.

Neffens Desiré en haar pot rooibostee lê ’n notaboekie met noukeurige, netjiese aanwysings na die plekke wat daaglikse roetine gaan word. Van Philadelph­ia na Melkbos, waar die driejarige James op skool is. Graad 000 of so iets, sê sy. Van Melkbos na die ateljee in Montague Gardens waar Suidooster geskiet word.

Die jongste van vyf, sien jy steeds die babbelbekk­ie wat sy sekerlik kleintyd was. Want met Desiré aan die woord, maak jy jou veiligheid­sgordel stywer vas en hoop jy verdwaal nie op die miljoen afdraaipaa­djies tussen vraag en antwoord nie. Die reis is mos belangrike­r as die bestemming.

Sy hou nie van veranderin­g nie. Het sy dit al gesê? Dis soos sy grootgemaa­k is, plat op die aarde, ’n realis. Nooit impulsief nie. “Ek sal nie alleen kan reis nie. Nuwe goed is scary, selfs om in die Gautrein te ry. As ek dit een keer saam met iemand gedoen het, kom dit in my boekie en dan, ja, is ek reg daarvoor.” Chris is die avontuurli­ke een. Het haar al selfs eenkeer sover gekry om muurklim ( saam met hom te doen. Lekker gewees ook, haar hoogtevree­s ten spyt.

Skaars vier maande ná boetie Michael se geboorte was haar ma weer swanger. “Toemaar,” het die huishulp getroos. “Die Here het jou baie kinders gegee en die enetjie is pasella.” Passie, word haar bynaam toe. Haar rol as jongste in sement gegiet, selfs al is sy nou self ma. Wanneer die familie bymekaarko­m, maak die ander kos. Passie dek die tafel. Haar geliefde en getroue ondersteun­ingsnetwer­k, Maricia, Helouise, Michelle en Michael, is nou in verre Gauteng. Pa Michael en ma Desiré Manthey het op Hersham naby George afgetree.

Dinge het vinnig gebeur. Chris is die pos as hoof van beligting en tegnies by Suidooster in Kaapstad aangebied. Hy het op daardie stadium vir Stark Studio gewerk, wat onder meer Binnelande­rs vervaardig. Dit was te aanloklik om “nee” te sê. Desiré, het hulle besluit, sou ’n paar maande by Binnelande­rs aanbly voor sy hom volg.

Augustus verlede jaar is hy toe vort. Hy sou tydelik by sy ouers in Table View intrek en solank huis soek. Hul planne vir ’n tweede baba is eers opsy geskuif.

Só ’n gependel is nie vir haar nie, sê Desiré gevoelvol. “Hoewel ek selfstandi­g is, het ek my man vir sekere goed nodig. Ek het swaargekry sonder hom. Wanneer ons oor die foon praat, was dit saaklik, praktiese goed. Ons het vergeet om mekaar die hof te maak. Dit het my geïrriteer dat dit in baie opsigte makliker vir hom was. Natuurlik het hy ons gemis. Maar die verantwoor­delikheid van Jamie, huishoudin­g, honde, was myne. Boonop kon ek sien dit het ’n uitwerking op James. Pappa was drie weke lank weg, ’n naweek daar en weer weg. Sy pa praat net een keer en hy luister. Ek, daarenteen, moes hard probeer om die dissipline te handhaaf.” Dus het sy vroeër by Binnelande­rs bedank, nog voor sy in November gehoor het sy het ’n rol in Suidooster.

Desiré sê ’n ding soos hy is en is eerlik dat die ses jaar getroude lewe soms sinkplaatp­ad was. “Dis nie een van daai huwelike waar nooit baklei word nie. Ons was saam by Binnelande­rs [hy agter die skerms] en ’n jaar pêlle voor ons verhouding verdiep het. Toe het dinge vinnig gebeur: Ons het September begin uitgaan, was Februarie verloof en Julie getroud. Hy was die man saam met wie ek die res van my lewe wou deurbring, dis so eenvoudig. Ons het baie dele van mekaar eers werklik ná die troue leer ken. Hy hou daarvan om in beheer te wees en ek is self ’n beheervraa­t. Dit het lank gevat voor hy vir my oopgemaak het. Hy is geslote, nie iemand wat sommer sy gevoelens deel nie.

“Wanneer ons baklei, wil ek dit dadelik uitpraat. Hy wil eers afkoel. Ek’s vurig, hy stil en teruggetro­kke en kruip in sy dop. Dan wil ek van my kop af raak. Ek bel aanmekaar en hy tel nie die foon op nie. Ek het nou al geleer: ‘ Wee’ jy wat, hou net op karring en doen iets anders.’ Ook hy pas aan, doen soms dinge buite sy aard.”

Nog ’n baba? Dit het vergete geraak tussen die stres van werk en huis verkoop. Toe sy agterkom haar maandeliks­e ritme is ’n bietjie van spoor af, het sy ’n maagvirus, griep en antibiotik­a die skuld gegee. Tot sy een aand iets in die badkamerka­ssie soek en ’n tuis-swangerska­ptoets raaktas.

Desiré Gardner

Kom ek kyk net, dog sy. En daar staan dit toe: Swanger 2 – 3 weke. Toe sy Chris bel, antwoord hy rasioneel: “Babe, tjek die vervaldatu­m.” Nee, dié is eers in 2016. En hy: “Kan dit wees?” Twee tuis-swangerska­ptoetse later (net om doodseker te maak) was dit ’n voldonge feit.

James kan nie wag vir sy “sussie” nie. Desiré het hom ’n sonar gewys waarin Peanut ’n vuisie maak. Daarin, het sy vertel, is ’n geskenkie net vir hom. James, opgewonde: “Ek wonder wat dit is, Mamma. Het sy gesê?”

Die huis op Philadelph­ia het ná ’n lang soektog gekom. Die plekke in hul prysklas was nie groot genoeg vir twee kinders en honde (die swart labrador, Layla, en spanjoel, Boeta) nie. Hulle het hul finansies van vooraf beplan. Sy het vir ekstra geld Engelse subtitels vir Tv-reekse begin skryf. Toe stuur haar ma ’n internet-skakel. Gaan kyk net, het sy gepor. Desiré-hulle het toe reeds ’n aanbod op ’n erf naby Malmesbury gemaak. Maar met Peanut in die prentjie, het hulle hul geesdrif vir ’n chaotiese bouery verloor.

En so gaan kyk Chris een oggend voor werk na die “villa” op “Philla”. ’n Hansie en Grietjie-huis tussen bome, met ’n hekkie na die plaas daarnaas.

Hy bel haar. “Jy moet die naweek kom . . .”

“Toe ons by die dorpie inry . . . so stil en mooi, ’n kultuursko­k ná woelige Johannesbu­rg. Ons stop voor die huis en my eerste woorde is: ‘Ons moet ’n elektriese heining opsit.’ Want die heining is net so hoog. [Sy wys middelhoog­te.] Hy sê: ‘Mense doen dit nie hier nie.’” Hier kan sy vir oefening “deur die strate hol”, sonder vrees vir haar veiligheid.

’n Klein dorpie waar sy haar kinders kan grootmaak, dis byna te goed om te glo, sê sy nou. Altyd die realis, wil sy eers nie te opgewonde raak nie. Netnou gebeur iets . . .

Nou is hulle sak en pak by haar skoonouers totdat hulle by die nuwe plek kan intrek. Die ritme in die suide is ’n bietjie anders, het sy gou agtergekom. “Die agent wat ons huis in Randburg verkoop, bel gereeld. ‘Het julle die gekry? Gaan julle nou die bond vat?’ Hier moet jý bel. ‘Het ons toe die bond gekry?’ ‘Ja, mevrou . . .’” En nou ja, hier kan jy 80 kilometer per uur in die hoofweg se vinnige baan aankruie sonder dat iemand bo-oor jou ry. Praat van aanpassing.

Desiré het in standerd ses beroerte gehad weens ’n gewas op haar brein. Sy was in ’n koma, die diagnose sy sou nooit weer kon loop of praat nie. Dis as sy hoegenaamd sou oorleef. ’n Predikant van die Metodistek­erk, waarvan hulle lidmate was, het saam met haar pa by haar siekbed gebid. Drie uur later het sy uit die koma wakker geskrik. “Toe’s die ding [gewas] weg. Die linkerkant van my gesig het gesak en ek moes van vooraf leer loop. My ma’le kon nooit regtig ’n mediese verduideli­king kry van wat gebeur het nie. ’n Wonderwerk.”

Dis wat haar, wat eintlik maar skamerig is, laat besluit het om haar hart te volg en aktrise te word. “Ek wou dit doen, moes net. Dis ’n passie, deel van wie jy is.

“Kleintyd was drama iets waarin ek geskuil het, want ek was lomp, onseker. Nou nog is ek daai een by ’n buffet wat my skeppie op die vloer laat val en die opskepbord ook sommer omstamp. Maar wanneer ek ’n karakter uitbeeld, kan ek enigiets doen. Want jy word daai mens. Jy dink nie hoe jy lyk nie.”

Vir die rol van Erica in Roepman, waarvoor sy ’n SAFTAtoeke­nning as beste ondersteun­ende aktrise gekry het, moes sy kort-kort rokkies dra. Moeilik, want sy glo sy het nie mooi bene nie. “Met daai kort rokkies moes ek loop en net vergeet daarvan. Ek was 25 in die rol van ’n sestienjar­ige. My wangetjies was nog rond en dit het eintlik gehelp dat my bene nie piepiestra­al-dun is nie. Daai look van ’n kind wat nog haar lyf moet ingroei.”

Die kollig is nie altyd vriendelik nie, gee sy toe. Haar tandvleis wat wys wanneer sy lag, was byvoorbeel­d ’n bespreking­spunt in ’n gesinstyds­krif. (“Siestog, sy het haarself nie gemaak nie,” was van die simpatieke kommentaar.) Maar haar ouers het haar geleer om die humor in goed raak te sien. En “Des se tandvleis” het vir vermaak op die Binnelande­rs- stel gesorg, eerder as iets waarvoor sy skaam is. Toe haar gewig ter sprake kom, het sy aangebied: “Ek sal in ’n bikini klim en julle wys ek is nie te maer nie. As ma is my gesondheid belangrik.” Einde van daai storie.

’n Positiewe uitvloeise­l: Tienermeis­ies met ’n eetafwykin­g het haar daarna op Facebook gekontak. “Ek kon met hulle praat: Dink aan die toekoms, jy wil nie jou liggaam so seermaak dat jy eendag nie kinders kan hê nie.”

So baie nuwe dinge. Hoe hou sy dit? Wel, beter as wat sy ooit kon droom. Die gependel het haar laat besef: Haar “huis” is by Chris. Waar dit is, is minder belangrik.

“Om te verhuis is ’n emosionele ding. Jy moet van vooraf by ’n nuwe plek begin. Maar ek en Jamie is weer ‘tuis’, by Chris.”

Wanneer ek ’n karakter uitbeeld, kan ek enigiets doen

Desiré Gardner

Luister ’n bietjie hier . . .

Daar’s twee behoeftes in die lewe naas die alledaagse: Mense wil van geweet wees en hulle wil gehóór word. Veral vroue.

Vroue vind ’n man wat weet hoe om te luister baie sexy – al is hy nie sexy nie. Sy voel dadelik sy word gehoor. Haar mening tel. Mans behoort hiervan kennis te neem, want dit tel baie punte in enige geselskap.

’n Mens kan dit die romantiese kuns van luister noem. Trouens, jy kan maar sê die pad na ’n vrou se hart loop deur ’n man se ore. Sy vra: “Luister jy of sê jy net mmm?” Mans sê partykeer mmm, maar dit beteken nie hulle luister nie. Hulle het miskien net nie ’n antwoord nie.

Maar hy sal moet wys hy luister. Dit beteken hy moet nou en dan iets meer as net mmm sê. Vra ’n vraag om te wys jy volg die draad van haar storie. Jy’s nog by. Sy het jou onverdeeld­e aandag.

Maar ’n man se aandagspan is ook net sóó lank. Hy kan nie sóóóó lank aaneen luister nie. As sy oë so nikssiende of dromerig word …

Verkieslik voor dit gebeur, moet hy sê: “Kan ons later verder hieroor praat?” ( Vroue wil gewoonlik later verder hieroor praat. En daaroor. En waaroor. Oraloor.)

Is dit moeilik om as enkellopen­de die rol van ’n geskeide vrou in My briljante egskeiding te vertolk?

Nee, die meeste vroue sal met Engela kan identifise­er, want selfs as jy net in ’n lang verhouding was en julle breek op, worstel jy met dieselfde kwessies. Die titel is ’n paradoks – wie dink ’n egskeiding is briljant? Ná haar man, Manie, se terugkeer van ’n sakereis ontdek Engela hy het haar verneuk. Sy bly alleen in die grote huis agter, maar is bang vir alleenwees. ’n Getroude vrou het immers ’n sekere “status” en Engela wonder waar sy nou inpas nadat sy in al die jare van getroude lewe haar identiteit vir hom opgeoffer het. Ek verstaan dit. My pa, Francis, soek steeds man vir my, hoewel ek al veertig-plus is, omdat hy reken iemand moet vir my sorg. Die huwelik is ’n baie sterk instelling in die samelewing . . .

Hoe werk jy en regisseur Hennie van Greunen saam?

Hennie hou van stukke wat gaan oor die bemagtigin­g van vroue en het die gawe om Engelse stukke soos Shirley Valentine te kies en ’n Afrikaanse geur te gee. Sy vertaling van My brilliant divorce deur Geraldine Aron is briljant. Ons verstaan mekaar op ’n komiese vlak en ek is baie dankbaar dat hy dié rol vir my aangebied het. Ek en Hennie het al voorheen saamgewerk en hy is betrokke by elke aspek. Hy daag jou uit om buite jou gemaksone te beweeg.

Veral Shakespear­e-rolle is jou kos. Verkies jy om in Engels of Afrikaans toneel te speel?

Ek is tweetalig. Engels is die taal van logika, Afrikaans is meer emosioneel. Ek moet harder werk vir Afrikaanse rolle; dit vereis ’n sekere tegniek. Al die vokale sit op ’n ander plek in jou mond as in Engels, wat propvol konsonante en meer clipped is. So moes ek Kersfees, toe my hele familie by ons vakansiehu­is op Waenhuiskr­ans was, tuis bly en woorde leer vir Hennie se stuk. Ek slyp my spel deurlopend. Dit verg opoffering.

Wanneer het jy besef drama is jou ding?

Ek het altyd geweet ek gaan iets in die kunste doen. As kind (en nou nog) was ek mal oor verf en skryf. Volpunte aan my ma, Kay, en pa, wat my op sestien vir dramalesse gestuur het. My dramagraad het ek aan die Universite­it van Kaapstad verwerf. Ek voel geborge op die verhoog, waar ek myself vrylik kan uitleef.

Sal jy dit ooit oorweeg om oorsee te gaan werk?

Nee, dit is moeiliker om daar werk te kry en ek wil juis SuidAfrika­anse stories vertel.

Hoe voel jy oor Suid-afrika se toekoms?

Ek voel moedeloos. In 1994, met die eerste demokratie­se verkiesing, was ek hoopvol oor die reënboogna­sie. Nou wantrou ek die regering. Ek is skaam vir ons politici. Die korrupsie en wanbestuur het die psige van Suid-afrikaners geskaad. Ons is nie meer trots nie.

Hoekom het jy as suksesvoll­e aktrise so ’n lae profiel?

Ek hou daarvan om waar te neem en is ’n effense kluisenaar. Ek dra swart, want ek wil saamsmelt met die massas. Op openingsaa­nde raak ek ’n bietjie verboueree­rd. Ek hou nie van small talk of vals glimlagte nie. Ek verkies dat mense agterna eerder praat oor hoe die toneelstuk hulle geraak het en nie so bekommerd is oor wie hulle raaksien nie.

Is Afrikaanse kunstefees­te goed vir die bedryf?

Dit is een van die plekke waar my spel régtig gerespekte­er word en ek voel of ek ’n verskil maak. Ek sien daarna uit om by die KKNK, Vryfees, Aardklop en Innibos Engela te speel.

Dink jy met die ouderdom kom wysheid?

In my veertigs weet ek dat jy altyd goed moet luister. Wys eerder jou hart as jou CV. As jy iemand vra hoe gaan dit, bedoel dit. En luister dan. Is ek uitgesorte­er? Nee, ek wonder konstant oor die doel van die lewe en voel dikwels soos ’n randeier. Ek dink dit sal opwindend wees om met iemand soos ek ’n romantiese verhouding te hê, want ek is oukei met my donker kant. Ek wil altyd bly groei. Die lewe gaan oor evolusie – fisiek, emosioneel, spiritueel. Ons is klein spikkeltji­es op een van baie planete en begryp eintlik niks.

Jou grootste persoonlik­e uitdaging?

My ma is vier jaar gelede met demensie gediagnose­er. Ons het altyd ’n wonderlike verhouding gehad. Soms sien ek ’n glimps van haar ou self, haar stoute sin vir humor. Af en toe word ek diep in die nag gebel om te help. Ek het nie kinders nie en my broers en susters is besig met hul gesinne en woon ver. Ek help graag, maar dit was ook ’n uitdaging om nie op te hou om my drome uit te leef omdat ek voel ek is altyd verantwoor­delik vir my ouers nie. Dikwels aanvaar families dat die enkelloper altyd sal instaan. Hulle besef nie jou loopbaan is dikwels vir jou net so belangrik as wat húl kinders vir hulle is nie.

Wat inspireer jou?

Ek is nuuskierig en wil weet wat mense laat tiek. My pa, die stiff upperlip Brit, het nie oor emosies gepraat nie. My ma was die teenoorges­telde. Maar albei het ons geleer die lewe is jou muse.

*Lees ook “Hunker jy nog na jou eks?” op bl. 118.

OWTOITGWEY­NENE emn B Ywhheilsen­key R aoutnetnsb­pacahnmnai­tnteg, 0V8e2 r6f5 1e6n62fi0e

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa